Scrapy se Maandag=Wasdag uitdaging.
Angsbevange lê ek en luister na die vreemde geluide in die huis. Bewend skakel ek die lig aan. “Come what may,” ek sal my Superman klere moet aantrek, en gaan kyk wat gaan aan. Droom, die droom ek nie, iemand loop in die huis rond. Eienaardig dat dit juis vanaand moet gebeur met dié dat ek alleen hier is. Familie!!! waar is hulle wanneer jy hulle nodig het? Geluidloos glip ek uit die bed en trek my japon aan. Hasepad kies in my nagrok sien ek nie voor kans nie. Iewers klink ‘n harde slag op wat my na asem laat snak. Jammerlik aan die huil gaan kan ek nie nou nie. Kragteloos voortgaan is my enigste opsie. Luistervink speel by die deur bring my niks nader aan die waarheid nie. Met ‘n hart wat bokspring maak ek die deur op ‘n skrefie oop. Niemand in sig nie. Op die bank sien ek ‘n beweging. Pens en pootjies lê die yslike rottweiler daar in die maanlig en vreet. “Quinton…. hoe het jy in die huis gekom? vra ek en stap nader. Radeloosheid neem van my besit toe ek sien waaraan hy so heerlik smul. Skaapstert wat ek gisteraand gaargemaak het om vandag op te dis. Tandekners gaan nie help nie. Uit ‘n ander hoek daarna kyk bring vrede. Veel eerder ‘n hond wat vleis steel as ‘n nagtelike besoeker met duister motiewe. Wonderlik die verandering wat meteens oor my kom, en die lag in my binneste wakker maak. XXX blaas ek soentjies vir die hond. Ywerig gaan klim ek in die bed. Droomland wag ZZZ.
Mooi loop!!!
Dis nou baie oulik geskryf, Kameel.🌺
LikeLiked by 1 person
Dankie Una. Dis nou wat gebeur as jy drieuur in die oggend wakker word en slaap ontwyk jou… jy dink woorde uit. 😂😂😂 So lekker om van jou te hoor. Dink aan jou skoolgee en vertrou dit gaan bakgat.
LikeLike
Dit is besig, maar gaan baie goed, Kameeltjie.
LikeLiked by 1 person
Oulike storie, bleri hond….maar eder hond as booswig😄
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook 😊
LikeLike
Vindingryke insomniak, jy ❤
LikeLiked by 1 person
Moet my brein werk gee…. anders bedink hy twak. 😊
LikeLiked by 1 person
scrapy se uitdaging? waar is dit genoem? sal graag daarna wil kyk
LikeLike
https://kreukels.home.blog/
Dis haar Afrikaanse blog. Die nuutste inskrywing is die uitdaging.
LikeLike
Kostelik Kameel….ek sien al hoe tower jy die oortreder se gesig op….🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot. Groot geskrik jong 😊 Jy ok? Was laasnag op my gedagtes.
LikeLike
Hi….dankie dat jy aan my dink. Gaan eintlik goed. My internet is by die werk opgekoffie en my data is skraal daarom is ek so non existing…..hopelik kan ons vandag als sort ❤❤
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nou ba8e geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Beter as skape tel wanneer die slaap jou ontwyk. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam met jou. Lekker om by jou te kuier.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer. Mooi dag daar in die vreemde.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Kameel, die vreemde raak al hoe bekender hier, maar ons het nog nie naastenby gesien wat hier te siene is nie. Mooi dag vir jou.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan. Ek is ook nou wakker soos ‘n spook. In die middel van die nag.
LikeLiked by 1 person
Dan kan jy mooi stories uitdink. Maar ek is seker nes ek, sou jy slaap verkies.
LikeLiked by 1 person
Ek doen, erg. My man het nuwe ding, word in die nag wakker dan speel hy games op sy foon. Dan word ek wakker en kan ek nie weer slaap nie. Voel dus die hele tyd moeg.
LikeLiked by 1 person
Het ook ‘n man wat in nagtelike ure rondloop. Om tot drie uur die oggend te slaap is vir hom genoeg.
LikeLiked by 1 person
Kameel, ek dink ek sal sowaar in ander kamer gaan slaap om deur te slaap. Dit is amper soos baba in die huis.
LikeLiked by 1 person
En ons het gedink ons babagrootmaak dae is op einde. 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ons was lekker verkeerd.
LikeLiked by 1 person
So ‘n b…. hond. Baie dankie dat jy weer ingespring het en saam geskryf het. Dis ‘n baie mooi beskrywende stuk ondervinding. Hoop jy kry darem slaap ook ingeruim op jy lysie van dinge doen. Hope liefde vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy. Was lekker om weer aan jou uitdaging deel te neem. Ons verkluim hier… hoop julle het sonniger weer. Gister ons eerste reën gehad…. vroeg maar baie welkom.
LikeLike
Nee jong hier sneeu dit weer. Mens kannie meer wen met die weer nie. Ding is daardie Suide wind wat van Anarktika af hierheen waai vries alles. Goed om te hoor van die reën. Dis darem n begin. Hoop net dit is n beter reënjaar vir julle.
LikeLiked by 1 person
Die meester storieverteller in ABC aksie – oulik en kostelik soos altyd Kameel!
LikeLiked by 1 person
Dankie Erna. Goed gewees vir my onaktiewe brein.
LikeLike
✏📚👍🏆
LikeLike
Fantasties Kameel. Jou brein werk goed in die middel van die nag.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Bly hy werk nog!!!
LikeLike