Christa se uitdaging.
Die hekkie kraak toe ek hom oopstoot. Sjoe, die spekboomheining het omtrent handuit geruk in die tyd wat ons weg was… so ook die rankroos voor die stoep. Geluk, my swart kat uit my kleindogtertjiedae sit op die trappies en wag my in. Ek tel haar op; so het sy altyd by die hek gesit en wag dat ek van die skool af kom. Ek vee ‘n lastige traan van my wang af, en sluit die voordeur oop. Eers ‘n koppie rooibos tee en dan kan ek begin inpak. Deur die kombuisvenster sien ek Blommetjie die koei…. en verbeel ek my of is daar ‘n kalfie by haar. Sowaar… Blommetjie het ma geword vandat ek haar laas gesien het. Die yskas lewer soos gewoonlik niks op nie. By Seegogga se ontbyt sal daar seker baie te ete wees… maar ek wil eers hier klaarmaak voordat ek gaan groet.
In die kamer haal ek my tas uit die kas en begin my klere inpak. Verbeel ek my of is daar ‘n klop aan die voordeur. Almal behoort by Seegogga te wees. Ek stap voordeur toe en steek verbaas vas toe ek Lorenzo in die deuropening sien staan. Dan neem ‘n groot blydskap van my besit. Ek het so gehoop om hom te sien voordat ons paaie skei. Ek wil hom vertel hoe dankbaar ek is oor sy bystand aan die Towerinne deur al ons waaghalsige avonture. “So glad to see you Lorenzo, come in!!” Hy hou ‘n boek na my toe uit… “I bring you a gift.” Dis ‘n pragtig geillustreerde kookboek met Italiaanse geregte. Dié boek wat hy spesiaal vir die Towerinne geskryf het met al sy gunsteling resepte in. Ek is so aangedaan dat ek nie weet of ek moet lag of huil nie. “Lorenzo….,” my stem breek en dan begin die trane vloei. Hy haal ‘n sakdoek uit sy sak en gee dit vir my. “Don’t cry Camel, I want all the toferine to be happy… and to remember all good times.” Hy sluk hard aan die knop in sy keel, en vir ‘n rukkie kyk ons net na mekaar, emosies te hoog vir woorde. “Would you like a cup of coffee?” Hy skud sy kop “ja,” en saam stap ons kombuis toe. Dit is duidelik dat hy nog iets op die hart het. Beker in die hand proe-proe hy aan die koffie, en sit dan die beker op die tafel neer. “Camel, I am going back to Italy.” Dit kom nie as ‘n skok nie; ek het geweet hy sou een of ander tyd teruggaan na sy geboorteland en familie toe. Maar sy volgende woorde ruk my amper onderstebo. “Camilla is coming wiff me.” Ek staar hom aan. “For a holiday?” vra ek. “I luf her Camel…. I want to merry her.” “Lorenzo NO she…. she will break your heart!!” Die woorde stort warm oor my lippe. Hy gee daardie skewe glimlag van hom. “I make her happy, she will luf villa and Lake Como and….” “Lake Como and a villa!! Lorenzo what are you talking about?” onderbreek ek hom. Daar om my kombuistafel moet ek hoor dat Camilla dit wat my hart begeer, op ‘n skinkbord aangebied word. Lorenzo besit ‘n villa by Lake Como. Op soek na avontuur het hy Suid Afrika toe gekom, en die Towerinne raakgeloop wat vir genoeg avontuur gesorg het om hom ‘n leeftyd te hou. Hier het hy ook sy hart verloor op Camilla. Hy het haar gevra om te trou, en sy het ja gesê. Sy wou my bel maar Lorenzo wou my persoonlik kom vertel. Die troue sal by Lake Como plaasvind… en hy sal bly wees as al die Towerinne dit kan bywoon.
Klaar gepak groet ek Geluk. “Ek kan jou nie saamvat nie, jy hoort op Rebusfontein. Ek gaan terug na die werklike lewe toe, en daar is ‘n groot rottweiler wat katte haat. Miskien sien ek jou weer eendag wanneer dinge in daardie ander wêreld uitsgesorteer is, en Rebusfontein te hard roep.”
‘n Rukkie later stap ek straat af na Seegogga se huisie toe. Van vêr af hoor ek die gelag. “Ja nee, die Towerinne is weer vol lewe.
Mooi loop!!
https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3
Ai, Kameel, ek gaan jou baie mis.
LikeLiked by 1 person
Dan weer, tot siens beteken darem dat daar ‘n weersiens is. Mooi loop.
LikeLiked by 1 person
Ja daar mag ‘n weersiens wees… intussen lees ons mekaar raak op blogs. Ek probeer jou link soos jy gevra het maar sukkel.
LikeLiked by 1 person
Laat ek kyk of ek kan help?
