‘n Sokkerspeler en die Star Seaside Home

images (4)Nee, ek is nie ‘n sokker fanatikus nie, maar elke vierde jaar kyk ek en Ken die wêreldbeker sokker. Ek het ook nooit ‘n gunsteling span gehad nie; deur die verloop van die toernooi het ek ‘n span gekies en dan – tot nadeel van my senuwees – ‘n lojale ondersteuner geword. Twaalf jaar gelede het alles verander. ‘n Jongman in die Portugese span het my hart diep geraak, en toe sokkerboots en al daar ingeklim. Nie deur sy looks, of sy naam, of sy spel nie… nee alleenlik omdat hy soos ‘n Star Seaside seun gelyk het. Ken wat weet hoe ek oor arm, verwaarlooste kinders voel het my verseker dat Cristiano Ronaldo (Ja, dit was hy) nie my jammerte of omgee hart nodig het nie. Hy is ‘n sokkerspeler en sekerlik skatryk. Maar my eerste indruk van hom het gebly, en ek het ‘n Portugese ondersteuner geword.

Dat Ronaldo volgens die kommentators die wêreld se beste sokkerspeler is, is ek bly oor. Dat hy skatryk is, is ook goed maar vir my bly hy daardie “seuntjie” wat my hart so diep geraak het. Ek het nooit oor hom opgelees nie; wil nie al die negetiewe dinge hoor wat mense gedurig kwytraak nie. Gister besluit ek om oor sy kinderlewe te google, en ja daar staan dit. Arm grootgeword. Die jongste van vier kinders met ‘n alkoholis as pa. Nie goed op skool gedoen nie… wou op veertienjarige ouderdom die juffrou met ‘n stoel gooi ens. Bekende stories, soos dié wat ek by die Star.Seaside Home gehoor het. My hart was nie verkeerd in sy oordeel nie.

Advertisements

12 gedagtes oor “‘n Sokkerspeler en die Star Seaside Home

    1. Kameel

      Ek lag nou…. ek dink as jy my hart kan sien lyk hy kompleet soos ‘n oorlaaide taxi, met mense wat oral uitpeul, en vasklou om nie uit te val nie. Ek sou nou wat gee om die prentjie in my kop, te kan teken… jy weet so ‘n comic prentjie 😀😀😀

      Like

    1. Kameel

      Partykeer wens ek ek het iemand anders se hart gehad. My hart maak my moeg… veral nou dat ek ouer word. Dis iets wat ek nie werklik kan beskryf nie. Ek gaan heel rustig aan met die lewe en eweskielik sien ek iemand. Dit voel fisies of my hart van binne vergroot en aan die brand slaan. Dan kan ek maar weet daardie persoon is daar om te bly en dit gaan saam met ‘n diep omgee. Daar is nie antibiotika vir dit nie 🤔

      Liked by 1 person

      1. Ek is seker jy kry ook groot bevrediging uit die vriendskap (mits dit wedersyds is), maar ek weet wat jy bedoel – soms voel ‘n mens jy verloor sulke stukkies van jouself, afgestaan aan ander mense,

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s