Kameel – Bou

Scrapy se Maandag-Wasdag uitdaging. Bou

Geleen by Pinterest

Scrapy vra wat sal ek bou as ek kon. Wat ‘n heerlike vraag…. en daar is net een antwoord. ‘n Robotmannetjie. Kom ek noem hom sommer Andy want hy gaan my “handy man” wees. Het ek nou van ontbyt gehou sou hy my vroegdag wakkergemaak het met ‘n heerlike ontbyt in die bed… en dan natuurlik die skottelgoed ook gewas het. Die Voëlnes sou altyd blinkskoon en NETJIES gewees het. Skoon ruite sonder enige strepe sal UITEINDELIK my hart verbly. Andy sou dadelik sien as iets skeef staan en dit regskuif. Uiteindelik sal my bedopmaakdae verby wees. Dinsdae sou hy tussen die groothuis en Voëlnes draf met bondels wasgoed wat gewas moet word. Dit sal netjies op die waslyn opgehang word en nie op die dek nie… want Andy sal kan buk en opstaan en opkyk waslyn toe sonder om om te val. En dan om alles te kroon sal Andy kan stryk. Nie sommer so woerts warts nie… nee, elke kledingstuk sal perfek en kreukelloos in die kas hang. Hy sal gereeld die kaste uitpak, skoonmaak en alles weer netjies terugpak. EN Andy kan kleremaak!!! Broeke, bloese en hemde pas perfek. Andy is ‘n uitstekende kok, en hy dis vir ons die heerlikste geregte op met kruideniersware wat hyself gaan koop het. Andy sal die onkruid in die tuin onder beheer hou, en op die uitkyk wees vir peste en plae. Geen halfgevrete blare in die tuin meer nie. Nee, als lowergroen en gesond.

Mooi loop

29 gedagtes oor “Kameel – Bou

  1. Waarheen stuur ek my geld …sal jy asseblief ‘n kragopwekker ook in my andy inbou en ‘n prop vir my kindle dan kan hy vir my lees ook. Die Eishkom sê al van 07h00 “sorry for de lights out..” Andy Waterval sou nou handig gewees het. Liefdegroete so.op die bewolkte wasdag, Kameel.💝

    Liked by 1 person

    1. Ek het ook aan voorlesing gedink…. toe dog ek “Luiaard kyk na die miere!! LOL Die kragopwekker is ‘n bakgat idee. Die bewolkte wasdag het toe in ‘n sonnige dag verander. Geen wolkie meer in die lug nie. Sal Andy Waterval stuur sodra hy klaar is 😁😁😁😁

      Like

  2. O my genade! Dis te dierbaar, jy gaan sommer aan baie mense werk gee as jy jou fabriek oopmaak. Ek het genoeg vir my seun gehelp om sy elektroniese dinge te maak. Hy kan nou gratis vir ons die binnegoed van al die Andys uitsorteer. Kameel nou het jy die wonderlikste “hulp” geskep. Geen skoonmaak plekke wat oorgeslaap word nie, geen verbrande klere of gebreekte skottelgoed nie. ‘n Heerlike rustige lewe vir ons huisvroue! Puik en dankie vir die lekker skryf.

    Liked by 1 person

    1. Dis wonderlik dat jou seun ons met die elektroniese kant gaan help!!! Andy gaan definitief ‘n treffer onder die huisvrouens wees!!! Ek wou eers bietjie aan sy looks werk… maar hou van sy eenvoud. Hou nie van dié wat soos monsters uit ‘n riller lyk nie.

      Like

    1. Die bestellings stroom in Woordnoot… so ek beter voor my kleinseun se tekenbord gaan staan en begin ontwerp. Wonder of hy my sal help want dis heeltemal in sy lyn. Wanneer ek biljoenêr is dal ek jou vir ‘n lekker oorsese vakansie stuur ok?

      Like

      1. Het jy jou hart op Skotland verloor Woordnoot? Ek sal mos nie rus as ek nie weet jy het ‘n dak oor jou kop, kos in jou maag en ‘n warm bed om in te slaap nie.

        Like

  3. Terugklingel: Maandag=Wasdag 30: ‘n Boer maak ‘n plan – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s