‘n Sokkerspeler en die Star Seaside Home

images (4)Nee, ek is nie ‘n sokker fanatikus nie, maar elke vierde jaar kyk ek en Ken die wêreldbeker sokker. Ek het ook nooit ‘n gunsteling span gehad nie; deur die verloop van die toernooi het ek ‘n span gekies en dan – tot nadeel van my senuwees – ‘n lojale ondersteuner geword. Twaalf jaar gelede het alles verander. ‘n Jongman in die Portugese span het my hart diep geraak, en toe sokkerboots en al daar ingeklim. Nie deur sy looks, of sy naam, of sy spel nie… nee alleenlik omdat hy soos ‘n Star Seaside seun gelyk het. Ken wat weet hoe ek oor arm, verwaarlooste kinders voel het my verseker dat Cristiano Ronaldo (Ja, dit was hy) nie my jammerte of omgee hart nodig het nie. Hy is ‘n sokkerspeler en sekerlik skatryk. Maar my eerste indruk van hom het gebly, en ek het ‘n Portugese ondersteuner geword.

Dat Ronaldo volgens die kommentators die wêreld se beste sokkerspeler is, is ek bly oor. Dat hy skatryk is, is ook goed maar vir my bly hy daardie “seuntjie” wat my hart so diep geraak het. Ek het nooit oor hom opgelees nie; wil nie al die negetiewe dinge hoor wat mense gedurig kwytraak nie. Gister besluit ek om oor sy kinderlewe te google, en ja daar staan dit. Arm grootgeword. Die jongste van vier kinders met ‘n alkoholis as pa. Nie goed op skool gedoen nie… wou op veertienjarige ouderdom die juffrou met ‘n stoel gooi ens. Bekende stories, soos dié wat ek by die Star.Seaside Home gehoor het. My hart was nie verkeerd in sy oordeel nie.

Magriet versus Magrieta – Die Vreemdeling

Lê-jou-eier – Skryf Safari: Bondelsgedagtes, skryf die storie klaar

images (3)Magrieta het ‘n wesenlike probleem. Die vraag is nie wat die probleem is nie maar hoe dit gaan eindig!

Om die storie te verduidelik, moet ek eers die ” set up” verduidelik. Sy bly op ‘n plaas met twee woonhuise. Sy self bly in ‘n pragtige woonstel wat aan die een huis vasgebou is. Alhoewel die woonstel piepklein is, is dit pragtig en pas perfek by haar persoonlikheid en die seisoen in haar lewe. Sy is gelukkig en tevrede. Daar is niks in haar kleine huisie wat haar ontstel of pla nie. Daarvoor sorg sy en hou alle onnodige spanning en komplikasies uit die veilige hawe wat sy vir haarself geskep het. Indien sy geselskap nodig het, is dit binne bereikbare afstand. Andersins is sy heerlik privaat en op haar eie. Maar wag, hoor ek “Jaws”se doem doem doem doem….. in die verte? Of nee wag, eder ‘n gepiep piep piep, of wag ‘n miaaauuuuu?!?

Dis reg, ‘n rot. Nie ‘n muis nie, ‘n ROT! Genadelik is die eienares van die plot gaaf genoeg om ‘n kat vir haar te leen as teenvoeter. Dis haar beste muisvanger en sy bring dit sonder verwyl oor. Kat het egter die hele doel van die oefening gemis.

Magrieta is nie groot gemaak as diere liefhebber nie en veral nie van katte nie (Diereplesiere). Daar het egter al twee diere vir Magrieta die loef afgesteek. Alhoewel Magrieta nie net wil misbruik maak van die kat nie, wil sy eintlik maar haar afstand handhaaf. Net vir ingeval. Kat het egter haar eie prentjie en volg haar eie kat natuur. Sy is onder die wan indruk dat Magrieta spesiaal vir haar wat Kat is, se plesier daar. Kat dring haarself met mening op aan Magrieta. Waag Magrieta om te loop, is Kat daar. Tree vir tree, soveel so dat sy kort kort oor Kat struikel. Dis ‘n gepurrr en geskuur en getrap en wie weet wat mens al die manewales moet noem. Purrr jouself sê sy maar Magrieta se hart wil wil vermurwe. Waar sy op haar bed sit, laat sak sy kort kort haar hand en vryf Kat se kop. Kat is in die sewende hemel en trek Magrieta se hand nader met haar poot wanneer Magrieta ophou vryf. Daar is ‘n lastige gevoelentheid wat krap krap aan Magrieta se hart. Dit lyk egter of die kat oefening gewerk het omdat rot nie weer sy astrante opwagting gemaak het nie. Hopelik verkeer rot onder die wanindrukdat Kat ingetrek het, soos in permanent. Behoede my!!

