Nagevolge eina!!

Screenshot_2018-06-25-10-56-17-1Verlede Donderdag by die naskool, krap dié drie dogtertjies net te lekker op die skool se tennisbaan. Jay kom op hulle af en sê dat hulle die volgende dag alles gaan afskrop. Kom Vrydag roep sy hulle om te gaan regmaak wat hulle verbrou het, waarop die een dogtertjie sê “Juffrou, die merke is amper almal af. Ek het gisteraand gebid en gevra die merke moet afkom, toe sê Jesus vir my ‘Ok, ek sal juffrou Jay se hartjie sagmaak.'” “En het Jesus toe juffrou Jay se hartjie sag gemaak?” wou ons weet. “So lief soos ek vir daardie lyfies is, moes ek deurdruk en hulle laat skrop,” antwoord Jay. Eina vir daardie een!!

Dit het vir my al te bekend gevoel. Hoeveel keer het ek nie op die lewe se tennisbaan drooggemaak, en wanneer die nagevolge van my onbesonne dade my inhaal, gebid dat Jesus dit oornag sal regmaak nie. Ek weet Hy is lief vir my, maar ek besef ook as Hy my elke keer vryskot laat wegkom ek nooit gaan leer om verantwoordelikheid vir my dade te aanvaar nie. Ek sal ‘n “spoiled brat” wees wat glo as ek my vingers klap moet Hy spring. Nou toe, laat ek my emmer met water vat en tennisbaan toe stap 😊

Mooi week vir almal!!

 

13 gedagtes oor “Nagevolge eina!!

    1. Kameel

      Baie waar wat jy sê van geestelike manipulasie. Dis amper asof jou hande gebind word sodra die Here se Naam bygevoeg word.
      Gaan kry water en skropborsel as jy nonsens op die tennisbaan aangevang het!!!!

      Like

Gesels met my ...