Woordwarrel – Nuutskepping

Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.

Soos ek die ding beluister blyk dit dat Afrikaans besig is om te verander. Nuwe woorde sien die lig en laat my in die duister. My liggaam wat my denkvermoë insluit staan al graf se kant toe en nogsteeds het ek nie “hoge” Afrikaans bemeester nie. Daar is nie ‘n manier waarop ek kan redeneer of debatteer nie… my woordeskat pootjie my. Watwou nog nuwe woorde bybring!!! Party mense kan woorde so mooi saam snoer dat dit soos ‘n pêrelhalssnoer om hulle hang. My woordeskat laat net ‘n armband toe. Nou kyk as die nuutskepping van woorde, woorde soos fôbaaifô (dankie Hester) voortbring sal ek dit geniet. Dit laat my lag, en lag is medisyne vir my siel in hierdie veranderde wêreld van ons.

Mooi loop

16 gedagtes oor “Woordwarrel – Nuutskepping

  1. “Pêrels en lint Kamma Kamma sy en satyn” Kobus en Hannelie
    “My nooi is in ‘n nartjie my ouma in kaneel” Jan de wet
    Met Kobus se kamma en Jan se kaneel pleeg ek nou ‘n nuutskepping: Kameel.
    Sy is al die pêrels en geure en woorde waardig.

    Liked by 1 person

Gesels met my ...