Magrieta is baie bly. Met rot uit die pad, kan Kat ook verkas. Vir sy alewige gekerm en geskuurdery sien Magrieta ook net nie kans nie. Sy voeg ook dus daad by die woord en vat Kat terug na die Hoofhuis toe net die volgende oggend. “Terloops, wat is Kat se naam?”, vra Magrieta. “Magriet”, antwoord die eienares. Magrieta se oë rek so bietjie. Sy groet en loop net om te sien Magriet volg haar. Magrieta gaan staan stil en verduidelik vir Magriet dat sy moet bly. Magriet se kyk spreek boekdele. Iewers hoor Magrieta die klanke van “maaaaaaar die kat kom weer want …” en sy gee ‘n lang mismoedige sug.

Vroeg die volgende oggend (nog donker), terwyl Magrieta bietjie koester tyd met Abba geniet hoor sy ‘n baie onwelkome geluid. Eers probeer sy dit ignoreer maar dit word net dringender en sy spits haar ore. Jip, dit Magriet, die Kat. Miskien as ek stil sit en lank genoeg wag, gaan sy weg….

Magrieta se mercy hart kom in die pad en sy struikel. Dis koud buite sê haar hart, siestog arme Magriet (nogal soort van naam genoot). Maar ek bid en kat gaan pla, probeer Magrieta haarself verweer. Die geveg binne Magrieta is groot. Alle snoesige koesterende vrede het soos mis in die son verdwyn. Magrieta het nie komplikasies soos Katte in haar lewe nodig nie. Dis katkos en aandag en kathare orals en ‘n Pasela papegaai wat buite op sy hok sit wat toutrek met ‘n mercy hart. Magrieta probeer haar hart verhard en sê neeeeeeeee……..

Verbeel sy haar of is daar ‘n ligte klop aan haar voordeur. Magrieta stap voordeur toe en maak die deur versigtig oop. Haar oë rek toe sy die swartgeklede meisie, met haar blinkswart hare en geelgroen oë voor haar sien staan. “Hello,” groet die vreemdeling vriendelik, skuur by Magrieta verby en vlei haarself op die rusbank neer.

Magrieta staar asof versteend na die vreemdeling, maar voordat sy ‘n woord kan uiter vra die vreemdeling in ‘n fluweelsagte stem of Magrieta nie vir haar ‘n glas volroom melk het om te drink nie. Gedweë draai Magrieta om en stap kombuis toe. Terug in die sitkamer rek haar oë vir die tweede keer daardie oggend. Die vreemdeling sit met Pasella op haar vinger en vryf met haar ander hand oor sy kop. Dit is heel duidelik dat Pasella wat ‘n kanniedood aan vreemdelinge het, die aandag terdeë geniet. “Dis ‘n mannetjie hierdie,” lag die meisie “hy is soos klei in my hande. Kan hy gesels…. of nies hy net soos Baron Von Abrie s’n?” Sy hou haar hand uit vir die melk, laat Pasella daaraan proe, en sluk dan die res met lang teue weg. Met die agterkant van haar hand vee sy haar mond skoon, en sit die leë glas op die tafeltjie langs haar neer. Met grasieuse.bewegings rek sy haarself behaaglik op die bank uit. “Hierdie sonnetjie is heerlik,” sê sy, “n slapie sal nou lekker wees.”

Magrieta kry meteens lewe. “NEE… wie is jy en wat soek jy in my huis?” Aan haar stemtoon is dit duidelik dat sy gereed is om die vreemdeling aan haar blinkswart hare die huis uit te smyt. Die vreemdeling gee ‘n lui-lekker laggie; met haar een hand tik sy liggies op die bank langs haar. “Kom sit hier langs my dan vertel ek jou.” Daar is iets hipnotiserend aan.die sagte stem, maar Magrieta staan haar grond. “Wie is jy?” eis sy. “My liewe moeder sou nou al my name en dié van ons voorgeslagte met trots vir jou hier uitgelê het, want sien ek is van adelike afkoms…. maar een naam is vir my genoeg.” Sy hou haar hand na Magrieta toe uit, “Margaretha, tot U diens, of noem my sommer Magriet.”

