Kameel – Iets Nuuts

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 41

Op hierdie stadium van my lewe het ek geen behoefte om iets nuuts te leer nie. Ek sukkel genoeg om tegnologie onder die knie te kry… watwou nog goed aanvat om my grys selle deurmekaar te skommel. Wat wel nuut is, is dat ek geleer het hoe heerlik dit is wanneer ‘n ander persoon vir jou ‘n boek voorlees…. en dit nogal Agatha Christie se moordverhale.

Ken het iewers gelees dat jy binne twintig uur iets nuuts kan baasraak. Die persoon het die klarinet in daardie tydperk leer speel. Ek het net my wenkbroue (waarvan daar nie baie is nie) opgetrek. Wel die persoon blyk ‘n punt daar beet te hê… dit sê ek nadat Ken binne twintig uur leer tik het. Hy wou al lankal leer tik, maar ek het daardie dik stywe vingers ‘n kyk gegee en my kop geskud. November verlede jaar sê ek vir hom as hy die geduld gaan hê om asdfg hjkl oor en oor te tik kan ons die tikprojek aanpak. Die man verstom my deur elke dag getrou te oefen…. en binne twintig uur kan hy tik en geniet dit terdeë. Spoed is vir hom ‘n bysaak. Die eerste projek wat hy aanpak is om die boek “Knowing God” oor te tik. Nie ‘n geringe taak nie; eerstens val die boek uitmekaar, dan is die skrif so klein dat ek begin kla het dat die boek onleesbaar geword het. J.L Packer se skryfstyl is nie die maklikste nie… definitief nie “The sly fox jumps over te lazy moon,” nie. Om alles te kroon haal hy baie Skrif aan, en dit beteken BAIE leestekens. Gister probeer ek en Ken weer die boek bymekaarplak. “Jy het sowaar as wraggies diepwater gaan inspring met hierdie boek,” sê ek vir hom… maar ek is heel trots op my student wat deur my hande geglip, en vir homself hierdie moeilike pad oopgeskraap het.

Mooi loop!!

30 gedagtes oor “Kameel – Iets Nuuts

      1. As mens deursettingsvermoë het, kan mens baie vermag. My probleem is dat ek gou verveeld raak.
        Wonderlik dat jou man die tikkery so onder die knie gekry het. Op onderwyskollege was tik my vaardigheidsvak en ek het my vrek gesukkel daarmee. Het dit op my stertvelle deurgeskraap.

        Liked by 1 person

      2. Dit was weer my onderskeidingsvak… maar eers nadat Mr Bekker my pad gekruis het. Jy raak dus gou verveeld…. hmmm nog iets wat ek van jou geleer het. Fluister… ek is baie verbaas dat Ken sovêr gevorder het… hy is ʼnie ‘n man vir sukkel nie.

        Liked by 1 person

    1. Dit is so Woordnoot. Ek het baie bekommerd oor Ken geraak… ure se gesit en dink… en kort-kort in die koskas. Hy het soveel gewig aangesit. Nou staan sy koffie partykeer en koud word so verdiep is hy in sy projek. Ek kannie die eer daarvoor vat nie… hy het self besluit om die groot projek aan te pak, en het klaar ander projekte in gedagte wanneer hy daar klaar is.

      Like

    1. Ai Frannie jy moes vasgebyt het… dit sê ek omdat ek so verskriklik lief vir tik was. ‘n Mens wil nie jou eie beuel blaas nie, maar ek het by werke goeie kommentare van base gekry. Ek dink ook Ken het homself oortref, siende dat hy dit doen met nog baie pyn in sy skouers en arms. Mooi dag vir jou daar oorkant die see!!

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s