Kameel – ‘n Boer maak ‘n plan

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging.

Voordat Covid nog sy kop uitgesteek het, het my huishulp siek geword en konnie meer werk nie. Sonder haar is dit vir my onmoontlik om wasgoed op die lyn te hang. Twee keer se buk en twee keer se opkyk waslyn toe en die kanse dat ek op my rug beland is goed. Die enigste uitweg was om die wasgoed oor die dekreling, en stoele te hang. Wanneer die wind sterk begin waai het, het dit die kleiner items afgewaai…. dus moes daar ‘n plan gemaak word. “Kan jy nie vir my ‘n lyn van een punt tot die ander punt span sodat ek die ligter goed kan vaspen nie?” vra ek vir Ken. Hy dink dis ‘n goeie idee en gaan soek lyn. Later kom roep hy my om te kyk. Ek was hoog in my skik met my nuwe waslyn. Die twee hortjie houtstoele het hy rugkant na mekaar gedraai en in die spasie tussen die stoele vyf lyne gespan. Dit staan eenkant op die dek en werk soos ‘n bom. My eie waslyn!!! Sy ander idee werk net so goed. Die stoepsambreel wat aan die muur vas is word weggetrek en hemde en baadjies op hangers word daaraan gehaak. Ken is nouwel nie ‘n boer nie… maar sy boereplanne werk uitstekend.

Mooi loop!!!

18 gedagtes oor “Kameel – ‘n Boer maak ‘n plan

    1. Dit werk vir my so lekker. Nie meer nodig om vanaf groothuis tot agter die Voëlnes waslyn toe te stap nie. Sommer net hier by die deur. Laat my bietjie dink aan Italianers wat waslyne by hulle venster oor die straat het. Hoe hulle dit daar doer in die lug ophang verstaan ek natuurlik nie.

      Like

  1. Ek is sommer jaloers op jou wasgoedlyne. Ons trek op die oomblik aan uit die tuimeldroër en ek haat dit. Selfs getuimeldroog hang ons die handdoeke oor die balkonreling op en die kleiner wasgoed aan ‘n opvoubare droogra, maar alles ruik muf, maak nie saak hoe dit drooggemaak word nie – sonlig en wind, dis wat ons moet hê.

    Liked by 1 person

    1. Ek dink ek verstaan jou frustasie met die nattigheid. Ons wou graag in die Kaap gaan aftree… maar vir Ken gesê ek sal absoluut in depressie verval as dit dae aanmekaar reën. Nie lief vir nat trietsige dae nie.

      Like

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto. – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s