Kameel – Alfabet

Scrapy se Maandag=Wasdag uitdaging.

Angsbevange lê ek en luister na die vreemde geluide in die huis. Bewend skakel ek die lig aan. “Come what may,” ek sal my Superman klere moet aantrek, en gaan kyk wat gaan aan. Droom, die droom ek nie, iemand loop in die huis rond. Eienaardig dat dit juis vanaand moet gebeur met dié dat ek alleen hier is. Familie!!! waar is hulle wanneer jy hulle nodig het? Geluidloos glip ek uit die bed en trek my japon aan. Hasepad kies in my nagrok sien ek nie voor kans nie. Iewers klink ‘n harde slag op wat my na asem laat snak. Jammerlik aan die huil gaan kan ek nie nou nie. Kragteloos voortgaan is my enigste opsie. Luistervink speel by die deur bring my niks nader aan die waarheid nie. Met ‘n hart wat bokspring maak ek die deur op ‘n skrefie oop. Niemand in sig nie. Op die bank sien ek ‘n beweging. Pens en pootjies lê die yslike rottweiler daar in die maanlig en vreet. “Quinton…. hoe het jy in die huis gekom? vra ek en stap nader. Radeloosheid neem van my besit toe ek sien waaraan hy so heerlik smul. Skaapstert wat ek gisteraand gaargemaak het om vandag op te dis. Tandekners gaan nie help nie. Uit ‘n ander hoek daarna kyk bring vrede. Veel eerder ‘n hond wat vleis steel as ‘n nagtelike besoeker met duister motiewe. Wonderlik die verandering wat meteens oor my kom, en die lag in my binneste wakker maak. XXX blaas ek soentjies vir die hond. Ywerig gaan klim ek in die bed. Droomland wag ZZZ.

Mooi loop!!!

32 gedagtes oor “Kameel – Alfabet

    1. Dankie Una. Dis nou wat gebeur as jy drieuur in die oggend wakker word en slaap ontwyk jou… jy dink woorde uit. 😂😂😂 So lekker om van jou te hoor. Dink aan jou skoolgee en vertrou dit gaan bakgat.

      Like

      1. woordnoot

        Hi….dankie dat jy aan my dink. Gaan eintlik goed. My internet is by die werk opgekoffie en my data is skraal daarom is ek so non existing…..hopelik kan ons vandag als sort ❤❤

        Liked by 1 person

Gesels met my ...