Hierdie is ‘n vervolg op ‘n verhaal wat Bondels begin, en Una die tweede gedeelte van geskryf het.
Dis vroegoggend toe ek in Bondels se tuin buk om haar Pasella plantjie te plant.
Ek hoop die Towerinne hou van hulle verrassings. Vandat Vuurvliegie vertel het van Rebus se kwekery kon ek nie tot rus kom nie, en het besluit om vir elke Towerin ‘n plantjie te plant sommer net om dankie te sê vir hulle vriendskap. Ek het nog ‘n entjie om te gaan maar tot dusvêr het ek vir Hester eendjies geplant om op te maak vir haar Balieend wat… ag julle ken mos die storie.
Vir Seegogga die “line dance.”
Vir Woordnoot die wit duif as vrede
Vir Scrapy engelvlerkies moeg na ‘n dag se werk
Vir Toorts ‘n vriendelike glimlag
Vir Una “babies” hoe dan anders
Vir Frannie ‘n ballerina
Vir Vuurvliegie ‘n vurige bal met ‘n liggie
Wou vir Perdebytjie die skedels plant, maar toe kom hulle sommer self in haar tuin op.
Camilla….
Ek word uit my droomwêreld geruk deur ‘n helse lawaai, en dan stormloop dit met die paadjie af, hamer aan die voordeur en val Bondels se huis binne. “Waddehel!!… kalm bly, kalm bly,” maan ek myself en haal ‘n paar keer diep asem. “Kom Geluk,” roep ek my kat en stap so rustig as moontlik na die voordeur toe. My hart klop in my keel maar ek nooi myself binne, en praat so normaal as moontlik. As Bondels in die moeilikheid is help dit nie ek raak ook histeries nie. Heel duidelik makeer Bondels iets, en my eerste gedagte is water… en toe sien ek dit. Una sit opgekrul in ‘n stoel en dit lyk asof sy agteruit deur ‘n doringbos getrek is, maar dis nie dit wat my asem wegslaan nie…. dis haar beenhare. Welige donker hare wat van die bank afhang en oor die grond versprei lê. “Maak toe jou mond Kameel,” snou Una my toe. Ek kyk na Bondels en sien sy is dik van die lag. “Bring die skêr en sny my beenhare Bondels,” sê Una nou naby trane. Bondels gehoorsaam maar ek keer haar. “Nee Bondels bring ‘n kam en borsel ons gaan hierdie hare was, kam en borsel en ons Unatjie gaan kort voor lank ‘n wêreldsensasie wees. Ek is nou so opgewonde dat ek al vinniger praat en dramaties met my arms beduie. “Dink net Una, lewensgrootte plakkate van jou wêreldwyd, en jou naam oral in neonligte. Jy gaan skatryk word sê ek jou, skatryk.” “Kameel bedaar,” sê Bondels en vat my skouers en skud dit effens. “Waarvan praat jy…. hoe gaan Una se beenhare haar wêreldbekend maak? Nee wag ek gooi vir jou ook tee met ‘n ietsie in,” en met die woorde loop Bondels kopskuddend kombuis toe. Ek sak behaaglik in ‘n stoel neer. Una staar my aan asof ek koekoes geraak het maar ek glimlag gerusstellend vir haar. “Dis jammer Frannie is nie hier nie, anders kon jy in haar toring gesit het met jou hare wat na buite hang… dis nou totdat hulle jou kom haal.” “Tot wie my kom haal Kameel?” vra Una, haar stem bewerig. “Mnr Barnum van die sirkus Una…. jy het mos “The Greatest Showman,” gesien, jy weet wie hy is.” “Jy wil my sirkus toe stuur!!!” roep Una geskok uit, maar ek weet sy sal met tyd bykom. Ek haal my selfoon uit my broeksak. “Ek bel net gou vir Woordnoot sy sal weet hoe om met Mnr Barnum in verbinding te tree.
Mooi loop!!
“Volg hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1 om alle bydraes tot hierdie reeks in volgorde te lees.”
Briljant, hahahaaaa…uhm…Kameel!!! Watdehel…
LikeLiked by 2 people
Ons gaan lekker sports sien Bondels!!!
LikeLiked by 1 person
Oeeee en ek dog sy het net die vliegdinges skeef geland….helemal ander ballgame …
LikeLiked by 1 person
Heeltemal ander ball game 😊
LikeLike
Oeeee, kan skaar wag om te sien wat volgende
LikeLiked by 1 person
Jy beland miskien saam in die sop Bondels.
LikeLiked by 1 person
Ooo koek,
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂😂
LikeLike
Kameel, jy lag , net nou is ons almal in die moeilikheid. En dit oor lang beenhare…
LikeLiked by 1 person
Dan gee ons Una die skuld.
