Kameel – Los gedagtes

Maandag = Wasdag No 7

Sien julle rook by my oë, ore, neus en mond uittrek? Nee, ek het nie weer begin rook nie, dis my brein wat aan die brand is van al die dink. Maar helaas geen woorde wil vorm aanneem sodat ek iets ordentlik kan skryf nie. Hier is ‘n paar los gedagtes rondom elke woord in Scrapy se uitdaging.

Afkeur: Vulgêriteit… haat dit met ‘n passie. Mans wat dink dis snaaks om onder vroue se rokke in te praat kan ek net daar en dan nek omdraai. Sorry meneer maar dis hoe ek oor jou voel.

Ryp: Swartryp tussen die mielielande en plante wat oornag vrek. Dan die bittere koue. Kinders met lae klere aan en so toegedraai dat net hulle oë uitsteek oppad skooltoe; en wanneer jy groet die vermaning “Maak seker julle bring al die klere terug.”

Rose: My ma se begeerte om eendag in ‘n wit kis met ‘n bos bloedrooi rose bo-op begrawe te word. Haar wens was vervul.

Politiek: Genoeg in my kindertyd van Natte en Sappe gehoor om my ‘n leeftyd te hou. Heel lekker om langs ‘n politikus te bly; ons het nou al agt maande voltydse polisiebewaking by ons voorhek.

Haastig: “Hoe meer haas hoe minder spoed.” Ek wonder altyd waarheen haas die mense. Ek is nie haastig van geaardheid nie, en ek is dankbaar daaroor. My haastige ousus het een woord vir my “sleg.” Jip, dis wat sy vir almal sê, “ek is sleg.”

Mooi loop!!

22 gedagtes oor “Kameel – Los gedagtes

  1. Hmmm? Het jy voorheen gerook? Ek het ook nou hier gesit en wonder of ek nog ‘n blog kan skryf oor rook – een van my definitiewe afkeure. (Ek het ook voorheen gerook). Ek stem saam met jou afkeur. Sulke mans gee my horries. Ek het nog nooit gehoor dat ‘n vrou so in die openbaar in ‘n man se broek inklim nie. Of gebeur dit wel?

    Liked by 1 person

    1. Het op 16 jarige ouderdom begin rook tot so 32 jaar oud. Nou wonder ek wat op aarde sien mense lekker daaraan. Toe jy Carlos se tande uitgeslaan het, het ek besef hoe erg is jy teen rook 😂😂😂
      Ek weet nie of vroue so praat nie, maar ek gril my dood vir mans met sulke vuil monde.

      Liked by 1 person

      1. Heerlike verbeeldingsvlugte gewees. Eienaardigste is dat dit partykeer voel dit was rêgtig. Seker dieselfde as om jou so saam met die karakters in ‘n tv series in te leef dat jy saam huil, lag en voel.

        Liked by 2 people

  2. Ek het my lewe lank sekondêr gerook,saam met my ouers. Dus verpes ek rook…het permanente hoes en sinus daarvan.
    Ek stem saam oor mans en hul seksistiese grappies. Dis sommer minderwaardigheid wat hulle laat voel om iemand “swakker” af te takel.
    Goed geskryf!

    Liked by 2 people

    1. Mense wat rook dink nie. Gee nie ‘n snerts om vir die wat om hulle die rook moet inasem nie. Ek praat nou van dié wat sommer so in die geselskap sit en rook. Om eenkant te gaan en ‘n dampie te maak is nog ok. Ek was net so skuldig 😑

      Liked by 1 person

  3. My pa was n strawwe roker en dis waar ek ook maar my borskwaal van gekry het. Jou punte is almal geldig. Towerinne stories is uniek ons sin. Ons het mekaar heerlik geprikkel om te regeer. My brein is ook besig om maar rustig voort te seil op sy eie manier. Dankie dat jy n ietsie gedeel het. Dit gee ook n kykie in hoe Kameel voel. Hope Liefde daar vir jou met jou nabure polisie beskerming.

    Liked by 1 person

    1. Kameel met al haar geite 😊 Miskien kliek my brein weer in rat wanneer ek nie meer so koud kry nie. So gewens ek kon gisteraand by jou tee gaan drink en bietjie my hart uitpraat. Het ‘n idee jy sou verstaan. Lekker slaap daar in die poskaart ❤

      Like

      1. Ai jong, ek sit ook op die oomblik met n hunkering om in Afrikaans te kan sit en gesels met n geesgenoot. Sodra ek my gevoel in Engels begin oopstel gebruik ek gereeld verkeerde woorde of uitdrukkings wat maak dat die luisteraar nie verstaan wat ek bedoel nie. Gelukkig is my meer intiemer vriendinne darem geduldig met my en probeer verstaan en help my ook darem reg. Jy moet maar sterk staan daar op jou eie. Op die oomblik is dit vrek koud. Laasnag gesneeu. Eerste keer my long Johns aangetrek nadat ek die oggend sessie sonder gedoen het.

        Liked by 1 person

  4. Terugklingel: Mandag=Wasdag: no 8 Karakter – Kreukels en plooie

Gesels met my ...