Kameel -‘n Karakter soos Jack

Scrapy se Maandag = Wasdag No 8. My woord vir die week is Karakter.

Indien die leser nog nie Seisoen 5 van “When Calls the Heart,” gekyk het nie, raai ek jou af om verder te lees.

Hoe is dit dat karakters in ‘n boek of fliek so ‘n emosionele invloed op ‘n mens kan hê. Het die lewe nie genoeg karakters om met jou hart rond te speel – dat fiktiewe karakters nog bydra daartoe nie? Ek is ‘n rukkie gelede weer deur ‘n karakter oorrompel, en toe in snot en trane agter gelaat.

Screenshot_2019-08-05-15-45-59-1

Vir ‘n lang tyd het Marlé aangehou ek moet die reeks “When Calls the Heart” kyk. Sy het al vyf seisoene afgelaai, en sy en Jay was self besig om daarna te kyk. Ek stem toe maar in, en so begin ek en Ken elke aand na ete eers ‘n episode of twee kyk… maar soos die storie jou intrek word die episodes al hoe meer. Laat ek sommer hier sê dis nie Ken se “cup of tea” nie, maar aangesien dit deur sy rekenaar na ons tv werk het hy saamgekyk.

Verbasend hoe jy die karakters leer ken en hoeveel emosie hulle in jou wakker maak. Ek het kwaad geword, kliphard gelag, hartseer geword en tot trane afgevee.

Die hoofkarakter in die storie die “mountie” Jack Thornton, steel jou hart “boots and all.” Mens kannie help om lief te raak vir die karakter wat hy speel nie. Een Vrydagaand eet Jay hulle hier en ek was lekker omgekrap oor een of ander toneel. “Mamma,” sê Jay “dis net ‘n storie.” Dit bring geen troos nie – hoe op aarde ‘n storie so met jou kop kan smokkel weet ek nie – maar dit doen. Kort daarna vertel Marlé my dat sy snot en trane gesit en huil het maar wil nie sê wat in die storie gebeur wat haar so ontstel het nie. Dus het dit my net een keuse gelaat – om seisoen 5 so vinnig as moontlik te kyk om te sien wat het Marlé van alle mense, so laat huil. Ek kon my oë nie glo dat hulle die storie so ‘n draai gegee het nie. Ek was verslae, hartseer, omgekrap. En toe is dit Jay se beurt. Sy het gehoor ek en Marlé het so lekker sit en huil, en toe ook besluit om te wikkel met die storie. Een oggend kry ek ‘n boodskap van haar af. “Ek kannie glo Jack is dood nie!!! Ek en Jes (haar dogter) sit kliphard en huil.” Ek stuur toe ‘n boodskap terug. “Dis net ‘n storie” waarop sy terug antwoord dat dit niks help om haar beter te laat voel nie, en wat het die skrywers besiel om dit aan ons te doen.

Maak nie saak hoe fiktiewe karakters met ons emosies speel nie; kyk sal ons kyk, en lees sal ons lees.

Mooi loop!!!

Advertisements

19 gedagtes oor “Kameel -‘n Karakter soos Jack

      1. Het bietjie op You Tube gaan kyk. Sal ‘n paar jaar moet wag totdat reeks klaar is 😂😂😂 Het jy ooit Pollard gekyk?. Sy laaste seisoen is in September. Baie goeie reeks gewees alhoewel sy karakter bietjie donkerder is as Jack.

        Liked by 1 person

  1. Lekker man. Dis eintlik snaaks dat mens jou so in kan leef in omstandighede wat vir jou voorgehou word. Mens raak so verstrengel met die karakters dat mens nie anders kan om te voel dat dit werklik is nie. Klink vir my n goeie storie. Dankie dat jy bietjie wasgoed gewas het op Maandag= wasdag

    Liked by 1 person

    1. Baie bly ek is nie al een nie. Dit was interessant om te luister waar hulle met die drie hoof karakters en regisseur gesels oor hoekom Jack uitgeskryf is. Hulle is self deur ‘n tydperk van rou oor Jack… en het na alle kante toe gedink hoe om dit so sagkens as moontlik aan die publiek te breek dat hy nie verder in die reeks gaan speel nie. Sy dood was die enigste manier waarop die publiek sou aanvaar hy keer nie weer terug nie. Dit alles vir ‘n storie… hoe werk ons breine dat ons, ons so kan inleef in ‘n stotie?

      Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Kameel – Die Sirkus kom Rebus toe – Kameel se gebabbel

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s