Kameel – Vreugde

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No. 7

Hierdie uitdaging het my al ‘n paar dae aan die dink en vandag besef ek meteens wat is fout. Ek is moeg vir “ek.” Ek moet myself uit die prentjie uithaal. Hoekom nie eerder na buite kyk en wonder wat sal die mense wat oor my pad kom vreugde verskaf nie. Miskien is net ‘n glimlag nodig, miskien ‘n luisterende oor, miskien ‘n drukkie, miskien ‘n paar Rand. Mag ek asseblief fyn ingestel wees op dit wat ander gelukkig sal maak… al is dit ook net vir ‘n oomblik. Natuurlik sou ek graag die groot goed vir ander wil doen b.v. vir Die Stil Kind ‘n betroubare motor koop, maar dit is nie in my vermoë nie. Ek kan egter myself op ander maniere gee; partykeer is dit die kleinste dingetjie wat ‘n ander se hart verbly. Maak my oë oop Here dat ek kan sien waar en hoe ek vir ander tot seën kan wees.

Mooi loop!!!

21 gedagtes oor “Kameel – Vreugde

  1. Terugklingel: Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde – Kreukels en plooie

  2. Terugklingel: Goue Vroue Trouetoer #3 – toortsie.com

Gesels met my ...