Kameel – tjoklits asseblief

le-jou-eier1-e1512926357627

Hester vra watse lekker happie hou ons altyd in die yskas aan. Wel ek het al voorheen geskryf dat my vyfjarige kleindogter my yskas staan en bekyk, en toe gesê het “ouma, your fridge is boring.” Na al die jare is hy nogsteeds “boring.” Kos is nie my voorliefde nie….tjoklits is. Hoe jammer ons kannie van tjoklits alleen lewe nie!!!

Van kleintyd af het my ma gesukkel dat ek my kos eet…maar soetgoed, en veral roomterte kon ek nie weerstaan nie. Ek het geweet dit roep ‘n galaanval maar dit het nie ‘n wag voor my oorywerige mond gesit nie. En toe ontdek ek kondensmelk en kakao gemeng, en dit werk nie my gal nie…hemels!!! Nooit besef kakao is verslawend nie. Wonder hoeveel sjokolade ek in my lewe verorber het…en hoeveel blikkies kondensmelk en kakao ek opgeeët het? Tot vandag toe hou ek kondensmelk en kakao in my huis aan, net vir ingeval die lus my pak, en Marlé bederf my elke maand met ‘n pak Quality Street sjokolade.

So lief soos ek vir enige ding is waarin kakao voorkom is dit eienaardig genoeg nie my keuse vir ‘n laaste gereg op aarde nie. Sou ek voor so ‘n keuse gestel word sal ek ‘n 2 liter Country Fresh Blueberry & Cheesecake roomys met smaak opeët, sonder om aan my galblaas te dink wat gaan protesteer.

Screenshot_2019-03-28-14-41-38-1

Soos julle kan aflei is kos definitief laag op my ranglys. Ek forseer myself om te eet want mens kannie van tjoklits alleen lewe nie.

Mooi loop!!!

 

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/f651aca5342f4bb9afec003e5aab6321

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

36 gedagtes oor “Kameel – tjoklits asseblief

    1. Ja, ek gooi so ‘n kwart koppie kondensmelk en dan begin ek teelepelsgewys kakao byvoeg na smaak. Roer dan goed deur. As jy nie alles op een slag kan eet nie bêre in yskas vir ‘n volgende lus wees vir ‘n soet happie. Geniet!!!

      Liked by 1 person

  1. Jy en my man het die roomys geur en al in gemeen – ek kry sjokolade cravings maar eintlik is ek ‘n sout mens… hoe meer spicy hoe lekkerder. Meditereens ook solank nje nie boerekos nie, dit sluit natuurlik skaapboud en gebakte aartappels uit en my oorlede skoonma se gebraaide pampoen-stukke.

    Liked by 1 person

    1. Ek sou nie omgee as ek my soettand vir een wat van kos hou kon verruil nie. Almal smul altyd so lekker om my aan hulle kos dan pik-pik ek net. So af en toe geniet ek ‘n stuk steak by ‘n restaurant maar dan kan ek vir maande sonder vleis gaan. O ja….ek is lief vir beesstert…maar dit eet ons byna nooit. Jou man het goeie smaak!!!

      Like

      1. Stywe pap met roereiers….nog nooit dit so geeët nie. Marlé maak krummelpap met mieliepitte en kondensmelk…dis lekker. Seker weer die kondensmelk wat die ding doen.

        Like

  2. Daai roomys is verleidelik, maar ek sal dit ruil vir Elanè se skoonma se skaapboud. Tjoklits eet ek soos wat ek bier drink – een of twee keer per jaar. Kondensmelk en kakao – oef. Nee! Ek sal maar ‘n bakkie kos moet saambring as ek by jou kom kuier Kameel. Maar wag, laat ek eers jou psige ontleed … ahem. Jy sal jou galblaas opsetlik skade aandoen om jou soettand te bevredig: dit klink na sadistiese selfkastyding. Ek ontdek geen selfliefde hier nie. Jy kort professionele hulp.

    Liked by 1 person

    1. Ag hemel Hester jy laat my lag. Nou word ons onder ‘n mikroskoop ontleed. Not to worry ek sal jou na ‘n restaurant toe vat wanneer jy kom kuier. So nou en dan is skaapboud heel lekker maar siende dat my pa by slagpale gewerk het, het ek met ‘n oordosis vleis grootgeword. Dit kom nou net by my op hoe geseënd ons was 😊

      Liked by 1 person

      1. Toemaar ek het Perdebytjie aan kondensmelk en kakao voorgestel, en aangemoedig om dit te probeer vir haar daaglikse soettand. Ons behoort ons koppe in skaamte te laat sak…maar dis beter as drank of dwelms 😊

        Like

    1. Probeer gerus…moet net nie my blameer as jy verslaaf raak nie. 😁😁😁 Moet erken dat ek nie meer die soetgoed kan inryg soos toe ek jonger was nie. Ek konnie ‘n dag sonder sjokolade gegaan het nie….nou word die “cravings” darem minder.

      Like

      1. Ha ha, probleem is met hoë bloeddruk en te veel gewig sukkel my hart en longe om ordentlik te werk! Moet maar bietjie dophou. Ek gaan 10 April dr sien om te hoor hoekom ek al neig om meer na links te wil loop. Dis ook my linkse voet wat al die gewig wil dra en dan wil-wil hy half sleepvoetend raak met tye. Dis erger vandat ek so lekker geval het.

        Liked by 1 person

      2. Nou sien ek myself aan die waslyn hang 😁😁😁 Nee die situasie is sleg en alles behalwe lekker. Die lewe het my al soveel curve balls gegooi…ek stap saam Jesus van dag tot dag.

        Like

Gesels met my ...