Kameel – Wat ek sien en hoor

Scrapy se Maandaģ = wasdag Uitdaging 36

Laasnag het ek lê en luister na die donderweer en gewonder of dit vandag ‘n reënerige dag gaan wees. Dinsdag is wasdag vir my, en nat weer en nat wasgoed werk nie lekker saam in die Voëlnes nie. Die son het egter breed geglimlag toe ek vanoggend die gordyne oopmaak, en die wind het speels gewaai. Marlé se huishulp kom maak Dinsdagoggende die Voëlnes skoon… dus hoor ek haar werfskaf, en sien haar so nou en dan in haar rooi oorjas beweeg. Ken het sy “pappa se hempie” aangetrek en in die groothuis gaan sit en lees. Die hempie storie is ‘n grap tussen my en hom. Ken loop in die somer kaal bolyf in die Voëlnes rond. Op ‘n dag vergeet hy om sy hemp aan te trek en stap groothuis toe. “Het pappa nie ‘n hempie nie,?” vra Marlé hom, en van daardie dag af word sy hemde so genoem. Die wasgoed is amper klaar gewas, en hang nou hier op die dek. Met my heen en weer geskarrel tussen die groothuis se waskamer en die Voëlnes  se dek lê die rottweiler nogsteeds voor Ryno se kamervenster. Hy begin eers lewe wanneer Ryno van die skool af kom. Beide is ewe lawaaierig, en Brutus stap sommer ongenooid die Voëlnes binne om tv te kyk. Die bure se seuntjie begin ook in die middae sy bal teen die muur skop. As hy so bly oefen gaan hy ‘n wêreldbekende sokkerspeler word. Die bure agter ons is stil. waaroor ek dankbaar is want die buurman het ‘n stem wat baie vêr trek. Hy is op oomblik by huis, en so nou en dan weergalm sy stem deur die lug. Heel duidelik vlieg die vliegtuie weer; die tweede een is so pas oor die huis met ‘n hewige lawaai. Gelukkig maak dit nie die voëltjies stil nie… hulle kwetter lustig voort. Ken en die groothuis se swart poedel het nounet hier ingeloop gekom. Ken met vier snye witbrood waarmee hy roosterbrood gaan maak, en yogurt wat Marlé vir my gestuur het om te eet. Die wind waai nou sterker, ek lief die geluid van die geritsel deur die blare… en dit lyk asof dit begin toetrek. Ek wonder waar is die twee duiwe wat altyd op die groothuis se dak sit? Hulle is al ‘n instelling soos die haan op die kerktoring.

Mooi loop!!!

16 gedagtes oor “Kameel – Wat ek sien en hoor

    1. Dit het Hester… die weer het mooi saamgespeel. Die wasgoed is droog en weggepak. Die buurman was nie te lawaaierig nie…. en Ryno en sy hond is sovêr tjoepstil. Die sokkerspelertjie sal seker netnou begin bal skop..maar ek kla nie.

      Liked by 1 person

  1. Dis te lekker om so alles saam met jou te kan hoor en sien. So het ons elkeen tog elke dag iets om te sien en te hoor. Bly die wasgoed het droog geword voordat die reëntjie weer geval het. Daardie hempie storie is ook sommer n lekker toevoeging. Maagies vol en wasgoed skoon, wat wil mens meer hê? Baie dankie vir die lekker vertel, waardeer dit baie dat jy so getrou skryf.

    Liked by 1 person

    1. Mens leef mos maar so half onbewus van die dinge om ‘n mens… of eerder die gewoonte laat jou nie meer rêgtig inneem nie. Gôed om vir ‘n slag te kyk en luister. Daardie rottweiler lê amper die sitkamer vol wanneer hy tv kom kyk. Hy leef hom so in en dis kostelik om hom dop te hou. ❤

      Like

      1. Daar het jy dit nou, hy verskaf aan jou vele plesier net om hom ook dop te hou terwyl daar TV gekyk word. Ek behoort aan n Schnauzer FB groep en verkyk my aan die honde se mannewalise. Ek sit net nie die klank aan nie want as dit aan is wil Trompie op my skoot klim om te kyk wat aangaan. Hy kyk maar dan kyk hy by die venster uit wat hom meer interesseer met mense en honde wat verby loop.

        Like

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag: Teen+/op my yskas – Kreukels en plooie

Gesels met my ...