Kameel – Opgewonde

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 8

Na ‘n week se gedink het ek besluit ek is nie ‘n mens wat opgewonde raak nie. Ek klap nie my hande saam en spring met blink oë op en af soos Jay nou nog doen nie. Ek hoor dinge so kalm aan…. of ontvang ‘n geskenk met soveel kalmte dat ek miskien die indruk skep dat ek nie dankbaar is nie. Die grootste toets sal wees as ‘n oom waarvan ek niks geweet het nie sy miljoene vir my nalaat, en ek oornag skatryk is. Miskien hop ek dan op en af… maar die kanse dat dit kan gebeur is skraal… baie, baie skraal. Ek het nie matriekafskeid toe gegaan en opgewonde uitgesien na ‘n aandrok en ridder aan my sy nie. Ek is ook nie in ‘n kerk getroud en in my bruidsgewaad en kloppende hart my geliefde vir my voor die kansel sien wag nie. Was ek opgewonde toe ek vir die eerste keer Kaap toe gevlieg het om vir my sus te gaan kuier? Nee, ek het hoogtevrees en dit het vir my meer na ‘n nagmerrie gevoel waardeur ek moet worstel. Ek was ook nie opgewonde toe ek my twee seuns vir die eerste keer na twaalf jaar sou sien nie; ek was bang vir dit wat voorgelê het. Om wilde goed te ry wat die adrenalien laat pomp was my groot liefde… maar dit tel seker nie vir opgewonde nie?

Mooi loop!!

12 gedagtes oor “Kameel – Opgewonde

  1. Snaaks genoeg, ek moet belei/y ek kan ook nie op en af spring en jubel van opwinding nie. Ek dink ek is so groot gemaak dat emosies nie regtig getoon word nie. Nou saam met Bea kan ek nogal saam met haar opgewonde voel omdat sy so intens haar uitleef. Ag wat, mense dink maar ek is n pretbederwer omdat ek niks wys nie. Dankie vir jou skryfsel. Sal seker weer in April verder gaan. Konsentreer nou voluit op my “kunstigheid”.

    Liked by 1 person

  2. Ek kan ook nie my opwinding vreeslik wys nie en “fake” dit meestal, maar diep binne voel ek hoe adrenalien pomp en my maag vlinders kry.
    Ek dink dit kom van my voorsate, wat ernstige mense met weinig emosie was.

    Liked by 1 person

    1. Hierdie emosie ding is eintlik eienaardig as mens dit bedink. My ma het gesê ek is die gebalanseerste van ons drie dogters 😁😁😁😁 Het ‘n baie ernstige en ‘n baie verspotte kant. Weet net nooit watter een gaan opstaan nie. Jy Dina het skerp humorsin. Dwaal van onderwerp af… maar dis heel interessant om te bedink.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s