Kameel – ‘n Rooi stilleto en …..

Die son skyn helder die slaapkamer binne. Camilla ontwaak uit ‘n diep slaap en kyk leepoog na die klok teen die muur. Ooooo gaats, sy het ‘n tien uur afspraak met Una om Lake Como beter te verken. Una het besluit om nie soos die res van die GV huistoe te gaan na hulle “vakansie” nie, maar nog ‘n rukkie aan te bly. “Vakansie se voet,” dink Camilla “dit het net weer op ‘n fiasko uitgedraai… soos gewoonlik wanneer die GV by iets betrokke raak.” Sy kyk na Lorenzo. Die swart hare op die kussing, die aantreklike gesig en daardie mond wat so hartstogtelik kan soen. “Ruk jouself reg Camilla, en gaan stort,” vermaan sy haarself. Sy soen Lorenzo liggies op sy voorkop en probeer sy arm om haar lyf losmaak… maar sy arm verstyf om haar liggaam en trek haar nader. “My Camilla.” Sê hy nog half deur die slaap. “I have to get ready to go with Una,” sê sy en glip uit sy omhelsing uit. Die volgende oomblik staan hy langs die bed, sy gespierde bruingebrande liggaam laat haar hart vinniger klop maar sy beter kophou. Sy buk vinnig en die volgende oomblik trek ‘n rooi stilleto deur die lug en tref Lorenzo teen die kop. Laggend vlug Camilla die kamer uit met Lorenzo kort op haar hakke. Op die grasperk haal hy haar in, sluit sy arms om haar lyf en soen haar hartstogtelik. Camilla se arms glip om sy nek. Dis op dié prentjie wat Una afkom. Sy kannie besluit of sy dié twee aan hulself moet oorlaat of die vurige liefdesvertoning moet opbreek nie. Toe Lorenzo Camilla in sy arms optel sê Una ewe vrolik “Goeiemôre.” Verdwaas kom Lorenzo tot stilstand, laat Camilla sak en lag half verleë. “Oooooo Una gee my net ‘n paar minute om reg te maak,” sê Camilla, en draai om Villa toe. “Los die stilletos vir vandag, ons gaan baie stap,” roep Una agterna. “Would you like a cup of coffee while you wait?” vra Lorenzo. “After the love scene I just witnessed, I need something stronger,” antwoord Una met ‘n lag. “Frangelico?” vra Lorenzo met ‘n skewe glimlag en ‘n vonkel in sy oë.

Mooi loop!!!

29 gedagtes oor “Kameel – ‘n Rooi stilleto en …..

      1. Behalwe vir ons jongste dogter wat in hospitaal is gaan dit goed. Sy is uit die koma maar nog nie heeltemal by nie sê dokter. Elke dag se bietjie vordering is ons almal dankbaar voor. Weet nie of dit ouderdom is nie… maar hierdie winter vries ek. Jy weet natuurlik veel meer van koue winters en sneeu… maar ek sien definitief nie kans vir dit nie. Jy qas baie braaf.

        Liked by 1 person

      2. Hulle het haar 3 weke gelede bewusteloos in haar huis gekry. Dit was ‘n aneurysm. Sy is geopereer en dreinwringspyp ingedit… en natuurlik suurstof ens. Baie wat vir haar bid en ons vertrou vir ‘n vilkome herstel.

        Liked by 1 person

      1. Ek dink my verjaarsdagkoek was nogal “buite die boks”: koeksistertjies van Checkers af, wat my dogter uit die VSA bestel en laat aflewer het (saam met ‘n magdom ander smulgoed) d.m.v. die Checkers 60-toep! (Die kersies is nou te veel om op een koek te pas.)

        Liked by 1 person

  1. Ja-nee die twee liefdes duifies is nog steeds dol verlief. So bly dit gaan bietjie beter met jou dogter. Die lewe jaag verby en ek vergeet ook nou baie dinge wat ek in verlede onthou het en opgevolg het. Dis goed dat jy weer daardie breinsappe van jou ‘n bietjie gedrug het om te skryf. Dink baie aan jou. My dae hier op die plaas is heerlik behalwe as ek my dienste moet uitvoer wat elke dag ‘n goeie tyd in beslag neem. Mooi bly, gooi maar ekstra kombers oor jou knieë en hou jou warm.

    Liked by 1 person

      1. Jou bloedomloop wil nie werk nie. Gelukkig het ek nog geleentheid en kans om buite te kan wees en ook te beweeg. Het nounet lekker met Beatrix en n bal buite gespeel. Was al heel koel gewees. nou sit ek in my kamer met verwarmer aan.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s