Kameel – Die kind

Scrapy se Maandag = wasdag Uitdaging. NO 35

In een van my klassieke boeke het ek gelees van die ou dame wat so trots daarop was dat sy die huidige koning en haar seun, as kinders ‘n pakslae gegee het omdat hulle ongehoorsaam was. “I am the woman who spanked te king.” Nou wonder ek of ek ook so trots daarop gaan wees dat ek die wêreldberoemde golfspeler (……) ook as kind ‘n pakslae gegee het? Nou kyk die mannetjie is nog nie daar nie, maar hy is besig om die leer na sukses te klim. Hy het sopas die Portugese Junior Kamioenskappe gewen. Hy is my neef se kleinseun, en die stil kind was die twee seuntjies se Au Pair. Ek het daardie jare baie met hulle te doen gekry want ek was die familie se fotograaf. Elke okkasie was ‘n groot feestelike geleentheid wat my omtrent kamera in die hand op die groot gronde van hulle luukse huis laat rondhardloop het. Ek het ook redelik baie saam met die stil kind gegaan wanneer sy die twee seuntjies op uitstappies geneem het.  So bevind ons, ons een oggend by Life Style; ‘n Groot kwekery met ‘n teetuin en vermaak vir kinders. Die uitstappie is van die begin af ‘n kopseer want die toekomstige golfspelertjie gooi tantrums om elke hoek en draai. Uitgeput sak ons later by die teetuin neer en bestel iets om te eet. Die mannetjie maak dit vir die stil kind onmoontlik om te sit, en ek bied aan om hom vir ‘n stappie te neem sodat sy kan eet. Kinders hou mos van waentjies dus sit ek hom bo-op een van daardie waentjies waarmee hulle die plante karwei, en begin hom stoot. Nie eers hierdie “free ride” laat hom bedaar nie, maar hy lê daar en skop en slaan en skreeu asof die wêreld vergaan. Nou kyk net daar tel ek hom op, trek die driejarige seuntjie oor my skoot en gee hom drie houe op die boud. Hy het ‘n doek aan dus voel hy niks maar daardie mannetjie bly dadelik stil en sit tjoepstil terwyl ek hom terugstoot teetuin toe. Die stil kind het die drama gesien en is heel ontstoke. “Hy het dit bitter nodig gehad,” troos ek haar, “nou kan hy en ons die dag verder geniet.” Wat ons toe ook gedoen het. Sonder enige verdere toeval het die twee seuntjies op die treintjie gery, in die speelpark gespeel en doodmoeg oppad terug huistoe aan die slaap geraak.

Mooi loop!!!

25 gedagtes oor “Kameel – Die kind

  1. Ek het ‘n sielkundige gehoor praat wat sê, jy moenie ‘n kind met vloermoer slaan nie. Gaan lê langs hom en gaan net so tekere soos hy. Dan sal hy skaam word, ophou en nooit weer doen nie.

    Ek was effens verstom. Sien ek myself op die vloer in die winkel, wriemelend en skreeuend?

    Liked by 2 people

  2. Lekker paar warm klappe maak nie regtig seer nie. Daardie geluid maak dat die tantrum sommer stilbly om te luister vir die volgende klap. Dis goed om hul kort te vat en jy het op die regte oomblik die regstelling gemaak. Nou smile ek sommer as ek terug dink aan Bea wat een middag by die kleuterskool net sit en skreeu-huil. Hou net nie op nie! Laat haar op my skoot sit en sy bly steeds skreeu. Toe doen Ouma dieselfde skree as wat sy doen. Stop tjoepstil, kyk my met betraande oë aan asof ek nou mal is. Haar lekker uitgevang. Sy’t toe opgehou maar toe ons buite kom begin sy weer skree. Sê vir haar Bye ek los jou net hier. Eintlik wou sy nie haar skoene aantrek nie. wou nie verder kaalvoet loop. Pa tel mos altyd op. Ek doen dit nie. Sy het op haar eie geloop. Hul toets ook maar. Lekker gelag vir jou toekomsige golfspeler met sy tantrums.

    Liked by 1 person

    1. Kyk Scrapy ek het my beurt met kinders gehad. Hulle toets jou geduld omtrent, en nou wil ek my kleinkinders net geniet… as hulle onhebbelik raak moet die ouers of tanmies en ooms inspring.

      Like

  3. Terugklingel: Maandag=Wasdag 36: Hoor en sien. – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s