Scrapy se Maandag=Wasdag Uitdaging
Skoene nie my gunsteling onderwerp nie. Ek sou graag stilettos wou dra, maar skoenloos troon ek klaar – soos die toring van Babel – bokant almal uit; dus is dit net ‘n nodelose versugting na die onmoontlike. Ook het ek nie die kuite vir stilettos nie, en nog minder die tone om in daardie fyn skoene te pas. My krom tone is ook die rede hoekom ek nie sandale dra nie. Nie dat ek nie probeer het nie; maar nadat ‘n vrouebaas eendag gelag het dat die trane rol vir my krom tone wat lyk asof hulle my sandale vasknyp (volgens haar) het ek sandale vir uitgaan totsiens toegewuif. Die effense hakskoene wat ek nog vir uitgaan gedra het moes ek jare gelede afsê nadat die spesialis my duidelik laat verstaan het dat my voete plat op die aarde moet wees as ek van die pyn in my heup ontslae wil raak. Eers het ek gedink hy grap, maar met dié dat ek skaars aftraande begin stap dan begin my heup so pyn dat ek wil huil, besef ek hoe ‘n slim man hy is. So waar los dit my? Met toe plat skoene of ek nou die koningin gaan ontmoet of kerk toe gaan. Sela (dankie Erna)

Mooi loop!!!
Lana, ek dra ook net plat skoene. Daardie vrou wat vir jou tone gelag het, kort ‘n snotklap. Mens maak nie aanmerkings op iemand se liggaam nie!
Ek dra graag oop sandale, maar omdat ek sulke sweetvoete het, gly ek meestal rond in my skoene en sit agterna met blase. Ek kannie wen nie. Oulik geskryf!
LikeLiked by 5 people
Dankie Dina. Ag wat ek het maar saam haar gelag… want “let’s face it” my krom tone is iets om te aanskou. So het ons elkeen maar ons “issues” nê.
LikeLiked by 1 person
Ek dra opk net plat plat skoene. Gemak bo mode!
LikeLiked by 1 person
Ek voel al beter 😊 Maar ai seegogga ek sou darem net eenmaal met sulke stilettos wou loop. Dit is vir my soooooo mooi.
LikeLike
Ja daardie swart izs pragtig, masr ek sien joy in rooi! Dink asn jouself as n midel: how langer, hoe beter.
LikeLiked by 1 person
Jong ek dink ek sal van daardie hoogte myself stukkend val 😂😂😂😂 Sal maar verby hou… veral as ek nog my heup ook in ag moet neem.
LikeLike
O ja ai die heup! Skoon van hom vergeet. Dan moet Camilla maar kom kuier. Ons soek mooi stilletto’s om na te kyk!
LikeLiked by 1 person
Jip, ek maak maar op haar staat. Pragtige beeld wat ek van haar het 😊
LikeLiked by 1 person
Die dinge waarna ons harte verlang … by my is dit ook maar plat skoene. As ek nou stiletto’s moet aantrek, sal ek van ‘n groot hoogte af neerslaan soos ‘n os.
LikeLiked by 1 person
Laat jy my lag. Ek dink ook nie ek sou my balans op daardie skoene kon hou nie. Moet blikkies hard val as jy daar neerslaan. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek dra ook net plattes. Geskeurde ligament, planters facia en knie operasie en buitendien staan ek heeldag op my voete.
LikeLiked by 1 person
Dus geen stilettos vir jou nie. Julle laat my beter voel oor die plat skoene wat ek oral heen dra. Voel maar onaangetrek wanneer ek kerk toe gaan met my platannas 😂😂😂😂
LikeLike
ek het een paar voete en hulle moet nog die res van my lewe hou.
LikeLiked by 1 person
Jip, gemaklik voor mooi… veral as jy heeldag op jou voete is.
LikeLike
Ek dra ook net plattes en ek stem saam met Dina sy kort ‘n klap…
LikeLiked by 1 person
Jitte lyk my ek was heeltyd on die mode met my plat skoene en ek het dit nie eers geweet nie. Wat die klap.aanbetref… ek het so goed met haar oor die weg gekom, en sy het my so baie laat lag dat ek haar maar daardie een vergewe het.
LikeLike
Dan is dit goed so🥰
LikeLiked by 1 person
Nee wat, Kameeltjie, die fotos wat ons al van jou gesien het, wys ń baie elegante vrou, plat, deftige skoene en al.
LikeLiked by 1 person
Dankie Unatjie. So ek kan maar die stilettos in die hoek skop?
LikeLike
Defnitief, want nou-nou hel ons bo van hulle af.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂 Dis nou laggesiggies. Sien hoe gryp ons mekaar vir balans en daar lê ons. Weer ‘n blou hond episode!!!
LikeLike
Toemaar, Camilla het genoeg stiletto’s gedra vir julle albei. Die vrouebaas het vir my na ‘n nagmerrie geklink, maar ek sien jy praat mooi oor haar.
LikeLiked by 1 person
Jy is reg Frannie…. Camilla het opgemaak vir my jare se stilettoloosheid. Ja wat, Dawn (die baas) was ‘n “no nonsense” mens maar ons het goed klaargekom…. en ek het haar geniet. Ek was vyf maande swanger met Marlé toe ek eendag in haar kantoor soos ‘n os neerslaan (dankie Hester.) Sy spring amper oor haar lessenaar van skok… help my op en sê; “as daardie baba môre nog in jou maag is klou sy soos k@k aan ‘n wolkombers. Sy kon dinge so reguit sê wat my laat lag het.
LikeLiked by 1 person
Ai Kameel dit was nou n lekker kuier hier in jou blog-blyplekkie. Wat skoene en voete nie alles aan ons kan doen nie. Ek het ook uitgevind dat skoene n groot rol speel om jou rugpyn op te los. Ek dra ook net plat skoene. Ook net spesiaal opgeboude skoene want my regtervoet en natuurlik dan ook my regterkantste lae rugpyn se pyn versag en selfs wegsmelt. Regtervoet se brug het gesak en moet gesteun word, wat weer my rug help om reguit te beweeg. Mense lag ook vir my tweede toon wat langer as my groottoon is.Baie dankie vir jou lekker saam gesels.
LikeLiked by 1 person
Dat ons nou so inkonk met die ouderdom saam. My man lag wanneer ek skoene aantrek en dan een halstarrige krom toon moet afdruk sodat hy in skoen kan ingaan. LEendag gaan ons volmaakte liggame hê… tot dan doen ons maar wat ons moet om hierdie een so gelukkig moontlik te hou.
LikeLike
Haha, netso.
LikeLiked by 1 person
Ag lag ek nou lekker vir die beskrywing. En word ek sommer vies. Jy moes jou nie aan haar gesteur het nie, sy was baie onprofessioneel. Tans is my voete ook plat op die aarde – al is ek heeltemal te kort daarvoor.
LikeLiked by 1 person
Dink jy kan stilettos dra en dit sal mooi lyk. Ag wat miskien was dit net ‘n goeie ding sy het my gesê… eerder dit as agteraf lag. 😊
LikeLiked by 1 person
Daai is ook waar, maar dit byt mense se selfvertroue.
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Maandag=Wasdag 27: Kamer – Kreukels en plooie