Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 41

Op hierdie stadium van my lewe het ek geen behoefte om iets nuuts te leer nie. Ek sukkel genoeg om tegnologie onder die knie te kry… watwou nog goed aanvat om my grys selle deurmekaar te skommel. Wat wel nuut is, is dat ek geleer het hoe heerlik dit is wanneer ‘n ander persoon vir jou ‘n boek voorlees…. en dit nogal Agatha Christie se moordverhale.
Ken het iewers gelees dat jy binne twintig uur iets nuuts kan baasraak. Die persoon het die klarinet in daardie tydperk leer speel. Ek het net my wenkbroue (waarvan daar nie baie is nie) opgetrek. Wel die persoon blyk ‘n punt daar beet te hê… dit sê ek nadat Ken binne twintig uur leer tik het. Hy wou al lankal leer tik, maar ek het daardie dik stywe vingers ‘n kyk gegee en my kop geskud. November verlede jaar sê ek vir hom as hy die geduld gaan hê om asdfg hjkl oor en oor te tik kan ons die tikprojek aanpak. Die man verstom my deur elke dag getrou te oefen…. en binne twintig uur kan hy tik en geniet dit terdeë. Spoed is vir hom ‘n bysaak. Die eerste projek wat hy aanpak is om die boek “Knowing God” oor te tik. Nie ‘n geringe taak nie; eerstens val die boek uitmekaar, dan is die skrif so klein dat ek begin kla het dat die boek onleesbaar geword het. J.L Packer se skryfstyl is nie die maklikste nie… definitief nie “The sly fox jumps over te lazy moon,” nie. Om alles te kroon haal hy baie Skrif aan, en dit beteken BAIE leestekens. Gister probeer ek en Ken weer die boek bymekaarplak. “Jy het sowaar as wraggies diepwater gaan inspring met hierdie boek,” sê ek vir hom… maar ek is heel trots op my student wat deur my hande geglip, en vir homself hierdie moeilike pad oopgeskraap het.
Mooi loop!!
Dis wonderlik, self tik ek met 2 vingers en kyk op my hande, nooit op skool tik geneem nie. Klink asof jy ‘n goeie student en hy ‘n geduldige onderwyser het
LikeLiked by 1 person
Baie ywerige student Positief. Moet sê hy het my verbaas.
LikeLiked by 1 person
As mens deursettingsvermoë het, kan mens baie vermag. My probleem is dat ek gou verveeld raak.
Wonderlik dat jou man die tikkery so onder die knie gekry het. Op onderwyskollege was tik my vaardigheidsvak en ek het my vrek gesukkel daarmee. Het dit op my stertvelle deurgeskraap.
LikeLiked by 1 person
Dit was weer my onderskeidingsvak… maar eers nadat Mr Bekker my pad gekruis het. Jy raak dus gou verveeld…. hmmm nog iets wat ek van jou geleer het. Fluister… ek is baie verbaas dat Ken sovêr gevorder het… hy is ʼnie ‘n man vir sukkel nie.
LikeLiked by 1 person
Daar gebeur altyd iets wat mens verbaas. Hoeraaa vir Ken!!
LikeLiked by 1 person
Knap gedaan hoor
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook… bedoelende natuurlik my student.
LikeLike
Wel jy vergeet hy het n knap onderwyser…
LikeLiked by 1 person
Hy verdien voorwaar ñ klop op die skouer vir daardie deursettings vermoë
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook Trommeltjies. Hy sukkel mos al van verlede jaar Feb met geskeurde skouerspiere. Het nogsteeds baie pyn maar hy druk deur.
LikeLiked by 1 person
Ai nee wat, my vingers wil niks weet van tik nie. Ek tik snel met een vinger. Dalk kan jy ‘n paar tiklesse hier op jou blog aanbied?
LikeLiked by 1 person
Moet sê ek is verbaas… gedink jy is ‘n bobaas tikster. As jy met een vinger regkom hou dit maar so. Dink nie jy gaan vir ure asdfg hjkl wil sit en tik nie… die see toep te hard.
LikeLiked by 1 person
Ek wil vir my ‘n goeie mikrofoon aanskaf en die “speech to text” app aflaai. Dan kan ek op my rug lê en skryf!
LikeLiked by 1 person
Well done Kameel..ek wens die Oom wil iets nuuts leer wat hom kan besig hou bedags…..
LikeLiked by 1 person
Dit is so Woordnoot. Ek het baie bekommerd oor Ken geraak… ure se gesit en dink… en kort-kort in die koskas. Hy het soveel gewig aangesit. Nou staan sy koffie partykeer en koud word so verdiep is hy in sy projek. Ek kannie die eer daarvoor vat nie… hy het self besluit om die groot projek aan te pak, en het klaar ander projekte in gedagte wanneer hy daar klaar is.
LikeLike
Dis absoluut fantasties….
LikeLiked by 1 person
Nou toe daar het jy toe iets nuuts gedoen en ook laat doen. Jul twee saam is n goeie span. Baie dankie dat jy so getrou skryf ek waardeer elke lettertjie van jou skrywe. Sterk staan.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy. Jy hou my aan die blog…. anders het ek lankal opgehou.
LikeLike
Mooi man, bly ek beinvloed jou darem om aan te gaan. Jy maak ook dat ek tog elke keer weer n nuwe ding uitdink.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik! Ek het myself ook leer tik!
LikeLiked by 1 person
Mooi so!!! Ek is baie dankbaar ek het op skool geleer.
LikeLiked by 1 person
Smiddae na werk het ek oor Kerkplein gestap tikklas toe – dit het so drie klasse gehou, toe gooi ek tou op. Tik vandag nog met drie vingers… Ken is ‘n yster!
LikeLiked by 1 person
Ai Frannie jy moes vasgebyt het… dit sê ek omdat ek so verskriklik lief vir tik was. ‘n Mens wil nie jou eie beuel blaas nie, maar ek het by werke goeie kommentare van base gekry. Ek dink ook Ken het homself oortref, siende dat hy dit doen met nog baie pyn in sy skouers en arms. Mooi dag vir jou daar oorkant die see!!
LikeLiked by 1 person
ek kan daai asdfgf ;lkjhj na 40 jaar nog uit my kop opsê.
LikeLiked by 1 person
Dis soos karbestuur…. mens vergeet dit nie weer nie.
LikeLike
Ag lekker, Kameel, ek sal wil lees, hoor.
LikeLiked by 1 person
Ek sal vir my man sê hy het iemand wat sy boek wil lees 😁😁😁😁 Dit is ‘n goeie boek Christa… dit is waarom hy al uitmekaar val.
LikeLiked by 1 person
xxx
LikeLike
Kyk nou net vir jou, jy is sowaar ń bobaas leermeester! En moet nou nie beskeie wees nie, Kameel.🤗
LikeLiked by 1 person
Dankie Unatjie. Maar ai die beste onderwyseres kan niks sonder ‘n gewillige leerling doen nie. Ek kon hom ook nie eers hoof toe stuur… of sy ouers bel nie.
LikeLike