Kameel – Buksie

1977 -0156

Lank, lank gelede…

Ek is besig om wasgoed op te hang. Twee blondekop seuntjies, koppies dig teen mekaar sit ‘n entjie van my af op die sementpaadjie. Die karretjies waarmee hulle ‘n rukkie gelede gespeel het nou vergete. Vierjarige Kenneth is besig om vir driejarige Buksie van Jesus en die hemel te vertel. Ek glimlag innerlik vir die intense vertelling. Vandat ons tussen die mielielande ingetrek het, het Buksie – ons bure se seuntjie – Kenneth vir homself toegeeïn. ‘n Trek aan my rok laat my afkyk. Buksie staan daar ogies vraend op my gerig. “Is die hemel so mooi soos Kenneth sê?” vra hy. “Ooo baie, baie mooier as wat ons eers kan dink,” antwoord ek. Sy bruin ogies kyk hemelwaarts, en daar is erns en verlange in sy stem toe hy sê “Ek wens Jesus wil my kom haal.” (Ag Buks na al hierdie jare kan ek nie hieroor praat sonder trane nie.) Sy ma vertel hoe Buks na daardie oggend oor Jesus en die hemel bly praat het. Een oggend wou hy nie rus totdat sy ma saam met hom langs die bed gekniel het sodat hy sy hart aan Jesus kan gee nie. Kenneth het gesê dit is soos jy hemel toe gaan.

Kort hierna bly Buksie ‘n naweek by ons oor. Hy is lusteloos en wil net lê. Sy ouers neem hom dokter toe; ‘n mangeloperasie volg maar hy bly verswak, en na vele toetse word hy met leukemia gediagnoseer. Die pyn en lyding wat hierop gevolg het kan ek nie beskryf nie. Ek en ‘n buurvrou vorm ‘n nou ondersteuningsgroep vir sy gebroke ma, en met tyd is ons dan ook die enigste buitestaanders wat by haar toegelaat word.

Buksie was in remissie toe hy een middag sy kamer binnegaan en die deur toemaak. Toe hy uitkom sê hy vir sy ma hy het vir Jesus vir ‘n hond gevra soos Boomer op die tv, en hy gaan een kry. . Op daardie stadium het hy in die oggende kleuterskool toe gegaan vir interaksie met ander kinders. Kort daarna daag daar ‘n rondloper hond by die kleuterskool op en bly om Buksie draai. Die juffrou, moedeloos na ‘n paar dae se probeer om van die hond ontslae te raak bekla haar lot by Buks se ma, en sê Buks hou vol dit is sy hond. Boomer is daardie middag saam huistoe, en hy raak ‘n onafskeidbare deel van Buksie se lewe. Dit was heerlik om vanuit ons kombuisvenster te staan en kyk hoe die twee speel.

Op vyfjarige ouderdom word Buksie weer siek. Op ‘n stadium het die spesialis sy ouers aangeraai om alle behandeling te stop, hom huistoe te vat sodat hy in vrede kan sterf. Weereens het ek nie woorde vir die stryd wat hierna gevolg het nie. Vroeg een oggend sien ek sy ma met haar kop op haar arms by hulle voorhekkie staan. Haar rukkende skouers vertel vir my dis verby. Ek stap na haar toe. “Haar gesig is vertrek van pyn.” Deur haar trane sê sy “Kom kyk hoe mooi lyk hy….dit lyk asof hy slaap.” Stil stap ons die gang af. Met blou nagklere aan lê hy op sy bed. Engelmooi met sy blonde haartjies wat weer uitgegroei het. En aan die voetenend van die bed lê Boomer met sy kop tussen sy pote en tjank.

Advertisements

28 gedagtes oor “Kameel – Buksie

      1. Ja, hy was ‘n pragtige seuntjie. Nee woorde het mens nie….om almal so intens te sien ly en jou hande is gebind was baie moeilik. Aan die anderkant is ek dankbaar dat ek daar was vir sy ma, en die pad enduit met haar kon stap. Sy pa het alle mense en telefoonoproepe later verbied omdat party haar so ontstel het. Ag dit was ‘n vreeslike tyd!!!

        Liked by 1 person

  1. Dis rou seer Kameel. Ek kan nie dink hoe enige ouer deur so iets kom nie. Hoe ongelooflik wonderlik dat hy so klein is en soveel liefde ervaar in ons Pa en Hom so ken. Ek weet dit vat nie die seer weg nie, wel nie vir my nie

    Liked by 1 person

    1. Deur al die pyn en hartseer het ek God se hand so duidelik gesien. Sy ouers het nie weer kìnders gehad nie. Hulle het weggetrek en ons het kontak verloor. ‘n Paar jaar gelede het ons mans mekaar in Ellisras raakgeloop. Ek het Buks se ma gebel. Sy het ook kanker gekry en is daardeur. Haar woorde aan my was “Ek het gedog ek ken die Here, maar deur al hierdie pyn deur het ek besef ek het nooit in ‘n werklike verhouding met Hom gestaan nie. Nou ken ek Hom, Hy is my alles.”

      Like

      1. Hoender Lewis kry ek nou. Weet Jameel, ek get ‘n baie kort tydjie in Oncology gewerk, ek dink was van die beste tye in my werkslewe gewees, daar was green drama, green aansit, green demand. Dit was rou, regte emosies en mense so na aan die Vader, sommige het geweet en ander was nog op hulle roete om uit te vind. Powerful en blessed tyd vir my. Daai ‘let go and let God’ het eerste keer vir my sin gemaak. Ek is bly jy het weer kontak met haar🌻

        Liked by 1 person

  2. Kameeltjie, jy skryf so hartseer storie so mooi. Dis amasing hoe God so ‘n moeilike tyd troos kan bring deur ‘n hond. En hie iets so seer en moeilik so ‘n goeie einde kan hê. Dink net, nou het sy ‘n verhouding met God en gaan sy haar kind weer sien…

    Liked by 1 person

    1. God was so duidelik aan die werk hier. Kenneth was ‘n definitiewe instrument in die Here se hand daardie oggend om Buks se verlange na God en die hemel aan te wakker. Ek sien hom nou nog langs Buks se graf staan en afkyk nadat almal weggeloop het. Dat sy ma deur soveel pyn in ‘n dieper verhouding met God moes kom is onverstaanbaar, maar die wedersyns gaan definitief soet wees.

      Liked by 1 person

  3. Dis baie hartseer en tog ook wonderlik om die liefde van God te sien ook. n Vriendin van my se dogtertjie het ook nog voor sy skooltoe is gesterwe na die lange behandelings tydperk. Sy was so dapper en moedig gewees tot op die einde. Dis of sy haar ma meer ondersteun het as wat haar ma gedoen het. Dit breek n mens se hart om so saam te stap.

    Liked by 2 people

    1. Nie iets wat ‘n mens ooit vergeet nie. God se hand so duidelik gesien vanaf daardie oggend toe Kenneth vir Buks van Jesus vertel het, tot waar Boomer lê en tjank het. was x

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s