LikeLike
Hier is die skakel as jy hom wil plak? https://kameel179438031.wordpress.com/2020/07/26/kameel-om-totsiens-te-se/
LikeLike
O Kameel! Ons is baie bly Lorenzo en Camilla gaan trou. Maar ai, ons gaan julle al 3 sooo mis! Gaan julle darem partykeer kom kuier? En mag ons na die troue toe gaan? Sal jy ons laat weet? Kameel ons is baie lief vir jou!
LikeLiked by 1 person
Natuurlik moet julle troue toe gaan. Julle sal persoonlike uitnodigings kry. Mens kannie ‘n geleentheid lake Como toe last verby gaan nie!!! Ek is lief vir julle ook… en sal kyk wat vang julle aan.
LikeLiked by 1 person
Ai Kameel, soek ons nie almal daai Italianers met die villa by die lake wat ons sal wegneem uit die sleur van die daaglikse lewe nie? Ek is darem bly Lorenzo en Camilla het mekaar gevind. Mooi loop.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Jip, as mens maar net in droomland kan bly…. nou staar die werklikheid jou in die oë, en dit is alles behalwe lake Como. ❤
LikeLiked by 1 person
Kaneel. 😪 My buurvrou. Ek sal gereeld na jou huisie gaan en kyk dat alles in orde bly vir wanneer jy wil terugkom. ❤️
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Toorts. As jy vir Geluk ook nou en dan aandag sal gee sal ek bly wees. Blommetjie behoort nou lekker vars melk te gee… as jy koei kan melk. Ek sal inloer hier by julle om te kyk wat vang julle aan. ❤
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is Harties naby Pretoria, en kan ek enige tyd oorkom en kom inloer.
LikeLiked by 1 person
Jy is meer dan welkom Unatjie ❤
LikeLike
Ai, Kameel, ek weet nou nog nie mooi wat ons getref het nie…
LikeLiked by 1 person
Ek ook nie Frannie…. nes soos die corona virus het dit tjoef tjaf ons lewens omvêt gegooi….. en dinge soos dit was is mie meer nie. Nooit gedink ‘n virus sou die wêreld tot stilstand kon bring nie…. en ook nie gedink vriendskapsbande wat blyk so sterk te gestaan het, kan oornag net verbrokkel nie. Mooi dag daar vir jou oor die blou waters. ❤
LikeLiked by 1 person
Skuus Kameel, dat jy nie meer deel is nie maar ons sal mekaar darem nog op ander plekke raaklees…..intussen vat elkeen ‘n diep asemteug en wag…wonderwerke gebeur tog nog.
LikeLiked by 1 person
Dis iets baie kosbaar wat uitmekaar geval het. Ek het tyd nodig. Wie weet miskien groei daar iets mooi uit die seer. ❤
LikeLike
Voel ook so…
LikeLike
Netsoos ek jou leer ken het, Kameeltjie…altyd waardig en sonder opgesmuktheid. Camilla was een van my gunsteling karakters en ek is so bly sy en Lorenzo het liefde gevind.
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie ❤ Camilla gaan nou op my gunsteling plek bly.
LikeLiked by 1 person
Sy verdien dit. Italië het die mooiste modes en skoene en sy kort regtig ‘n nuwe paar stilettos. Hare is al voos gedra deur al ons avonture.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂 Sy sal sooooo bly wees om dit te hoor. Miskien moet ek sê “Watch out Italy… Camilla is on her way!!!”
LikeLiked by 1 person
Rebus gaan nie dieselfde wees sonder Kameel nie. Camilla en Lorenzo ook, maar meestal Kameel. Ons gaan jou mis, maar tot siens beteken tot weersiens, so jou plek wag vir jou om terug te kom. En ons wag ook…
Tot weersiens
LikeLiked by 1 person
Dankie Positief. Wanneer die werklike lewe bietjie meer normaal raak sal ek sekerlik wegbreek Rebus toe.
LikeLiked by 1 person
Dis juis wanneer ons Rebus die nodigste het, wanneer die werklike lewe totaal onderstebo is
LikeLiked by 1 person
Lanklaas van jou gehoor, skryf weer iets asseblief?
LikeLike
Ek is opsoek na my muse 😊 Deur die jare omtrent my hart leeggeskryf. Sal sien of daar iets opduik waaroor ek kan skryf.
LikeLiked by 1 person
Daar is natuurlik ‘n fantasie storie … en ek dink ek gaan sukkel daarmee. Gaan jy saamskryf? Die Alice ene. Mis jou.
LikeLiked by 1 person
Ooo Christa nee. Niks persoonliks nie maar ek het my eie stryd vir maande met myself en fantasie gevoer… en het baie moeilik uitgetree. Kannie nou vir toekoms praat nie… maar vir eers is dit verby. Jy het goed geslryf so laat jou verbeelding vry en laat waai. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek sien nogal uit daarna, tyd om my weer in ander rigting te druk.
LikeLiked by 1 person