Kameel – Bokjol

Scrapy se Maandag=Wasdag Uitdaging.

Magriet se hart bokspring toe sy die sitkamer binnestap, en voor die elegante vrou op die rusbank gaan staan. Voordat sy kan praat sê ‘n mansstem “Ek hoor jy wil vanaand ‘n bokjol bywoon in die van de Merwes se skuur….. daardie bokram met sy bokknieë gaan seker ook daar wees?” Magriet kyk na haar pa waar hy koerant in die hand in sy leunstoel sit. Die lagduiwels dans in sy oë, en sy glimlag bewerig. Was hulle alleen sou sy gesê het hy het vergeet om die bokbaard te noem, maar sy byt haar tong vas. Dis nie vir haar pa wat sy bang is nie, maar vir haar ma wat haar enigste boklammetjie soos goud oppas, en nie toelaat om die lewe te geniet soos sy graag wil nie. Hoe goed onthou sy die dag toe sy uitgeglip het park toe om saam met die seuns bok-bok-staan-styf te speel. Die gelag het vinnig opgehou toe haar ma hoogs ontstoke oor die grasperk aangestap gekom het. Genadiglik het sy nie ‘n wapen gehad wat met bokhael gelaai was nie…. sy sou sweerlik al die seuns bokveld toe gestuur het, so kwaad was sy. Sy draai haar oë terug na haar ma toe, maar heel duidelik geniet haar pa die petalje. “Kom die bokram jou in sy bokwa oplaai Magriet…. of hoe gaan jy daar kom? En sê vir die mannetjie ek is nie ‘n bokwagter nie… hy gedra vir homself.” Met die woorde verdwyn hy vinnig agter sy koerant. “Ma?” vra Magriet, en kyk vraend na die vrou. “Soos jy seker van jou pa se gepratery kan aflei het ek geen sê in die saak nie,” kom die ysige stem, “Jy mag gaan op voorwaarde…..” maar sy kom nie verder nie. “Gaan maak vir jou mooi Magriet,” onderbreek haar pa die preek wat sou volg. Met ‘n “Oooo dankie!!!” bokspring Magriet by die sitkamer uit. Sy stap eers kombuis toe en steek haar hand in die bottel vol bokdrolletjies soos hulle die sjokoladeballetjies noem. Met haar mond vol van die lekkerte en ‘n hart wat sing van blydskap stap sy kamer toe. “Tot die bokmakierie sing saam,” dink sy toe die bekende geluid van die tuin af opklink.

Mooi loop!!!

27 gedagtes oor “Kameel – Bokjol

  1. Haha, dis nou ‘n heerlike storie. Kannie glo dat bokdinge so lekker materiaal is vir stories nie. Het vergeet van “bokveld”. Het ook die bokdrolletjies uitgelos omdat dit maar grillerig is om regte bokdrolletjies te spoeg as daar gekompeteer word. Die opvolg kan beslis n goeie storie afgee. Welkom weer, jy is baie spesiaal. Goed gaan.

    Like

    1. Dankie Scrapy. Was glad nie van plan om te skryf nie…. tog eienaardig toe die woorde eers deur my brein begin speel, kon ek nie los nie. Nounet wakker van ‘n heerlike nagrus…. let the fun begin. Wasdag vir my (regte wasgoed.)

      Like

      1. Haha, ek hoor wat jy sê. Goed dat jy darem goed slaap. Dit gaan met my ook maar so. Ek kom nie op dreef nie en dan skielik begin my brein werk, Ekt juis nou my engelse stuk heerlik gesit en skryf. Tot bietjie nagelees ook. Die woord wat ek gebruik het was Shopping. Gaan dit more opsit onder my Creative writing. Hoop jy het al jou wasgoed gewas gekry.

        Liked by 1 person

    1. Dankie Una. Die tyd dal leer; ek het hierdie eienaardige streep in my om iets op te neem en myself hart en siel daarin uit te leef…. en dan eendag is die gier verby. Ek is nie een van daardie wat bietjie brei, bietjie naaldwerk doen, bietjie resepte uit prxobeer ens nie. Mooi loop jy!!!

      Like

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag 13: Terugflitse – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s