LikeLike
Jy sien sy het my klaar afgehaal van haar best friends list
LikeLiked by 1 person
Dis lelik van haar. Sal definitief met haar praat…. sy moet net eers oor die skok kom.
LikeLiked by 1 person
Ja dalk kort sy bietjie tyd…
LikeLiked by 2 people
As sy bekend word haal sy ons miskien almal van haar lysie af. Ons klomp Towerinne mag haar net dalk in die skande steek. Tyd sal wel leer.
LikeLiked by 1 person
Haaai oe, ja daaraan het ek nie gedink nie
Miskien moet ons haar handtekening kry voor sy beroemd raak…
LikeLiked by 2 people
En selfies saam met haar!!!
LikeLiked by 1 person
Mmmmm……
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis ń wyse gedagte…
LikeLiked by 1 person
Waddehel Kameel…nou moet ek my duistere verlede hier oopkrap…eish! Daai ding van wat jy in die donkerte doen sal van die dakke afgeskree word….
LikeLiked by 3 people
Presies net so Woordnoot. Kan sien hoe swaai jy in sirkus daar doer in die lug. 😊
LikeLiked by 1 person
Eish .dis biegtyd….😬😬
LikeLiked by 1 person
Ons wag in spanning vir die ding van die donkerte…
LikeLiked by 2 people
Ja ons wag!!!
LikeLiked by 1 person
😂😂
LikeLiked by 1 person
Hier is mense wat na ons huis kyk, maar ek sit en gil soos ek lag, Kameel!!!! Ek gaan sirkus toe, o goeie genade. As ń freak met ń engelse super hero bulldog hond.
Ons blommetjies is uit ń ander wêreld, vreeslik dankie. Dit is die oulikste idee, ons voel ge-eerd.
LikeLiked by 2 people
Jy gaan bekend raak vrou en ons gaan groen van jaloesie wees. Moet nou nie van ons in Rebus vergeet nie…. en so ‘n paar Randjies my kant toe sal heel welkom wees. 😂😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Sien, ek het mos hoeka nie op die oomblik werk nie. Gaan hierdie onverwagse deur nou oop.
LikeLiked by 1 person
Ag hemel Una laat jy my lag. Jy moet tog vir jou man vertel hoe bekend en ryk jy nou gaan word. No more worries, no more cares 😂😂😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Kameel, nee! Want dan gaan hy onder die duvèt wil inkyk!!! Hy weet mos nou glad nie van die lang beenhare nie!!!
LikeLiked by 1 person
O ja, hy dink mos dis ‘n snoesige kombersie 😂😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂
LikeLike
Nee, ek gaan nie. Hy gaan te geskok wees…
LikeLiked by 1 person
Hiehaaaa! Celebrities in ons midde!
LikeLiked by 1 person
Is dit nie wonderlik nie. Miskien haal ons ook die koerant as haar beste vriendinne. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek is maar bang vir ‘n koerant! 😳😂
LikeLiked by 3 people
Nee wat Toorts dis nie politiek of skindernuus nie. Net heerlike sensasie!!!
LikeLiked by 1 person
Nou ja tie, dan haal ons die agterblad.
LikeLiked by 1 person
Watse geagterblad… voorblad en al wat ‘n tydskrif is 😊
LikeLiked by 1 person
Aitsa! 😁🤪
LikeLiked by 1 person
O dankie vir my plantjie Kameel. Hulle is almal so oulik, maar die eendjies is wraggies iets besonders. En toe kry jy sommer die sirkusidee nog voordat jy Bondels se tee met ‘n “ietsie” in gedrink het. So ‘n brein moet bekroon word. Meesterlik geskryf.
LikeLiked by 4 people
Die eendjies het my van die begin af aan jou laat dink… bly jy hou daarvan. 😊 Lyk my hoe dronker my kop (sonder iets) is, hoe meer beelde kom na vore. 😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Dan werk jou brein nog reg – jy moet net iemand kry om jou kop vas te hou.
LikeLiked by 2 people
Dink jy Lorenzo sal belang stel?
LikeLiked by 2 people
Daar’s net een manier om uit te vind – vra!
LikeLiked by 1 person
Dit gaan nie werk nie. My kop sal nog erger spin. Miskien sal Mr Bean belang stel. Lag ek nou vir my eie simpel grap.
LikeLiked by 3 people
🤣😂
LikeLiked by 1 person
hehehehe Kameel op haar beste
LikeLiked by 2 people
Dankie Tina 😊
LikeLiked by 1 person
Kameel, hoe draai jou kop? Het jy vertigo?
