Kameel – Tande

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Tande

Hierdie uitdaging het my laat tandekners. Daar is niks vir my so mooi as daardie spierwit glimlagte van die kolklig meisies nie. Elke tand so presies. Dit was my nooit beskore nie, en in my jongdae was draadjies nie in die mode om skewe tande reguit te trek nie. Maar ek was dankbaar vir my gebit; dit het my nooit gekeer om kop agteroor te gooi en hardop te lag nie. Maar die tande staan nou einde se kant toe…moeg gewerk. Ek kan hulle nie kwalik neem nie… maar sou so graag saam met hulle die eindstreep wou bereik. Miskien wanneer ek valstande kry gaan ek ook so vinnig van hulle ontslae wil raak soos Ken se eks skoonma. Sy wou vroeg vroeg in haar lewe al huistoe gaan. Bedoelende haar ewige woning. By vroeg bedoel ek nou in haar sewentigs. Sy beland in ‘n ouetehuis, en daar sit sy haar voet neer… sy wil huistoe gaan. So seker is sy dat haar tyd naby is dat sy haar bybels, boeke en ook valstande vir ander mense gee. Die klok tik voort, en tandeloos sit sy en wag. Al raad op die einde was om haar tande weer te gaan terugvra. Sy is eers twee jaar later oorlede.

Mooi loop

24 gedagtes oor “Kameel – Tande

  1. Lanenhoven het gesê mens sterf van jou tande. Jou heke lewe pla hulle jou. Jy is skaars gebore of hulle sny en dis seer.. En een vir een. Tot jy almal het dan val hulle uit en jy kry nuwesen dus seer. En hulle kry gaatjies, en jy verloor hulle en dan kom valstande…. dink aan n leeftyd se pyn en lyding!

    Liked by 2 people

  2. Ja-nee die tante het haar toe misreken met die huistoe ganery. Sekere dinge wat my geliefde man gedoen het het my nogal geskok later jare. Ek weet hy het spesiaal n stel tande as trougeskenk van sy tandarts vriend gekry. Ook n goue stuk in voortand. Ongelukkig het hy nooit teruggegaan om hul bietjie te laat uitkrap waar hul hom seermaak nie. Tande is diep weggebêre, weet nie waar nie. So paar jaar na sy dood gaan kuier ek vir my vriendin en sy sê my huishulp werk by mense langs my vriendin. Gaan sê hallo vir haar en wat n skok kry ek toe daardie einste stel tande v my man vir my glimlag. Dis toe waar die tanne heen is!

    Liked by 4 people

    1. Ai Hester ek het gister ons Suidkus seun gebel om seker te maak die storie oor sy ouma is soos ek dit jare gelede gehoor het. Hy het weer lekker gelag, en vertel hoe stubborn sy was. Ek lief ook die kommentare 😊

      Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Maandag=Wasdag 33: Ry-/ding – Kreukels en plooie

Gesels met my ...