Magrieta laat sak haar kop in haar hande. “Nie nog een nie,” kreun sy hardop. Magriet gee ‘n sagte laggie, “Kom sit hier by my,” en weer tik sy op die sitplek langs haar. Magrieta sak gedweë op die leë sitplek neer, en laat toe dat Magriet haar hand in hare neem. “Onthou jy die wilde katte in die stoor op jou oupa se plaas?” vra Magriet in haar sagte stem. Magrieta skud haar kop… hoe goed onthou sy nie die klomp katte wat sy pierings melk voor moes uitsit, maar nie mag bevriend het nie. “Hulle is wild, en daar om rotte te vang… nie vir troeteldiere nie,” het haar oupa gemaan. Sy konnie wegbly nie; sy het gedurig deur die stoorkamer se venster gekyk en gewens sy kon een van die katjies huistoe vat om te versorg en lief te hê. “Jy het later jou hart toegesluit Magrieta, maar jy kan hom weer oopsluit,” onderbreek Magriet, Magrieta se gedagtegang.

Magrieta maak haar oë oop. Sy kniel nogsteeds by die bank waar sy haar stilteyd gehou het. Sy moes aan die slaap geraak het. Deur die newels kyk sy na die rusbank waarop die son nou heerlik skyn. Sy glimlag skeef; Wat het sy verwag… om Magriet die meisie in haar swart klere en fluweelagtige stem daar te sien sit? ‘n Diep eensaamheid neem van haar besit. Dan hoor sy die nou oorbekende miaau by die voordeur, en sonder verdere huiwering staan Magrieta op, stap voordeur toe en draai die sleutel in die slot om Magriet in te laat.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=785036

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Love on the Throne

This is caring and this is beautiful!!!

IMG-20180613-WA0018

By now you know that Jess and Josh’s father was murdered last week, and that they are going through a tough time. Yesterday afternoon the air was filled with the sound of girls’ voices…. and yes I even heard laughter. As it turned out a group of Jessica’s friends turned up here with gifts of love for their grieving friend. Showing their love and support in this way was awesome!!! It gives one hope for the future…. in a world filled with hatred and murder… LOVE is still on the Throne, and reigns supreme.

Thank You Jesus

Die lekker van speletjies

Skryf Safari – Kom speel saam

images (2)My liefde vir speletjies glo ek kom van my pa af. Hy was lief vir “Draughts,” en ek was van kleins af sy ywerige opponent… al kon ek hom nooit wen nie.

Uit die vele bord, kaart en ander speletjies wat ek deur die jare gespeel het, is daar ‘n paar wat vir my uitstaan. Laat ek net eers noem dat daar een goue reël rondom speletjies is…. NO CHEATING!!! Ons kinders en kleinkinders weet dit ook…. cheat, en jy is uit die game.

Pick up Sticks het my as kind vir lang tye besig gehou. Ek onthou duidelik die konsentrasie wat dit geverg het om daardie gekleurde stokkies een vir een op te tel sonder dat die ander beweeg. Marlé, wat uit my vertellinge van my kindertyd afgelei het hoe ek dié speletjie geniet het, het vir my een gekoop. Die stokkies is seker in China gemaak… hulle is dik met stomp punte, en vêr verwyder van dié wat ek uit my kindertyd onthou.

Ken het my aan Krabbel bekend gestel. Ek het dadelik my hart daarop verloor, net om frustreerd na iemand te soek om saam met my te speel. My kinders het draaie om my geloop wanneer ek die Krabbelstel uithaal. Die lekkerste lekker was toe ek uiteindelik in my vriendin se dogter ‘n krabbelspeler van formaat ontdek, en ons “on-line” begin speel het.

Vingerbord is ook vroeg-vroeg in ons huwelik ontdek. Dit het ‘n familiespel van ure, en ure se genot geword. Die vingerbord is altyd saam op vakansie geneem en ek onthou veral een vakansie op Stilbaai. Ons pastoor en sy vrou het die naweek by ons kom kuier. Ons het drie beste uit tien “partner games” begin speel. Dit het ons diep die nag ingeneem, en uiteindelik is daar besluit om te gaan slaap met die voorwaarde dat ons die volgende oggend na ontbyt voortgaan. Ek kannie onthou wie as wenners daar uitgetreë het nie… ek weet net dit was ‘n spel vol lag… maar ook ‘n stryd tot die bitter einde toe.

Op vakansie is ook ‘n legkaart stel met baie stukke saamgeneem. As familie het ons daaraan gewerk. Dit is op die tafel gelos en soos elkeen lus was is daar saam-saam of sommer so alleen daaraan gebou. Wanneer die laaste stuk ingesit is het almal bygestaan om die “meesterstuk” te bewonder.

