Kameel – Hoekom?

Wat sou hierdie begaafte matriekseun met al sy prestasies, musiek en sportstalent ‘n rewolwer teen sy kop laat druk, en die sneller laat trek het. Was die verbreekte verhouding met sy meisie die enigste rede, of net die laaste strooi wat hom oor die afgrond gestuur het.

So gesels ek en Marlé nadat sy gister vir my die lied – wat hierdie seun vir sy meisie geskryf, en met begeleiding van klaviermusiek gesing het – vir my kom speel het. Die woorde ruk jou hart stukkend. Daarin vra hy of sy sal huil wanneer hy die sneller getrek het. Nadat hy die lied opgeneem het, het hy dit vir haar gestuur, en toe die daad gepleeg.

Môre is sy roudiens. Die personeel en skoolkinders waar my twee kleinseuns skoolgaan is in skok. Hoekom? hoekom? hoekom? Marlé sê daar is rede tot bekommernis. Blykbaar is dwelmmisbruik aan die afneem, maar selfmoord aan die toeneem.

Mooi loop!!

19 gedagtes oor “Kameel – Hoekom?

  1. woordnoot

    Die koue rillings hou aan om deur my lyf te jaag……die angs oor ons kinders wat so blootgestel word aan die lewe en wat nie cope nie, maak my mal. Ons het in die familie ‘n paar maande gelede ook so iets beleef toe ‘n pragtige jong vrou haar eie lewe geneem het net nadat sy en haar verloofde erg woorde gehad het…geen antwoorde. Net ‘n gebroke ma wat iemand soek om haar kind se selfoon te “crack” sodat sy haar whatsapps kan lees…om te probeer verstaan.

    Liked by 1 person

    1. Ag nee Woordnoot!!! My bors trek toe as ek aan die wêreld dink en die kinders en kleinkinders wat hier moet deur. As jy die seun se prestasies hoor, na sy stem en musiek luister, en hoe goed hy op sportveld presteer het dink jy “he has everything going for him,” en dan dit!! Ons kan net harder en harder bid vir Genade.

      Like

    1. Una ek sit hardop en huil oor ‘n kind wat ek nie eers geken het nie. Ek roep boontoe “Hoe lank nog Jesus!!” Ek huil vir al die hartseer in ons wêreld, vir al die verlore siele…. sommer vir alles wat so deurmekaar is. ❤

      Like

    1. Vir my ook Hester. Ek het vandag al snot en trane oor die kind gehuil. My kleinseun sê die roudiens word môre by die skool gehou. Alle aktiwiteite is gestop. Hy was een van die skool se top presteerders. Die lied wat hy geskryf en gesing het is pragtig. Ag nee, hier wil ek sommer weer huil.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s