Woordwarrel – Die blik

Vir jare het ek op skoolbanke gesit, dit verruil vir ‘n kantoorstoel, en toe die kinders eers kom voor ‘n naaimasjien gesit om klere, gordyne en wat nog meer te maak. Wat ek hierdeur wil sê is dat ek moeg gesit is op ‘n stoel…. ek het dit verruil vir ‘n “relaxer”…. of met ‘n kussing agter my kop sit ek op my bed; solank my voete nie die grond raak nie is ek tevrede. Aangesien ek die lewe nou so gemaklik vat is daar nie veel om na te kyk wanneer ek op my bed sit en regs kyk nie. Geen dagboeke of interessante briewe nie…. wel ‘n blik. Nouwel nie Rose se stokou blik wat my ma-vriendin my gegee het toe sy hoor hoe lief ek vir blikke is nie. Sien ek ‘n blik sien ek vir Rose en herleef ek die lekkerlag saam met haar. Ek hoor haar woorde so duidelik in die biduur wat ek Woensdaeoggende gelei het. “As jy diepwater saam met God wil swem doen dit… maar los my net hier by die voet van die kruis.” My liefste liefste Rose, jy is al so lankal by ons Vader maar jy bring nogsteeds ‘n glimlag om my mond en vreugde in my hart.

In die blik op my bed is daar ‘n boek wat ons jongste dogter laaaank gelede vir my gekoop het. Saam met die boek is daar ‘n pen, potlood en klein liniaal. Wanneer die lus my pak haal ek die boek uit, soek die regte woorde en omlyn dit. Die lekkerste is die woorde wat ek so met oogopslag kan uitmaak. Die gesoek na woorde kan met tye frustrerend raak… maar dis deel van die uitdaging. Wat ‘n lekker gevoel wanneer ek “oorwinning” behaal het; die boek en bybehore terugsit in die blik en hom toemaak vir ‘n volgende keer.

Mooi loop

26 gedagtes oor “Woordwarrel – Die blik

  1. Jy het my laat dink aan ‘n gesegde- dit gaan jou Blikkies. My pa het dit baie gesê. Ek wonder nou waar kom dit vandaan en wat dit eintlik bedoel. Jy is reg, Erna en Hester kan woorde optower wat my bek laat kwyl. Maar die stories wat jy kan skryf raak my gewoonlik diep. Jy is een van die beste storie skrywers wat ek van weet.

    Liked by 2 people

    1. Ag dankie Aletta. Sukkel om weer aan die gang te kom… gelukkig was daar vanoggend so ‘n vonkie wat ‘n bietjie “spark” gegee het…. en toe vinnig uitgebrand het. Hoe gaan dit met jou?

      Like

  2. Mooi, mooi, mooi. jy is n meisie so na my hart. Ek het ook so spesiale “woorde”soek boek langs my lekker stoel. Elke middag voor ek my nanny nap vang soek ek eers n klompie woorde. Het my sudoku op my foon wat ook elke middag ‘n beurt kry. Dis n mooie blik, eks ook mal oor mooi blikke. Bly jou ou vlammetjie het bietjie opgevlam. Verlang na al ons lekker kuier tye.

    Liked by 2 people

    1. Dankie Scrapy…. voel ook aan jou gelink, al sit jy in die poskaart. Ja de goeie ou tye van lekker kuier op die blogs. Verlede jaar se stroke en toe covid het sy tol geëis. Hopenlik begin die vlammetjie vir blogs weer brand. Mooi dag daar in die poskaart.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s