Lake Como – Die troue

That’s Amore! Europa hier kom ons! Die Goue Vroue is op pad om te gaan troue hou in Italië – Lorenzo en Camilla se troue!

Daar is nie op die bussie gespeel nie. Dit was wet wipes, spieēltjies, haarborsels en grimering. Sonell se bloedrooi lipstiffie het die rondte gedoen om te pas by die vroue se 10 minute inkopietog wat hulle nou oor hulle langbroeke en t-hemde aangetrek het. Blomme is rondgestuur en vasgeknip aan dié wie nie klerebedekkings gehad het nie. Aan die voete kon niks gedoen word nie… dit was tekkies of kaalvoet. Camilla se rooi stilletos is aan Ora gegee om by haar hoed te pas. Dit was voorwaar ‘n unieke klompie vroue wat op ‘n streep die betowerende Isola del Garda binnegestap het. Die deftiggeklede Italianers het in verbasing na hulle gestaar en toe in ‘n onderlangse gemompel besluit dat dit uitlanders uit donker Afrika moet wees.

Buite die oog van die gaste stop ‘n lang slap motor. Silver staan nader en maak die motordeur vir Camilla oop. “Jy lyk stunning” sê hy toe sy langs hom staan. “En jy Silver lyk asof jy sopas uit ‘n modeboek gestap het…. Oooooo Frannie gaan so verras wees om jou te sien.” Hulle kyk glimlaggend na mekaar… hulle verstaan mekaar se harte. “Kom,” sê Silver en haak Camilla se arm deur syne “laat ek jou aan daardie Don Juan van jou gaan afgee.”  n Rukkie later stap ‘n stralende Camilla aan Silver se arm Lorenzo te gemoed. Sy oë vol liefde en donker van ingehoue emosie hou haar elke beweging dop. “My Camilla,” sê hy toe hulle voor hom stop. Soos die dag van hulle ontmoeting vat hy haar hand en bring dit na sy lippe toe. Sy oë kyk diep in hare en Camilla oorweldig deur emosie stap sy omhelsing binne. Die wêreld het vir hulle gaan stilstaan.
Kameel laat sak haar kop in skaamte. “O hoe romanties,” fluister Woordnoot maar dis Sonell wat haar bril op haar neus terugskuif, en die twee na die hede terugroep deur hard te kug. Half verleë tree Lorenzo terug gee ‘n buiging en oorhandig ‘n bloedrooi langsteelroos aan Camilla. Haar hand gly in syne en saam draai hulle na waar Sonell wag om die verrigting te begin. Alles verloop seepglad totdat dit by die ringe kom. Tevergeefs soek Lorenzo in sy sakke totdat ‘n laggende Camilla die ring aan hom oorhandig wat sy van die langsteelroos afgehaal het. Toorts snak na asem toe ‘n man opstaan en voor gaan staan. “Dis Andrea Brocelli,” fluister sy. Die musiek begin en Andrea se pragtige stem vul die lug. Met ingehoue asem luister die gaste na The Prayer. Trane word weggepik, en toe sy stem stil word is daar ‘n paar sekondes van algehele stilte. Dis heel duidelik dat almal diep geraak is. Lag vul egter weer die lug toe Lorenzo en Camilla onder roosblare wat soos reën op hulle neerdaal na buite beweeg.

Die onthaalsaal is pragtig; dis ‘n babbelende en uitgehongerde klomp GV wat by ‘n tafel gaan aansit. Gelukkig is die toesprake min maar trane word weer weggevee toe Lorenzo na Camilla draai en haar van sy liefde verseker. Heildronke word op die twee gedrink, en net toe Virgo sê “Nou beter die kos kom, geen mens kan drie dae op droë brood en water oorleef nie” lig Lorenzo sy glas in die rigting van die GV en begin in Italiaans praat. Die Italianers luister oopmond, gooi hulle koppe elke wan en dan agteroor en skater van die lag. Sjampanje glase word weer en weer gevul en dan met Italiaanse woorde na die GV se kant toe gelig en diep gedrink. Lorenzo praat verder. Silver skud soos hy lag. “Hy vertel hulle van sy tyd in Suid Afrka en al julle kaskenades. Una hy is besig om hulle van jou beenhare te vertel.” Heel duidelik het die klomp vroue uit donker Afrika in die Italianers se oë sterstatus behaal. Sowat van lag en glasliggery het geen troue nog beleef nie. Toe Lorenzo klaar is wys hy na waar ‘n klavier staan en sê in sy verbeterde Engels dat hy en Camilla uitsien na die GV se bydrae tot die troue. “En dit na Andrea Brocelli” sê Christa benoud,” maar Ek Myself verseker haar dat hulle bydrae uniek gaan wees. Appeltjie skuif agter die klavier in en haar vingers begin oor die klawers streel om die musiek wat sy komponeer, en Aalsie bewoord het te speel. Die GV begin sing

“Troumars in ‘n frenzo
vir julle twee compozzo
by Villa Lake Comó

Ons Goues sing ‘n koortjie
kry warm om die boordjie
Maar netjies vir julle uitgevat

Troue hier so tussen meer en see
Is presies waarvoor ons ons sakgeld gee

Nou kuier ons ‘n bietjie
Sing nou ‘n troueliedjie
Deur Appeltjie geskryf vir julle twee
Vir jou, Camilla en Lo-ren-zo.”

