Kameel – Draadloos

Scrapy se Maandag= Wasdag Uitdaging No 5

Die storie van my rebellie teenoor outoriteit, hetsy God, ouers, onderwysers en base is by nou welbekend, en ek wil dit nie herhaal nie. Ook dat Ken my teen my sin een Sondag na die stafkamer van ‘n skool “geboelie” het waar ‘n klompie mense vir ‘n diens bymekaar gekom het. Hy het geweet ek sou nie my voete in ‘n kerk sit nie. Daardie oggend is die klipharde grond van my hart voorberei vir saad wat later sou val. Ek was natuurlik onbewus daarvan; my voorneme was om my ore te stop… maar ek het nie rekening gehou met die instrument wat gebruik is nie. ‘n Lang lenige jongman wat sy arms op die mees fassinerendste manier gebruik het om sy boodskap te lewer. Sy stem was egalig, maar daardie armbewegings was ‘n grasieuse drama. Die effek was trane en sneesdoekies.

Hy het ons na ‘n teater in Florida genooi waar die hoof van die teologiese kollege die volgende Sondagaand sou preek. Die teater was propvol en ek en Ken met driejarige Kenneth het redelik agter gesit. Daardïe aand praat die man oor ‘n draadloos… ‘n eenvoudige storie wat die evangelie op ‘n manier verduidelik dat ‘n kind dit kan verstaan. Dit gaan oor die ryk man met sy pragtige blink en duur radio en “gadgets” wat musiek wou luister, en om de dood nie opvangs kon kry nie. Meteens hoor hy die pragtigste musiek, maar dit kom van iewers uit sy tuin. Hy gaan stel ondersoek in en sowaar daar sit sy tuinier met ‘n ou draadloos langs hom, en die lieflike musiek kom vanuit die onooglike ou draadloos. Om alles te kroon dien ‘n draadhanger wat reguit gebuig is vir ‘n attenna.

Die pastoor gebruik toe dié storie om die verskil tussen godsdiens en wedergeboorte te verduidelik. Godsdiens is soos die man se radio; jy kan die beste werke doen, kerk toe gaan, jou bybel lees maar as jy nie deur die Gees van God Lewend gemaak is nie, is daar geen opvangs nie. M.a.w Godsdiens op sigself is dood. Die tuinier se draadloos gaan nie oor die instrument self nie, maar wel dat dié persoon Jesus as Saligmaker aanvaar het, en deur God se Gees Lewend gemaak is, en dus kontak met die hemel het.

Daardie aand het ek net stilweg in my stoel bly sit, en gesê “As dit wat ek hier gehoor het waar is… hier is ek.” Nee, ek het nie ligte gesien of stemme gehoor nie. Dit was eers die volgende dag by die werk wat ek besef het ek hoor, sien en praat anders. My draadloos het meteens opvangs gehad, en hemelse musiek voortgebring.

Mooi loop!!!

22 gedagtes oor “Kameel – Draadloos

  1. Dit is natuurlik een van die dinge waaroor ek ook verskriklik bly is, dat ek die ‘nuwe’ Kameel kon ontmoet, een wat vir my ‘n Geestelike maat is. Jy het ook nie in daardie dae rekening gehou met hoe groot God is en dat Hy jou op ‘n manier wou bereik nie, en dat Hy presies geweet het watter manier by jou sou werk. 🙂 Pragtige storie.

    Liked by 1 person

    1. Net so bly ek het jou vriendin geword Toorts. Dink nie jy sou met die ou Kameel bevriend wou wees nie 😂😂😂😂 Ja, ons Amazing God wat presies geweet het hoe om ‘n sekere rebel se aandag te kry. My oë skiet na al hierdie jare nog vol trane wanneer ek die woorde van Amazing Love hoor. “I once was lost but now I’m found, was blind but now I see.” ❤

      Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. Geen wonder die bybel sê “The person without the Spirit does not accept the things that come from the Spirit of God, but consider them foolishness and cannot understand them, for they are Spiritually discerned.” Daardie ou draadloos van die tuinier moes vir die ryk man ook maar na foolishness gelyk het.

      Like

    1. Dankie Seegogga. Ek sê so baie dankie vir die Here dat Hy my in sy groot Genade uit die koninkryk van duisternis kom uithaal het en my oë oopgemaak het vir die Waarheid. Die stuk oor die Herder wat die verlore skaap gaan soek het kom nou by my op. Amazing Grace!!!

      Like

  2. Terugklingel: Maandag+Wasdag 6: Frustrasie – Kreukels en plooie

Gesels met my ...