Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 40.

Ek sit die pak winkelklere op die bed neer en gaan roep my ma. “Kom kyk wat het ek gekoop,” sê ek opgewonde. Haar blou oë kyk na my en dan staan sy onwillig op vanwaar sy agter haar naaldwerkmasjien sit. “Dis elke maand dieselfde,” sê sy “geen kleur nie, net swart en wit.” In die kamer haal ek die klere uit die sak uit en sit dit op die bed neer. Presies wat sy gesê het… alles swart en wit. My ma wat nie ‘n swart rok besit nie, my ma met haar ligte vel wat altyd in sagte kleure geklee is kyk na my en skud haar kop. “Kan jy nie net eenkeer iets kleurvols koop nie, hoekom altyd swart en wit?” Ek verstaan dit self nie, maar swart en wit klere trek my soos ‘n magneet. “Omdat dit vir my mooi is,” antwoord ek haar.
My liefde vir swart en wit sou bly maar die jare waarin ek my eie klere gemaak het, het ek met kleur begin eksperimenteer, maar kon nooit vat kry aan geblomde materiaal nie. Die kleurfase het gelukkig gou verby gegaan maar ek het nie na net swart en wit teruggekeer nie, herfskleure het ook ‘n plek in my klerekas gekry. Daar was ‘n bloedrooi bloes uit tshirt materiaal gemaak wat ek opgedra het voordat ek hom weggegee het, en daar hang ‘n rooi baadjie in my kas… maar verder is my klerekas baie eentonig. O ja, Marlé het vir my ‘n ligblou bloes gemaak om saam met my enigste denim te dra. Ek voel nogsteeds op my beste aangetrek wanneer ek ‘n swart langbroek aanhet. Was ek liewer vir die winkels sou ek seker ‘n groter verskeidenheid klere gehad het, maar aangesien ek niks van winkels hou nie dra ek wat ek het. Dit is al wat ek nie van fotos hou nie… die bewys van hoe oud ‘n spesifieke kledingstuk al is, en dat dit tyd is om hom te vervang. Maar dis makliker gesê as gedoen.
Mooi loop!!
Ek weet dat dit kleure is wat by jou pas, daarom dat jy so lief is daarvoor. 😁
LikeLiked by 1 person
Ag dankie jy ❤ Ek moet sê wanneer ek vroue sien wat so kleurvol en vrolike geblomde rokke dra voel ek soos ‘n vaal muis. Kan myself net nie sovêr kry om dit my eie te maak nie. Behandel die jaar jou goed?
LikeLiked by 1 person
Ja dankie. Ons is darem nog net by dag 7! 😁 vir jou?
LikeLiked by 1 person
Eerste drie dae in bed… griep. Begin beter voel. Was ‘n lekker feesgety… eintlik jammer dat normale lewe weer begin het. Ons beplan darem om volgende maand Suidkus toe te gaan.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook erg onder verkoue deurgeloop. Begin nou oorgaan. Sinusinfeksie en post nasale drip.
LikeLiked by 1 person
My klerekas sal enige modepop laat snak na haar asem. Ek besit een rok. Die kleure wissel darem van blou na blou na blou en hier en daar wit. My kinders het as verjaarsdaggeskenk iemand gekry om my kas oor te doen. Met Covid en vakansie tussenin het ons nog nie daarby gekom nie. Daar wag ‘n skok op die vrou. In my kas is stukke van oor die veertig jaar oud.🤣🤣
LikeLiked by 3 people
Lekker om jou te sien inloer, Dina.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una. Ek was so lanklaas op blogs. Ek voel skoon vreemd.
LikeLiked by 1 person
Wel, ek is baie, baie bly jy is terug.
LikeLiked by 2 people
Ek is bietjie futloos, maar sal seker weer vlamvat.😀
LikeLiked by 1 person
Hallo vreemdeling….kan nie wag om weer van jou fotos te sien nie!!
LikeLiked by 2 people
Haai Woordnoot, ek is bly iemand het my gemis.😄
LikeLiked by 1 person
Jaaaa…ek het!!!
LikeLiked by 1 person
Nou voel ek nie meer so sleg nie. Ek het net geen lus vir elke dag se opdress nie. Wens my kinders wil vir my so ‘n geskenk gee. Iemand wat my klerekas sal kom oordoen met klere wat my elle lange lyf pas. Ek besit ook net een romp… geen rokke nie. Ons sou nie in die Victoriaanse tyd gepas het nie Bytjie 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
As ek in ‘n borstrok waarvan die veters so styfgetrek word, moes inklim, sou ek al ‘n helse kabaal opgeskop het en seker in ‘n kerker gegooi geword het, om my opstandigheid te tem.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my lekker lag. En dan moes jy nog met iemand met status en geld trou en gedurig na hierdie grand danse toe gaan en jou maniere ken. Geen tentjie in die boendoes vir jou en manlief nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook van swart en wit en bont en rooi en herfskleure, eintlik sommer van alles, aai. Lekker om weer van jou te lees
LikeLiked by 1 person
Lekker om jou ook te “sien.” Hoop dit gaan ‘n geseënde jaar vir jou wees. Ek het ‘n idee jy kan baie mooi aantrek as jy jouself mooimaak. Jy sê mos jy het jou plaas voorkoms en een vir uitgaan.
