Kameel – ‘n Besonderse Persoon

Scrapy se Maandag = wasdag Uitdaging.

Dit was tydens ‘n Sondagmiddagstappie wat ek en Ken op die ingewing van die oomblik by ‘n meisie met wie Kenneth begin uitgaan het, se ouerhuis gaan aanklop het. Die swartkopvrou wat ons ingenooi het was vriendelik, en ek en sy het dadelik by mekaar aanklank gevind. Haar man was stiller, meer teruggetrokke maar ons het heel lekker gekuier al was ons ongenooide gaste. Die verhouding tussen Kenneth en Marlene het na ‘n jaar opgebreek, maar ek en Marcia se vriendskap het floreer. Ons kon ure sit en gesels oor ons liefde vir God, ons kinders en die lewe in algemeen. Sy was ‘n warm, liefdevolle, lekkerlag mens wat al ‘n harde pad gestap het. Haar eerste man was haar groot liefde, en saam het hulle drie kinders gehad. Die jongste was net ‘n baba toe haar man oorlede is. ‘n Paar jaar later is sy weer getroud, maar sy wou nooit in diepte oor dié man praat nie. Hy was ‘n narsis, en sy het met haar drie kinders onder hom uitgevlug. Later is sy met haar huidige man – ‘n wewenaar met twee seuns – getroud. Saam het hulle ‘n laatlam dogtertjie, Joanne gehad. Weereens het ‘n groot tragedie oor haar pad gekom. Sy het Marlene (wat intussen getrou en ma geword het) se driejarige dogtertjie opgepas. Die kind was neergelê vir haar middagslapie. Toe sy wakker word het sy na die bure se erf toe geloop, en in hulle swembad verdrink. Dit het Marcia in ‘n jarelange stryd geplaas maar haar geloof in God het onwankelbaar gebly. Sy het ‘n besonderse sagte plek vir die stil kind gehad; ek het aangeneem dit was omdat die stil kind die laaste meisie was met wie haar jongste seun uitgegaan het voordat hy uitgekom het as homoseksueel. Met ons trek stad toe het sy ons pienk sitkamerstel en bypassende gordyne gekry. Op daardie stadium het sy probeer om haar stiefseun en sy vrou op hulle voete te kry, en die meubels sou help. My pienk “relaxer” het sy vir haarself gehou. “Dit is vir wanneer jy by my kom kuier… dan kan jy lekker sit en gesels.” Wat toe ook gebeur het. Sy was ‘n gasvrye mens. Jay het met haar troue daar gaan aantrek, en my twee susters en hulle mans het die nag daar geslaap. Ek het net geweet hulle is in eersteklas hande. Nadat Joanne skool klaargemaak het, het hulle stad toe getrek. Haar man se gesondheid was nie goed nie, en het so versleg dat hy permanent op suurstof was. Hy is drie jaar gelede oorlede. Marlene het ernstig siek geword, en daar is vir haar lewe gevrees. Na ‘n hartoperasie het Marcia haar gaan versorg. Joanne is intussen getroud, en het twee seuntjies gehad. Hulle het nie vêr van Marcia af gebly nie, en van hulle babatyd af was sy Joanne se regterhand. Voorverlede week het ons ‘n lang gesprek oor die foon. Sy vertel dat Joanne hulle Kaapstad toe verhuis het, en hoe sy hulle gaan mis, maar veral die twee kinders wat sy elke dag by die kleuterskool gaan haal het. Ons gesels oor die toekoms en soos gewoonlik kom daar nie ‘n klagte uit haar mond uit nie, en is sy heel positief. Verlede week hoor ek sy is skielik aan ‘n hartaanval oorlede. Ek onthou wat my sus Rika kort voor haar dood vir my gesê het; “My lewenstaak is afgehandel.” Dit is soos ek oor Marcia voel. My hart is seer maar ek kyk terug  oor 25 jaar van vriendskap, en ‘n vrou wat nooit moed verloor het nie. Haar geloof in God het haar deur al die storms gedra, en haar as oorwinnaar anderkant laat uitkom. Sy was voorwaar ‘n besonderse mens.

Mooi loop!!!

21 gedagtes oor “Kameel – ‘n Besonderse Persoon

  1. Dit is voorwaar n besondere vrou gewees. Dankie vir jou mooi skrywe. Dit het my ook nog verder teruggeneem na n baie baie goeie vriendin wat ek ook lank geken het. Sy is op einde dood aan kanker. Ek het net voor sy oorlede is met haar gepraat oor die telefoon min wetende dat dit die laaste was. Dapper dwarsdeur die swaarkry van behandeling en alles. Ons moes van Potties af Pretoria toe gaan vir haar behandeling. Sy was ook n ware gelowige en dit maak n verskil aan hoe mens die lewe aanvaar. Groete vir jou.

    Liked by 2 people

      1. Was net bly ek kon nog met haar gepraat het. Sy wou blykbaar met my praat, min wetende dat dit laaste was. Dit het op einde regtig baie sleg met haar gegaan. Haar familie het haar gedwing om by hul te kom bly tot einde. Sy was nooit getroud nie en gewoond om na haarself te kyk. As ons bv terugkom van chemo in Pta wat n twee en n half uur se ry is terug Potties toe het sy gevra of sy vir my n koppie tee kan maak. Ek het meestal oorgeneem en gemaak sodat sy rustig kan gaan lê wat sy ook nie sommer wou doen nie.

        Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net. – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s