Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 43
Amanzimtoti sal my altyd laat terugdink aan dié pynlike vakansie. Ek en my eks (wat toe nog my kêrel was) is saam met my ouers en broer Amanzimtoti toe. My ouma en haar suster het afgevlieg… bedoelende natuurlik per vliegtuig, en nie besems nie. By Afsaalwoonstelle kon ek nie wag om my nuwe spierwit bikini aan te trek en by die see uit te kom nie. Die afkeur in my twee oumas (die suster was my stiefouma) se oë het my min geskeel. André was egter liewer vir visvang as swem, dus het ons meer tyd op ‘n bootjie in die lagoon deurgebring as in die see. Ek het nie omgegee nie. Ek het myself oor die boot drapeer om soveel son as moontlik in te drink, en hy het visstok in die hand gesit en wag. Dit was hier by die derde dag wat hy ons al die pad met die lagoon opgeroei het om by ‘n teetuin hoër op verversings te geniet. Geen rede om vir middagete terug te gaan woonstel toe nie. By die tyd wat ons uiteindelik teruggekeer het was ons ure in die skroeiende son. Daardie jare was sonbrandmiddel nie ter sprake nie. My oumas het een kyk na my bloedrooi gebrande vel gegee en in ontsteltenis uitgeroep. Boererate!!! Maar dit sou meer as boererate kos om my uit die brandende “hel” te verlos. Ek is dokter toe geneem waar ‘n kwaai dokter die Levitikus vir my voorgelees het. Nee, hy gaan my nie in die hospitaal opneem nie maar ek mag onder geen omstandighede in die son kom nie. Medisyne is voorgeskryf en ‘n room wat daagliks aan my liggaam gesmeer moet word. Die dae wat gevolg het is in my geheue ingebrand. Brandende pynlike dae. Wat dit egter nie kon weg brand nie was my liefde vir die son en see.
Sommer net…
Amanzimtoti laat my ook glimlag. Sanet, ‘n ongekunstelde meisie het saam met my gewerk. Sy het op troue gestaan en heel nuuskierig wou ons getroude vrouens weet waarheen hulle vir hulle wittebrood gaan. Heel ernstig sê sy “Andermansetottie toe.” Ons het dit net daar gelos, maar tot vandag toe is dit wat ek en Ken Amanzimtoti noem.
Mooi loop!!!
O hoe verkneukel ek my nou in Toti se nuwe naam – dankie vir die lekker lag, en ook die die herinneringe wat jy met ons gedeel het.
LikeLiked by 3 people
Na al hierdie jare glimlag ek en Ken nog wanneer ons daar verby ry en die naam hardop sê.
LikeLiked by 1 person
😀
Ek het nog nooit in Amanzaimtoti oorgeslaap nie, en sal na dese ook nie kan nie!
😀
😀
😀
LikeLiked by 1 person
Nou hoe so? 😁😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Dink ek nou aan die liedjie: Da is nie fouti by Amanzimtouti. 😄
LikeLiked by 3 people
Eerste keer wat ek dit hoor. Maar ek sal moet sing daar was groot fout……. 😉
LikeLike
ek ken dit ook …
LikeLiked by 1 person
Andermans’n 😂
LikeLiked by 1 person
Dat so ‘n doodonskuldige antwoord soveel jare daarna mens nog kan laat lag.
LikeLiked by 1 person
So jammer jy het so verbrand. Ai, elke Des vakansiesou ons iewers ‘n behoorlike verbranddag hê
LikeLiked by 1 person
Presies, daar is altyd een wat deurloop.
LikeLiked by 1 person
Ai die sonbrand van daardie dae was erg. Sommer sulke aanmekaar blase wat oopbreek, EINA. My Ousus het ook een jaar so woes verbrand by die see. Dis mos n anderse son wat by water skyn. Vra vir my ek besef dit elke dag meer en meer want hierdie son hier is giftig omdat daar see aan ale kante is. Amanzimtoti was nog altyd die gewoldste plek om heen te gaan. Veral nadat kinder matriek geskryf het sak almal af soontoe. Jy is darem n baas verteller hoor. Ek geniet jou stories vreeslik baie.
LikeLiked by 3 people
Dankie Scrapy. Ja, liewe Amanzimtoti en sy herinneringe. Wanneer ons weer afgaan Suidkus toe om by ons Engelse seun te kuier gaan ons dié keer daar draai. Ons pastoor van 35jaar gelede en sy vrou het daar gaan aftree. Hy is dag na kersfees oorlede, en ons wil graag sy vrou gaan besoek. Ons was groot vriende.
LikeLike
Dis iets lekkers om na uit te sien. Ek hoop dit gebeur sommer gou.
LikeLiked by 1 person
Wou volgende maand gaan maar die hitte en humiditeit in Des, Jan, en Feb te erg vir my. Besluit nog Maart of April.
LikeLike
Klink na n goeie besluit. Ek het ook maar altyd gedurende die Aprilvakansie gegaan omdat die Desember vakansie te warm en te veel mense gehad het.
LikeLiked by 1 person
O my word, Kameel, ons deel soortgelyke ervaring. Ek het foto waar ek met pienk bene in wit rok lê, kon niks onderaan verdra nie. By Amanzimtoti. En ja, skoonma het dit so genoem toe ons se]ê ons gaan Amanzimtoti toe. Net so … ek was tot in my siel geskok, want dit was ook my wittebrood. By Amanzimtoti. Ons het ook in die lagoon opgegaan, hemels. Op daardie trapbootjies.
LikeLike
Christa is jy seker jou naam is nie Sanet nie 😂😂😂😂😂😂 Ag toggie, ek sien die skok op iou gesig oor skoonma se woorde.
LikeLiked by 2 people
Hahahaha, my skoonma was ‘n verpleegster, niks was vir haar iets om nie voor haar skaam skoondogter te uiter nie.
LikeLiked by 1 person
Kameel, ons het daardie jare regtig nie van sonbrandroom geweet nie! Die eerste paar dae van ń Desembervakansie het ons as kinders gebrand totdat die blase ons uit die son gedwing het!. Ek kan my net voorstel hoe jy moes lyk.
LikeLiked by 2 people
Soos ‘n bloedrooi tamatie met ‘n bikini aan😂😂😂 Ek kan nou daaroor lag maar ai ek het amper in hospitaal beland.
LikeLike
O vrek, ek lag so oor die nuwe naam, dat ek amper vergeet om askies oor die seer sonbrand te sê. Ek het ook net voor hospitaal gebrand by die see en een keer in die bosveld. Hard geleer my bleek vel wil nie donkerder skaekker nie! Lekker gelees en gelag, dankie Kameel.
LikeLiked by 2 people
Dan verstaan jy daardie sonbrand wat nie net seer is en dan vervel jy nie… nee, jy beland amper in hospitaal. Die liewe onskuldige Sanet het voorwaar gesorg vir lekker humor in ons lewe. 😄
LikeLike
Terugklingel: Vurige onthou – Lekkervurigeaffêre
Terugklingel: Maandag=Wasdag 5: Draadloos – Kreukels en plooie
Hoe goed onthou ek nie daardie bitter seer nie. My groot brand was bt Pearlt beach. Koue koors gehad en as die hoendervel vorm op daai seer vel was baie pynlik.
LikeLiked by 1 person
Lekker laf om ‘n mens so te verniel… gelukkig kom wysheid met ouderdom. 🤔
LikeLike