Kameel – Kamers

Scrapy se Maandag =Wasdag Uitdaging

Mooi is nou maar eenmaal mooi en ek hou daarvan dat alles om my mooi is…. en netjies. Dit was die lekkerste lekker om my eie huis te hê en elke vertrek so mooi as moontlik te maak. Natuurlik het geld ‘n groot rol gespeel; daar was nie ‘n links en regs gekopery nie. Nee, jy moes die beste doen met dit wat jy kon bekostig. Nog lekkerder was dit toe ek leer naaldwerk doen het en my eie gordyne, dekens, kussings en stoeloortreksels kon maak. Ek het heerlik gespeel!!! Die hoofslaapkamer het agterweë gebly. Soos ek voorheen geblog het was ons dubbelbed die kinders se geselsplek. Daar het hulle elke middag vergader en my van hulle dag te vertel. My beurt het gekom toe ons stad toe getrek, en die kinders almal uit die huis uit is. Van Ken tot die kinders was kwaad oor hierdie “heilige bed” soos hulle hom gedoop het. Met Ken wat weggewerk het, het ek ‘n klomp jare in “weelde” geleef. Bedoelende… elke ding op sy plek en alles om my mooi. Maar soos met alles loop die tyd uit; Ken het afgetree en hy leef nie soos ek nie. Stadig maar seker moes ek leer om vrede te maak met die wakis wat al die jare as middeltafeltjie gedien het, en nou eenkant skeef staan om meer spasie te gee. Ken soek ‘n tafel om op te “werk” en daarvoor is ‘n wit plastiese tafel voor sy bank staangemaak. Wanneer nie in gebruik staan hy sommer enige plek die sitkamer vol. Dié jaar was erg; die sitkamer het Ken se kantoor en slaapkamer geword. Niks het meer in orde gestaan of mooi gelyk nie. Ek het oor alles probeer heenkyk om die vrede binne my te bewaar… maar dit was nie aldag maklik nie. ‘n Vertrek skep atmosfeer, en dit het vir my gevoel ek lewe in chaos. En nog was dit nie die einde nie.

Verlede naweek besluit Marlé om die groot huis se televisiekamer in ‘n studio te verander. Met haar esels en verfwerk het die studeerkamer uit sy nate begin bars. Tot my grote verbasing dra die twee seuns die grote tv die voëlnes binne. Ken wil die tv hê. Ons tv is groot, en in ‘n tv kas…. maar dié tv is baie groter en gaan nie daarin pas nie. Volgens Ken moet ek nou maar net daarmee vrede maak. Marlé en Jay kom kyk en gee raad. Ek sit en voel hoe die vingers van my hande wat alles so presies probeer vashou het losgemaak word. Ek is dankbaar vir die jare waarin ek kamer vir kamer ons huis volgens my smaak kon mooimaak. Jare waarin ek myself kon uitleef. Miskien is dit goed om nou te laat gaan. Dink so aan my sus wat na haar man se dood vir my gesê het dat sy hom nooit ‘n plek in die huis gegun het om net te lewe nie.

Mooi loop!!!

31 gedagtes oor “Kameel – Kamers

  1. Ek ken daardie gevoel, Kameel. As dinge onordelik om my is, voel ek bedreigd en naderhand skoon siek. Ek is darem al op ‘n plek waar ek ‘n deur kan toetrek en chaos ‘n plek laat kry. Dit hou net nie baie lank nie, maar dis waar dat jou mede huismense moet voel dis hulle plek ook.

    Liked by 2 people

  2. Darem het jy jou eie kamer klink dit my en kan jy dit mooi maak volgens jou smaak. As jy dan nie die hele huis so kan kry nie het jy gelukkig klein spasies wat jy so kan maak en vrede met die res. Ek hou ook van mooi. Ek kan bietjie deurmekaar doen maar nie wanorde nie, dit sal my gou vang. Sterkte maat

    Liked by 1 person

    1. Wanorde maak my soos Una sê neuroties Bondels. Ek moes leer om bo-oor goed te kyk. Ons slaapkamer was pragtig… maar ek moes my heilige deken afhaal toe Ken teruggekom het. Die kamer is nie net myne nie… hy slaap net in sitkamer omrede sy seer arms en bene. Ek is net bly ek kon myself so uitleef en dat hierdie eers later in my lewe gekom het.

      Like

  3. Ek verstaan presies hoe jy voel, Kameel. Presies. Tog, dalk is dit regtig vir mens nodig om “te let go.” Ek sukkel steeds baie daarmee, en noudat ek nie meer ń huishulp het nie, moet ek keer of ek raak neuroties. Ek oefen, hoor, en bietjie vir bietjie raak ek beter.😉😍

    Liked by 1 person

  4. Ek is deesdae ook doodtevrede om ‘n bietjie te “laat gaan”, want ons spasie is heelwat meer ingeperk as voorheen. Gelukkig is ons onderskeie leefruimtes goed afgebaken en nie een van ons het meer die lus om te versamel en mooi te maak nie.Ons ia nou meer prakties ingestel.

    Liked by 1 person

  5. Sug, wat sal ek nou hierop sê? My besittings en geliefde goedjies het so verminder met al die getrekkery dat ek amper nie lus het om weer te begin nie. Tog het ek wel verlede jaar uiteindelik n nuwe sitkamer bank eenheid gekoop en n lekker stofsuier. NOu wil ek nog n wasmasjien kry wat my geval. O ek onthou nou ek het eers vir my n nuwe bed gekoop. Baie om dankbaar voor te wees. Baie van my oortollige goed weer weggedoen toe ek hoor daar moet weer getrek word. Never ends, Tog het mens n net ekke of my spasie nodig om te kan stil wees en te herstel van alles wat om jou gebeur.

    Liked by 1 person

    1. Goed gee maar in en moet vervang word…. dis maar die verloop van die lewe. Maar daardie ure in winkels spandeer om al die mooi goed te bekyk is definitief verby. Mens word stadig maar seker losgemaak van wêreldgoed. Ek verkies dit nogsteeds dat dit mooi en netjies om my is… maar as dit nounie kan nie moet ek maar vrede maak daarmee.

      Like

  6. woordnoot

    En ek kom agter hoe ouer ek word, hoe meer wil ek alles om my minder en netjies hê. Het reeds nou die dag die eerste “trift shop” (Gaats, is die spelling reg?) raakgeloop en is uit my vel daaroor want nou kan ek al hoe meer ontslae raak van goed…tot iemand anders se voordeel.

    Liked by 1 person

      1. woordnoot

        Ek het al soveel keer gesien dat ander nie jou skatte so ervaar nie…hulle sien dit as waardeloos…..daarom dink ek ook aardse skatte is meer waardeloos as wat mens wil dink.

        Liked by 1 person

  7. Terugklingel: Maandag=Wasdag 28: Avontuur, ondervinding, Vertelling. – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s