En dan is daar Canasta…. ek fluister dié naam want Canasta is nie speletjies nie. Mense, die kaartspel verg ure en ure se konsentrasie en selfbeheersing… veral as jy saam met ‘n “partner” speel. Ek en Ken het vriende in Pretoria gehad met wie ons naweek na naweek Canasta gespeel het. Een naweek by ons… een naweek by hulle. Vrydagaand is begin en ons het deurnag gespeel. Na ontbyt het ons tot middagete toe gaan slaap. Daarna is daar weer tot sowat twaalfuur die nag gespeel… met net ‘n breek vir aandete tussenin. Sondag na ontbyt is die kaarte weer nader getrek…. by hierdie tyd was ons voos maar speel die speel ons. Vieruur is daar huiswaarts gekeer. Ek dink ons was verslaaf aan die game…. want hoe klink dit nou vir my na skone malligheid.

Nog een speletjie wat vir my uitstaan is Ungame. Die doel van die speletjie is om ander beter te leer ken deur te luister. Daar is nie ‘n wenner of verloorder hier nie. Reël nommer een is dat jy in net ‘n paar woorde die waarheid sal vertel rondom die vraag op ‘n kaartjie wat jy opgetel het. Reël nommer twee dat daar na die persoon wat praat geluister word. Geen kommentaar of vrae word toegelaat nie. Indien jy meer wil weet aangaande iets wat iemand gesê het, moet jy wag totdat jou pion op ‘n blokkie land wat sê jy mag jou eie ding doen. Dis verbasend hoeveel beter jy ‘n persoon leer ken deur hierdie spel.

Blykbaar word ‘n mens nooit te oud vir speel nie. Ek geniet speletjies nog net soveel soos toe ek jonk was…. net die ure word nou kort geknip.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Trane oor gestorte bloed

IMG-20180522-WA0013-1

My engelkind, verlede naweek het jy jouself in jou kamer teruggetrek om ‘n taak rondom sosiale probleme te doen. Jou ma was verstom toe jy haar die eindresultaat wys en verduidelik dat God en Sy engele huil oor die bloedvergieting in die wêreld, en die mense besig is om te verdrink onder al die geweld. Jy is veertien Jess; met soveel insig het jy op papier dié sosiale probleem uitgebeeld…. min wetend dat jou pa oor ‘n paar dae ‘n slagoffer van die geweld gaan word.

Ons as familie sou so graag vir jou en Josh dié seer wou spaar. Ons huil!!! Die trane wat God sê Hy eendag van ons wange sal afvee loop in strome vanuit ons binneste. Ons huil oor hom wie se lewe met tye vir ons so ‘n groot raaisel was… hy wie eenkeer met sy vinger in die sand sy toekomsdrome vir my geteken het; maar ons huil ook oor jou en Josh wat nie meer julle “daddy” het nie. ‘n leemte wat niemand anders kan vul nie.

Mag daar uit dié bloedvergieting, met tyd ‘n roos – soos in jou tekening – blom. Dieselfde God wat huil oor die bloed wat na Hom uitroep vanaf die aarde, is die God wat gesê het Hy laat ALLES ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. Ons stap saam met julle deur hierdie donker vallei; ons hou julle hande styf vas en ons bid dat jy en Josh julle vertroosting in julle ABBA Vader se arms sal vind.

Oneindig lief vir jou 💗

 

 

Wat Josh van musiekeksamen dink

In the public school apparently they teach the child to spell cat, then ask it to calculate an eclipse; when it can read words of two syllables, they require it to explain the circulation of the blood; when it reaches the head of the infant class they bully it with conundrums that cover the domain of universal knowledge. This sounds extravagant – and is; yet it goes no great way beyond the facts. (Mark Twain) Ek begin al meer saam met Mark Twain stem.

images (1)Ons het sangklas op skool gehad, maar sowaar daar was nie van ons verwag om musieknote te leer skryf, en dinge wat my kop heeltemal rond maak rondom musiek, te leer nie. Joshua – nou in graad vyf – leer smiddags hier by my. Gister moes hy musiek leer, en ouma kon hom glad nie help nie. Hy is later oor groothuis toe om te sien of sy twee ouer nefies kan help. Blykbaar nie, want vanmiddag kom hy hier ingeloop en vertel hoe moeilik die musiekvraestel was. “Weet ouma wat doen musiekleer met jou kop,? en met die woorde gaan sit hy op die wakis voor my om te demonstreer. Hy hou ‘n denkbeeldige stuk papier in sy hande; “As hierdie stuk papier jou brein is, en hierdie is die leerwerk,” en met die woorde krap hy verwoes met ‘n denkbeeldige potlood op die papier… en skeur die papier toe in stukkies… “is jou brein so opgemors.”

Ouma stem heelhartig saam. Hoekom as jy nie musikaal is, en musiek wil neem nie moet jy jou brein vol musieknote en wat nog meer prop?

Ouma sê dis nonsens….. finish en klaar!!!