Scrapy se Maandag =Wasdag Uitdaging Mooi is nou maar eenmaal mooi en ek hou daarvan dat alles om my mooi is…. en netjies. Dit was die lekkerste lekker om my eie huis te hê en elke vertrek so mooi as moontlik te maak. Natuurlik het geld 'n groot rol gespeel; daar was nie 'n links …
Kategorie: Uitdagings
Kameel – Om totsiens te sê
Christa se uitdaging. Die hekkie kraak toe ek hom oopstoot. Sjoe, die spekboomheining het omtrent handuit geruk in die tyd wat ons weg was... so ook die rankroos voor die stoep. Geluk, my swart kat uit my kleindogtertjiedae sit op die trappies en wag my in. Ek tel haar op; so het sy altyd by …
Kameel – Deur oëverblindery
Ek het hierdie verlede week op ons groepie geplaas. Frannie het gevra of ek dit nie as blog wil plaas en op InLinkz sit nie. Vir daardie InLinkz deel moet ek na Hester roep. Wat sou ek sonder haar gedoen het? Ek dink sy weet nou hoe my onnies gevoel het 🙄 Met my in …
Kameel – Die Towerinne en Caronamouna Hoofstuk 7
Hier is die sewende hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9 Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word …
Kameel – Covid-19 en Ledigheid
Hester se Lê-jou-eier uitdaging. Hoe hanteer julle die inperking op hierdie stadium? Vertel asseblief aan watter versoekings julle toegee / graag sal wil toegee / nie toegee nie. Met Ken wat so mankoliekerig is, is ek al van middel Februarie in "lockdown." Ons is tot motorloos; ons kar staan by Kenneth... hy het ons s'n …
Kameel – Wie’s jy?
Hester se Lê-jou-eier uitdaging. Verbloem jou haarkleur Verlede week kom ons seun met tweejarige Eli hier aan. Ouma is in die badkamer, en geen deur keer mos 'n tweejarige nie. Die deur flerts oop, Eli gee 'n treë vorentoe en kom dan geskok tot stilstand. "Wie's jy?" vra hy aan die vaal wese wat op …
Kameel – Kwarantyn op Rebusfontein
In 'n gesprek op ons Damesgroep het Una gesê sy wens sy het 'n plantjie vir elke Towerin gehad, en wanneer een van ons verlep voel kon sy haar tuinvurk en gietertjie vat en aandag aan daardie betrokke plantjie gee. Kort daarna het sy egter besin... gesê die plante sal nie goed doen onder haar …
Kameel – My seun
Vuurvliegie se Woordsnoere 1/2020 Swart op Wit. My hart was oorvol die dag toe ek na soveel jare weer my twee seuns sou sien. Miskien sal die skaduwee wat al vir so lank oor my hang uiteindelik lig, en plek maak vir sonskyn. My bedevaartslied deur die jare heen was vir vrede, en die herstel …
Kameel – Handwerk
Scrapy se Maandag = Wasdag No 23. Handwerk Met 'n ma as naaldwerkster wat die mooiste trourokke gemaak het sou mens dink ek sou vroeg leer om ook naaldwerk te doen. Toe nie, ek was hopeloos. Dit was met my 40ste verjaarsdag wat Ken vir my 'n naaimasjien van alle dinge persent gegee het. Ek …
Kameel – Kluisenaar No 7 – Ontmasker
Rebusfontein slaap nog toe Camilla aan No 4 se voordeur klop. "Kom kom Kameel, roer jou," prewel sy half ongeduldig. "Camilla!!!" Die blye stem laat haar omdraai. Bruingebrand, met 'n breë glimlag om sy mond en albei hande na haar toe uitgestrek kom Lorenzo die tuinpaadjie afgestap. "Lorenzo!!" roep Camilla bly uit. Hy spring die …