Kameel – Rebusfontein ‘n plek van rus

Screenshot_2019-08-03-15-07-13-1

Ek was meer dan gereed om saam met Una vir die naweek Rebusfontein toe te gaan – so gereed om van die werklikheid te ontsnap dat ek met my tassie buite op die sypaadjie gewag het. Ek het met ‘n seer hart na Quasimodo, Geluk, en Lorenzo verlang. Haal asem Towerinne dis Kameel wat hier skryf nie Camilla nie. Lorenzo kon my kleinseun gewees het. Oppad moes ek eers my hart bietjie leegmaak, en het my sakdoek papnat gehuil. Dankie Una vir die geduldige oor. Wat ‘n salige gevoel toe ons Towerinstraat binnery en Una se bont huisie wag ons met ‘n breë glimlag in. Danie en sy bende was dadelik by, en Una is met ‘n drafstap daar weg om na die baby te gaan kyk.

Nadat ek uitgepak het is ek straatop na Vuurvliegie se huis toe. My hart het bietjie ontstuimig geklop met die idee dat ek eers verby Harpy die groot arend moet kom. Nou goed, hy is nie die wêreld se vriendelikste kalant nie – en jy weet sommer hy hou jou met arendsoë dop en sal aksie neem indien nodig – maar die ontmoeting het goed verloop. Quasimodo was bly om my te sien, maar toe ek oor die Tour de France begin praat het sy oë behoorlik geskitter. “Julle het ‘n pragtige land Quasimodo – en al daardie chatteaux’s en die geskiedenis daaraan verbonde!!! Hy vertel toe hy hou al van 1903 die fietsryers dop wanneer hulle Parys binnery, en met dié het hy vinnig ‘n traan met sy mou afgevee. Ek het sy hartseer verstaan – hierdie jaar was hy nie daar om dit te sien nie.

Die koue het ons bekruip, en daardie aand het Lorenzo vir ons ‘n heerlike kaggelvuur gepak, en ‘n vingeraflek pasta gemaak. Die man kan kos maak dis verseker. Hy het tot vir my en Una elkeen ‘n kwilt gaan haal wat Scrapy vir hom gemaak het. Met ‘n glasie wyn in die hand het ons drie daar gesit en skaterlag. Dit het begin deurdat ons vir mekaar vrae gevra het. “Wat sal jy doen as jy nou miljoene erf?” ens. Die aand het te gou omgegaan, en ek en Una moes aanstaltes maak om in die bed te kom. Dis toe ons voor in die straat kom dat dit my meteens byval wat Quasimodo my vertel het. “Una, Quasimodo sê hy sien party nagte twee bebaarde ooms al geselsend hier in die straat afstap. Hulle klere lyk anderste en hulle rook pyp.” Met oë so groot soos pierings fluister Una “Dink jy dis oom Paul en oom Piet van Toweropstal?” Ons het nader aan mekaar beweeg en skrikkerig om ons gekyk. “Waar is Lorenzo? Daar is nie ‘n manier waarop ons alleen na ons huise toe stap nie, besluit ons, en haak elkeen by Lorenzo in wat op daardie oomblik sy opwagting maak.

Die volgende dag breek Sonskynhelder aan,en ons lag vir ons bangheid van die vorige aand. Tog vra ons Lorenzo of hy iets van die ooms af weet waarop hy net sy skouers optrek, en sê Quasimodo het hom vertel maar hy glo nie aan spoke nie. Hy het visstok in die hand gestaan want op daardie aand se spyskaart was daar vars vis op kole gebraai met bygeregte waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Nie links nie of ek en Una is met ‘n kussing en boek in die hand saam. Ons kan in die bootjie lê en ontspan terwyl Lorenzo visvang. Viurvliegie het mos gesê ons moet in die son kom.

Ek het gevra dat die braai by my gehou word want ek is lankal lus vir daardie tafeltennistafel. Quasimodo het oorgekom en vir ons telling gehou, en natuurlik ook om saam te kuier. Ek het vinnig besef hoe verroes my tafeltennis is – dis nie ‘n grap wat die jare aan ‘n mens doen nie. Una is definitief nog meer wulps, en op die einde het sy en Lorenzo mekaar opgedreun. Dit was vet pret, die kos weereens uitstekend en die aand om die vuur met hierdie pragtige mense een om lank te koester.

Mooi loop!!

Advertisements

36 gedagtes oor “Kameel – Rebusfontein ‘n plek van rus

  1. Ek is so dankbaar vir ons naweek op Rebusfontein, dankie Kameeltjie. Ek dink steeds dit was oom Paul en oom Piet, en hoekom nie? Hulle is mos deel van ons Towerinne se geskiedenis! Die vis en bykosse was wenners; sodra nog Towerinne opdaag maak ons weer so, Kameel.

    Liked by 1 person

    1. Hester ek het al voorheen gehoor hulle sê kry vir jou ‘n “happy place” in jou gedagtes. Sien, hoor en voel die plek. Vrydag het ek ‘n low geslaan, konnie die aand aan die slaap raak nie; gewroeg met so baie dinge. Onthou toe Una het die dag geskryf sy is lus vir Rebus en tot Toweropstal. Nie lank nie toe geniet ek en Una onsself in Rebus en ek raak deur dit aan die slaap. Geen wonder toe ek Saterdagoggend wakker word het ek gedink dit is Sondag nie 😊

      Liked by 1 person

      1. Maak so. Ek is geneig om in my tyd saam met die Here ook my probleme na hom toe te vat. Kom dus nooit heeltemal weg van pyn nie. Dus is so ‘n escape from reality heel lekker. Lekker slaap.

        Like

    1. Bly jy het dit geniet. Wonderlik om sommer so in jou verbeelding weg te raak. Toorts wil skoon Spanje toe omdat die oompies weer hulle verskeining gemaak het 😊 Hoop ook maar hulle sorg vir een aand se kaskenades en verdwyn dan weer.

      Liked by 1 person

    1. Jong dinge kan handuitruk met die klomp Towerinne. Geen wonder Toorts begin kriewelrig raak oor die nuwe karakters nie. Rebus is ons toevlugsoord… so ons sal lig moet loop vir wie daar toegelaat word. Polieste kan ons noe aanstel nie want as jy Toweropstal gelees het sal jy sien dit beteken amok. So ons as Towerinne moet wakker loop.

      Liked by 1 person

  2. Oepse Daisy en ek sit hoog en droog in die koue hier en my ooms Paul en Piet loer daar by julle in terwyl jul wil ontspan. Geen wonder Porkie was so rusteloos hier op sy sit tak. Ons het selfs vannag n ligte aardbewing hier gehad. Dit was seker die twee ooms wat terug Toweropstal se grot toe vertrek het.

    Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s