Kameel – Frustrasie

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 6

Hoe spel ‘n mens frustrasie? K l e r e w i n k e l s!!! Ek hou nie van winkels nie maar klerewinkels vat die koek. Met my ellelange lyf is klerekoop ‘n nagmerrie. Asof daardie beknopte aantrekhokkie met sy baie spieëls nie genoeg is om jou af te sit nie, pas die klere net nie. Om een kledingstuk uit tien wat jy aangepas het te kry, is ‘n bonus. Met dié dat ek so sukkel dra ek my klere gaar voordat ek myself weer so laat martel.

Dink sommer nou aan my ousus wat my een aand uit haar oorvol hangkas wou aantrek. Ek protesteer… die klere gaan nie pas nie… maar alles tevergeefs. Kledingstuk na kledingstuk word aangetrek en dan weer uitgetrek en op die bed neergesmyt. Ek sê smyt want sy is later so frustreerd met dié dat niks my pas nie dat sy geen genade vir my of klere het nie. Uiteindelik gooi sy handdoek in en met die woorde “Die Here het nie gedink toe Hy jou gemaak het nie,” begin sy die klere terughang.

Die kinders het al probeer om saam met my te gaan “shop,” maar eenkeer is vir hulle genoeg. Die Stil Kind, baie lief vir mooi aantrek vat my een Saterdagoggend winkels toe. Na ‘n vrugtelose gesoek kom ek met een t-hemp by die huis aan. “Nooit weer nie,” sê sy toe die motor stop “mamma frustreer my net.”

Verlede Saterdag kom haal Jay my. “Bring mamma se loopstok ons gaan klere koop.” Sy vat haar twee tieners saam om vir ouma rond te hardloop. Ons stap deur Woolworths, my kop draai en draai. Klere word na my toe uitgehou, ek knik my kop ja of nee… en soek ‘n stoel om op te sit. Dan is dit tyd vir die aantrekhokkie. Ek bid… laat my asb net deur hierdie “ordeal” kom. Ons stap uit met drie kledingstukke. Warm en frustreerd sak ek by Mug and Bean op ‘n stoel neer. Koek en Coke later durf ons die ander winkels aan…. ek kannie ingaan nie… die wêreld spin om my. Ek sit buite en Jay stuur die blondekop om my klere te wys. Aanpas kan ek nie, dus besluit ons om halt te roep.

Hoe dankbaar is ek vir die jare waarin ek my eie klere gemaak het. Klere en frustrasie het nie toe hand aan hand geloop nie.

Mooi loop!!

30 gedagtes oor “Kameel – Frustrasie

    1. Presies!!! Ek het al gewonder wie besluit die mode en kleurskemas en ander moet net daarby inval. Dié skinny broeke wat nou in die mode is sal my soos iets uit ‘n horror film last lyk. 😂😂😂😂

      Like

  1. Ek is so bly om iemand in dieselfde bootjie te ontmoet. Klere kop is ‘n marteling. Broeke is nie ‘n probleem nie, want skinny is al waarvan ek hou – die bypassende bostuk is ‘n nagmerrie. Gelukkig het ek ‘n fikse dogter wat heen en weer kan hardloop. Ai Kameel, die dronk kop van jou moet ‘n beproewing wees.

    Liked by 1 person

    1. Hoe op aarde pas jy dan klere aan? Miskien moet jy vir ons proefkonyn speel 🤔 Wat ek nie wil doen nie is klere koop en dan iemand te soek om dit vir my langer, nouer ens te maak. Om te dink ons kon almal skaamteloos kaal rondgeloop het. Soveel goedkoper en geriefliker. 😊

      Liked by 1 person

  2. Klere koop is gelukkig nie vir my n te groot probleem nie. Ongelukkig is my postuur deesdae so ongeballenseerd dat dit n groot ding is om iets wat pas te kry. Hier is tweedehandse klerewinkels. Ek weet my onderlyf dra n no 16 en die bokant moet n 20 wees. Kan maar verby hou as dit kleiner no is. Die aanlyn koop is nie so erg nie. Hul het spesiale lengtes en breedtes wat die minder gewone figuur pas. Probleem is die klere is made in china en waar kry jy nou n sjinees wat n figuur soos ons het. Jy het my brein nou oortyd laat werk. Kan nog heelwat meer uitbrei. Cheers.

    Liked by 1 person

    1. Gelukkig is jou brein nie ongeballanseerd nie Scrapy!!! 😁😁😁 Ja, waaaaar kry jy ‘n Sjinees met my lengte? As ons nou almal soos die winkelpoppe gebou was sou klerekoop ‘n heerlike ondervinding gewees het. Dit is as ons bankkaart dit sou toelaat. Mooi aand vir jou.

      Like

      1. Toe ek nog n jong onderwyseressie was het die boutiek altyd my laat aanpas om te sien of klere reg pas want toe was my figuur n perfekte 16 gewees. (Ek’t natuurlik die eienaar geken en ook die dame wat daar gewerk het, ek kon lekker uitkies wat ek wou koop ook.) Rustig wees daar in jou voëlnessie.

        Liked by 1 person

      1. Die jasse ja, dit is vir verskillende temperature, en ek hoor hierdie wêreld word koud. Die kouse? Hmmm, my voete is altyd koud in die winter, die huise is mos maar koud binne. Die mussies? ek dink ek is weer klaar ket mussies. En die dik sykouse gaan dalkies te warm wees.

        Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier – Kreukels en plooie

  4. Daar is niks 2at mens so moeg maak soos klerewinkels nie! En die mooi goed is alewig blou of swart of grys. Ek dra nie daardie kleure nie! Deesdae koop ek wat ek wil pas en gaan pas by d huis aan. Dis net baie lekkerder. En dan vat ek weer terug…

    Liked by 1 person

    1. Dis wat my dogter op die einde vir my gedoen het. Klere hier aangebring wat ek kan pas en toe teruggeneem wat ek niie wou hê nie. Sal maar in die gevolg dat my kinders my aantrek…. hoe word die rolle gedraai. Vertrou dit gaan goed met jou?

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s