In elke GV se hart is daar dankbaarheid dat hulle dit weereens in Venesië geoefen het, toe hulle onder luide toejuiging terugstap tafel toe. “Sjoe, ek was nou so benoud sê Trommeltjie en vee die sweet van haar voorkop af.” ‘n Goeie dop brandewyn is wat ek nou nodig het,” lag Positief en sak op haar stoel neer. Die kos word bedien maar die klomp vroue is so honger dat hulle nie tyd het vir geregte bewonder nie. Net Frannie onthou dat sy ‘n dame is en eet fyntjies aan haar kos.

Die orkes begin speel en Lorenzo lei Camilla aan die hand dansvloer toe. Alle oë is op die twee gerig tetwyl hulle verdiep in mekaar – Lorezo met albei arms om haar lyf en sy met haar arms om sy nek –  stadig oor die dansvloer beweeg. Êrens sug ‘n GV behaaglik. Die musiek begin verander, die twee dansers beweeg uitmekaar, dan gee Lorenzo ‘n tree nader vat Camilla se hand en trek haar na hom toe. Sy haak een been oor syne om net die volgende oomblik haar been hoog die lug in te tel.  “Ah dis ‘n tango,” sê Seegogga opgewonde… “eķ wil ook tango.” Die dans is asemrowend mooi. Toe dit klaar is buig albei en Lorenzo sê die dansbaan is nou oop. Die volgende oomblik is dit net Italianers waar jy kyk. ‘n Klomp mans storm op die GV se tafel af en geen teëstribbeling word geduld nie. Frannie klou verbete aan Silver se arm vas, en hy lei haar al laggend dansbaan toe. Daar is nie tyd vir sit nie; skaars ‘n stoel gevat of die volgende Italianer vat ‘n hand en gly oor die dansbaan met ‘n GV. So in die verbygaan gryp Una ‘n glasie wyn van die tafel af, en dans dan uitgelate voort. Dit word al joliger en die GV doen hulle lyndans vir die Italianers wat hulle voetstampend en handeklappend  aanpor vir nog meer.

In die vroeë oggendure begelei die klomp gaste vir Lorenzo en Camilla na waar ‘n boot op hulle wag. Aan die geterg en laggery word daar heel duidelik grappe gemaak. Voordat sy in die boot klim draai Camilla na die GV toe en gee elkeen ‘n stywe druk. “Ooooo ek is sooo bly julle het gekom… ek is lief vir julle,” sê sy met ‘n bewoë stem. Die boot trek weg oor die maanbeligte meer, en daar word gewuif totdat hulle uit sig verdwyn. “Ek wonder hoekom Lorenzo nie wou sê waarheen hulle vir hulle Wittebrood gaan nie… nie eers Camilla weet nie,” sê San.” “Jy kan hom nie kwalik neem nie,” antwoord Toorts “hy ken ons te goed.” Daar word gelag en dan wil Woordnoot weet waar Seegogga so goed leer tango het. “Ja vertel,” por Una maar Seegogga skud net haar kop. Dis ‘n moë, seervoet klomp vroue wat besluit om terug hotel toe te stap.  Lake Como het hulle harte gesteel.

Mooi loop!!!

55 gedagtes oor “Lake Como – Die troue

    1. Ja Seegogga, die dag toe Camilla uit die bloute in Rebus opdaag en net vir Lorenzo wat besig was om tuin om te spit gevind het. Hy het haar daar weg om vir haar sy gunsteling swemplek te gaan wys. Sy hart was verower.

      Liked by 3 people

      1. Jip…. die handsome Lorenzo en stuitige Camilla sage. Onthou jy het op die giggelgroenbus so gaan sit dat jy hom kon dophou. 😂😂😂😂😂 Ooooo ek lag lekker vir jou.

        Like

  1. Whohoooooooooo, wat ‘n heerlike troue! Kameel, wonderlik geskryf en beskryf. Ek het heerlik geparty, ons almal het. Mense, dis lekker om jou weer te lees, dankie vir ‘n pragtige troue en samevatting🌻🌻💃💃

    Liked by 4 people

  2. woordnoot

    Wat kan ek sê? Dis die mooiste einde nog aan enige van ons Rebus stories, des te meer omdat dit al van die Giggelgroen bus af kom…..Wonderlik Kameeltjie….vir ‘n paar minute het ek weer geglo aan hartklop liefde….en dit was goed vir my gees. Ek is so bly jy het die grande finale geskryf….nou is daai boek toe. Geslot. Geslote.

    Liked by 2 people

    1. Dankie Woordnoot. As ek my nie misgis nie het jy Lorenzo as bestuurder van die bus aangehou. Ek het hom mos gehuur omdat my kop te dronk is vir bestuur. Toe word hy deel van ons storie. Hoe sê hulle “All is well that ends well.”

      Liked by 3 people

      1. woordnoot

        MMmmm…jy is reg. Flippit, jy kan wraggies goed onthou. Ek onthou nou sy uitdrukking toe ons by daai nudsiste plaas ingery het met die pap wiel…..

        Liked by 2 people

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s