Kameel – Skete en kwale

le-jou-eier1-e1512926357627

Hierdie week gesels ons oor Boererate. Dankie Hester vir die uitdaging.

Om jou teen borskwale in die winter te beskerm het jy ‘n rooi flennielap met ‘n huisie knoffel onder jou klere gedra. Dit moes gehelp het want ek was tot in standerd vyf nie een dag ooit afwesig nie. My gestel was egter nie sterk nie en ek moes maandeliks in Johannesburg se middestad na ‘n kliniek toe gaan om ‘n houer met ‘n donker dik inhoud (die naam ontgaan my en sal bly wees as iemand kan help) te gaan haal wat ek lepelsgewys daagliks moes sluk. My pa het aan purgasie geglo en wanneer hy een keer per maand met die kasteroliebottel in jou kamerdeur verskyn het jy geweet vandag is jou, en jou “siblings” se hol vir die toilet dag. Vickspluisies vir oorpyn, en op ‘n naeltjie byt vir tandpyn. Samboksalf vir elke skraap of enige onsienlike pyn aan jou lyf. Koeksoda vir sooibrand of naarheid wanneer jy nie geluister het nie, en jou ooreet het aan al die roomterte by ‘n familiekuier. Engelsesout in jou badwater vir sonbrand. ‘n Nat handdoek met ys in oor jou maag vir kouekoors. Op die plaas was dit suurlemoensap aan skurwe rou velle…hê genade ouma!!!

Met my eie kinders het ek basies dieselfde raad gevolg, net genadiglik hulle van kop tot tone met room besmeer en die suurlemoensap vir vis gelos. Kamferroom is verslawend…vra vir Marlé. Pitsere is met ‘n warmgemaakte bottel uitgetrek…en het uit onkunde die arme kind verbrand. Brandewyn aan tandvleise smeer wanneer baba tandesny was skoonpa se raad. ‘n Gerasperde appel gelos tot hy bruin is vir naarheid werk goed. By ‘n vriend wat by dood omgedraai het, het ek die raad gekry om elke dag wortelsap te drink om my gestel op te bou. Ek het dit getrou gedoen, en word toe goudgeel. Die beste raad vir my maag wat net geen medikasie wou vat sonder om aan die pyn te gaan nie het ek by my pa gekry. ‘n Blik kondensmelk en ‘n bottel Turlington gemeng; ‘n lepelvol op nugter maag en voila!!! Dis nie net goed vir maagsere nie, maar trek snyplekke in ‘n japtrap toe. By ‘n ander vriend wat groot probleme met sooibrand gehad het, het ek die raad gekry. Eet drie of meer piesangs per dag, en kort voor lank is sooibrand iets van die verlede. Ek drink halwe teelepel kaneel opgelos in melk vir bloedverdunning. Sou eerder asperien wou drink maar my liggaam weier volstrek.

Hoop julle is almal spekvet en gesond en het geen nut vir die boererate nie!!!

Ons InLinkz-skakel vir hierdie week se uitdaging: https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Advertisements

33 gedagtes oor “Kameel – Skete en kwale

      1. Laat ek jou nou n bondel geheim vertel…. ek sluk bitter swaar aan enige stroperige drink meds,veral as dit dik en snotterig is. So, nee al is daar kondensmelk in, wat my all time swak is, daai meds sal nie afgaan maag toe nie. As jy my nou wil sien braak, gee my sulke goed. Selfs hoesstroop gaan nie af nie. Is skoon kondensmelk nie dalk goed vir iets anders behalwe dik raak…??

        Liked by 2 people

  1. Ken paar van daai en ek moes so molasses eet wat ook so in donker houer was- kan tot vandag nog nie dadel in my lyf kry nie want kry daai reuk. En stem met Bondelsgedagtes saam, ek trek so krom rug soos kat wat hond sien oor stroop goed🤢🤢. Wat ek onthou is my ma het vir ons Aspro gegee met eetlepel water en bietjie suiker- en dan moes jy hel siek gewees het

    Liked by 1 person

    1. Ja dit was molasses wat ek moes eet. Daar was nie genade nie drink jou medisyne 😁😁😁😁😁 Sal graag vir jou en Bondels ‘n lepelvol kondensmelk en turlington sien sluk.

      Like

  2. woordnoot

    Ek is by n dokter wat ‘n Quantum physics scan gedoen het. Ek drink nou net sy meds wat alles natuurlike produkte is. En dis ongelooflik hoeveel beterskap daar is vandat ek verlede jaar Julie by hom was vir die eerste keer…so ek is ‘n voorstander van alles wat natuurlik is.

    Liked by 1 person

  3. Oe-la-la, daar het jy dit nou alles genoem! My man het ook aan al daardie druppels en lepeltjies moetie geglo. Hy het ook op die plaas grootgeword waar daar nie n dr naby was nie. Dis darem interessant hoe goed daardie verskillende bossies en elemente was wat gebruik is in die “ou” dae. Die molasse ding onthou ek ook want ek was maar altyd n tingerige ou dogtertjie gewees.

    Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s