Kameel – My yskas

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No. 37

Die voorkant van my yskas was altyd die plek waar ek in mooi magnetiese rame ‘n foto van elke kleinkind gehad het. Met tyd het gedrukte fotos uitgesterf, en dit het al moeiliker geraak om “up to date” te bly met die vinnig groeiende kleinkinders. Op ‘n dag het ek al die fotos afgehaal, en die rame wat gewys het dat hulle dae ook verby is, in die asblik gegooi.

Kenneth het getrou en ek het ‘n paar fotos in die hande gekry. Die een van my en Ken het ek teen die yskas vasgeplak, en ‘n magneet wat Chanté my gegee het langsaan geplaas. Dit lees “Don’t try to understand me, just love me.” Jare later het Kenneth en sy vrou ouers geword van ‘n pragtige krulkop seuntjie. Sy kleuterskoolfoto het ook ‘n plek op die yskas gekry. Die magneet met ‘n geestelike boodskap op was ‘n geskenk.

Dieselfde krulkop se babafoto pryk groot aan die linkerkant van die yskas. Dit was ‘n almanak waarvan ek die onderste deel afgesny het. ‘n Klompie magnete hou die foto in plek. Ken het al geskimp dat ek dit nou maar kan afhaal…. maar ek gee dit nog bietjie tyd. Die papier waarop dit gedruk is sal wel een of ander tyd meegee.

Aan die regterkant van die yskas is ‘n baie kosbare stukkie kunswerk van Joshua uit sy kleuterskooldae. Dit het sy handafduk op. Hy gaan volgende jaar hoërskool toe; dus hang die “kunswerk” al meer as sewe jaar daar.

Dan hang daar nie op die yskas nie, maar net langsaan teen die muur ‘n sleutelhouer wat vir my kosbaarder is as enige skildery wat ek het. Ruan (my hart se punt kleinseun) het dit in graad 1 geteken, en hy is nou besig met sy graad 12 eksamens. Vir twaalf jaar hang die sleutelhouer met sy tekening van my en Ken in die huisie, met hom wat in die tuin speel daar, en ek hoop dat dit daar sal bly hang tot die dag wat ek my oë finaal toemaak.

Mooi loop!!!

13 gedagtes oor “Kameel – My yskas

    1. Dit is so kosbaar. Ek het my kinders se briefies en tekeninge in ‘n kunsboek geplak. Al hulle sêgoed het ek ook neergeskryf. Die kleinkinders se briefies en tekeninge is in ‘n boks gebêre.

      Like

  1. Dis alles werklik baie spesiaal. Ek het Bertus se kunswerke ook alles gebêre en saam hierheen gebring. Eendag is eendag dan gaan ek die bondel uithaal en bietjie terugleef. Hy het altyd met moedersdag, verjaarsdae tekeninge gemaak en gegee. Het selfs nog sy skool skrifte. Hy sal my seker skerp aanspreek as hy dit weet. Ek het ook lank fotos teen yskas gehad. Eintlik moet jy n stukkie skryf by jou sleutelringhouer. Later sal dit nog betekenis gee vir jou kinders ook. Hul gaan op n plek kom waar hul gaan belangstel in wat in verlede gebeur het.

    Liked by 1 person

    1. Dis lekker om so nou en dan deur ou goed te gaan en te onthou. Ek het die babakleertjies waarmee hulle van hospitaal af gekom het gebêre, asook hulle graad 1 en 2 rapporte. Dié het ek elkeen gegee wanneer hulle huis verlaat. Maar sentimenteel ek.

      Like

      1. Selfde met my. Ek het darem Bertus se babatruitjies wat nie blou is nie vir Bea gegee min wetende dat daar nog enetjie gaan kom. Ek sien Stella gebruik darem Bertus se kombersies vir Amelia nou. My swaer het twee truitjies gehekel n bloue en n pienke want daardie tyd het ons nie gesonar nie. Ek kon toe pienke vir Bea gee.

        Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon. – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s