LikeLiked by 1 person
Menieres Virgo. Dertien jaar gelede net omgekap en was vir twee maande so dronk konnie my kop oplig nie. Stadig maar seker het dinge weer vorm aangeneem maar staan nooit heeltemal stil nie. Lyk of alles onder water is. Kry aanvalle wat baie erg is en my ore voel asof hulle wil bars. Val dan rond soos ‘n dronk mens…. loop agteruit as ek vorentoe wil loop wat snaaks kan wees. Gister vir die Here gesê ek is nou moeg om permanent dronk te wees. 😊
LikeLike
Genade tog, dis aaklig en kan dink jy is moedeloos. Kyk na web page van ou wat leer om simptome te manage, naam is mind over meniere’s. Meestal leefstyle ding, help nogal met vertigo deel ook. Hoop jou wêreld hou sommer gou op spin (weet nie of jy op Stugeron is nie)
LikeLiked by 1 person
Hulle het my aan begin op pille gesit maar nie gehelp nie. Menieres het my lewensgehalte omtrent opgefoeter. Ek was ‘n fotograaf met my eie studio. Moes alles los want ek kannie buk en draai of ronďkyk nie. Sê een middag vir my graad 1 kleinkind ek kan hom nie die middag met sy huiswerk help nie want ek is dronk. (Het ‘n erge aanval gehad en kon niks lees nie.)Volgende dag sê hy vir sy juffrou hy konnie huiswerk doen nie want sy ouma was dronk. Juffrou bel my dogter… en my dogter was nie baie gelukkig nie. 😂😂😂
LikeLike
Lolol oor sy opvatting van dit, kan dink jou dogter was ongelukkig. Dit is ‘n aaklige ding om te hê en hoop die episode gaan gou oor. Wens kon meer vir jou sê, maar kyk na die site, dalk net iets wat kan help🤗🌻
LikeLiked by 1 person
Haai Kameeltjie ek het nie geweet nie!! Dis baie erg. Ek het ook vir n paar jaar daaraan gelei maar nie meer nie. Pille het my ook nie gehelp nie. Ek gaan seriously vir jou bidde…
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels ❤
LikeLike
Kostelik… waar kom al hierdie pretgedagtes vandaan? Ek het nou heerlik gelag ,Kameel!
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit geniet Perdebytjie. Weet self nie hoe beland mens sommer so in die middel van ‘n ding nie. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Het jy gesien Woordnoot het jou getag om die fotos te neem. Indien jy nie reg voel om deel te neem nie sê haar net ❤ ons verstaan.
LikeLiked by 1 person
Ek sal kyk of ek die naweek ‘n kans kry.Sal laat weet as ek vasbrand.Ek is baie lus om deel te neem…sal my goed doen.
LikeLiked by 1 person
Oooo Perdebytjie die storie het so vinnig geloop dat Hester ‘n noodoproep gekry het om fotos te gaan neem want jy voel noe op jou beste nie. Moet ek sê jy soek ook ‘n werk?
LikeLiked by 1 person
Ag nee wat ek sal maar net kom lees.Vat in elk geval net hier en daar grond!☺️☺️
LikeLiked by 1 person
Ag jitte. Arme Una. En hier maak ek planne om uit te vind hoe mens sitkus toe gaan! Die sirkus is in die stad …
LikeLiked by 1 person
Jy moenie arme Una nie sy gaan wêreldbekend word en skatryk daarby. In Rebus gebeur dinge net… die sirkus kom Rebus toe boots en all. Daarna sal Una seker saam hulle vertrek.
LikeLiked by 1 person
Nee gits, sy moet bly! Hulle kan haar invlieg. ❤️❤️❤️
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook hartseer dat ons haar nou min gaan sien… maar die kalklig wag.
LikeLiked by 1 person
Stem saam
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Besturende Agent – toortsie.com
Aaa, dankie vir die mooie ballerinatjie, Kameel – maar gaan ek ooit hierdie sware sensuurplig oorleef om haar na behore te waardeer???
LikeLiked by 1 person
Plesier Frannie. Natuurlik gaan jy daardie mense om jou Pinkie draai. Kyk net wat het jy met Silver reggekry 😊
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Perssensuur op Rebusfontein! | Tannie Frannie
Terugklingel: Sosiale media bring glorie vir Rebusfontein se sirkus ster – Dr. Christa van Staden
Terugklingel: Roem wag vir die Towerinne – toortsie.com
Dankie vir my plantjie….en die sirkus al die pret. Ek haal nou eers in. Moes eers al my Karoostof uitwas. Hierdie Towerin avontuur gaan weer een vir die boeke wees. Kardashians gee pad voor…
LikeLiked by 1 person
Gedink jy is nog besig om afskeid te neem en eers weer jou bearings te kry om hier aan te gaan. Jy draai jou rug en kyk wat vang die Towerinne aan 😊
LikeLike
Ja, dis soos rugby nè. “Use it or lose it”😉
LikeLiked by 1 person