LikeLiked by 1 person
Ja nee Kameel, daar is vir seker klere waarin ek “mooier” voel as in ander. Ons moet tog weer ‘n blog kuier reel wanneer die covid ding oor is, dan kan ons almal mooi aantrek
LikeLiked by 1 person
Daar leer ek iets nuuts oor jou, Kameel, glad nie geweet jy hou van swart en wit nie!
LikeLiked by 1 person
Was op ‘n stadium baie lief vir tailored klere. Mooi swart romp, wit bloes swart baadjie. Nou besit ek net een romp…. dink dis die bonte waarin jy my laas gesien het. Lief swart broeke. Het op oomblik wit broek en swart t-shirt aan 😂😂😂😂 So gemaak so gelaat staan.
LikeLike
Ek weet sommer jy lyk pragtig! En sowaar, daar dog ek al hierdie tyd jy is ń pastel mens.
LikeLiked by 1 person
Wonder hoe ek dit gemis het.
LikeLiked by 1 person
Jy mag m7skien m33stsl swart en wit koop, maar ek weet vir n feit: in jou hart het jy rooi stiletto’s
LikeLiked by 1 person
Lekker laat jy my nou lag seegogga. Daardie rooi stilletos!!! Spel moeilikheid 😂😂😂😂
LikeLike
Nou het ek lekker gelees aan jou klerasie dinge. Alles is hier oorwegend swart en swart! Self is ek nie mal oor swart nie want elke donsie of pluisie sien n mens op swart. Ek’t jou gemis en begin wonder wat aangaan daar in die voëlnes. Baie bly jy voel darem beter. Die op en af van temperatuur maak mens net siek. Hoop jy herstel heeltemaal sodat jy weer bietjie kan krag kry vir elke dag. Dankie vir jou skrywe ek waardeer jou getroue bydraes.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, ek voel al baie beter. Mens weet nie meer van een tot die anderdag wat die weer haan aanvang nie… nounet sit en wonder wat gaan ek aantrek want dit voel koelerig. Mooi dag daar in die poskaart.
LikeLike
Jy moet maar versigtig wees om nie koue te vat nie. Bly jy is darem beter. Die hitte is met tye besig om al die lui sweet uit my te braai. In die tussentyd doen ek nog minder omdat dit te warm is. Kannie wen nie. Ek wil ook net sit en snooze tussenin. Mooi aand vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ek is dol oor groen maar het vir baie lank hand me downs gekry van vriendinne want ek kon nie klere bekostig nie. En een het net blou…van lig na navy. So dra ek nou al n paar jaar blou en kom agter dit komplimenteer die grys hare….
LikeLiked by 2 people
Ek onthou jou liefde vir groen. As jy lig is kan ek net dink hoe mooi lyk jy in pastel kleure. My vriendin het grys hare en blou oë…. sy lyk altyd so sag en vrouluk in haar sagte kleure. Mag hierdie jaar vir jou mooi wees Ria. ❤
LikeLike
Dankie Kameel….jy is dierbaar. Mag jy ook so geseënde jaar beleef.
LikeLiked by 1 person
ek weer het die probleem gehad dat ek my hare van amper swart na die natuurlike grys moes laat gaan. Nou pas die meeste van die kleure in my kas my nie. Gelukkig het ‘n verskoning om gereeld ‘n nuwe toppie te koop. Ek is mal oor sagte rokkies, maar die lang stryk aan elkeen het gemaak dat ek nou net 1 rok in die kas is.
LikeLiked by 1 person
Wees dankbaar dat jy jou hare grys kon laat word…. en dan het jy nog rede vir nuwe klere ook. Grys laat my soos die dood lyk, dus moet ek maar kleur. Ja die liewe stryk!!! Miskien moet ons terugkeer crimplene toe…. was en dra. Mag 2021 vir jou ‘n geseënde jaar wees.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook baie lank net swart gedra. Ek waag nou weer kleure, ek kies waarin ek gemaklik voel en bogger die res
LikeLiked by 1 person
En bogger die res…. laat jy my lag. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Maandag=Wasdag 2: Iets nuuts – Kreukels en plooie
Swart en wit is baie beter as my bruin en beige jare. Gelukkig is ek nou vol kleur. Moet toe gee ń swart lagbroek of romp kan jy enige plek toe aantrek, hang af wat jy saam met dit dra.
LikeLiked by 1 person
Jy moenoe so.sê nie… ek is ook nou na bruin en beige toe… so saam die herfskleure. Ek stem oor swart langbroek… voel altyd beter aangetrek as in enige ander kleur. Maar goed mense verskil… sê nou net almal om ons was in swart en wit, of in bruin en beige geklee.
LikeLike