Kameel – VVVTT Hoofstuk 7

Screenshot_2020-07-14-21-38-29-1-1

Ek sit met die muntstuk in my hand en dink diep. Waarheen sal ek dié towerinne vat; die wêreld is groot en ek het hom vir jare deurkruis. Dit terwyl ek voete op, met die remote in my hand in my relaxer gesit het. Daar is egter een plek wat ek baie graag wil besoek, en dit is Cappadocia in Turkye. Nie uit ‘n lugballon nie… nee ek wil die land met sy feëjietorings en woonplekke in die vulkaniese rots gesny, self belewe. Ek wil sien hoe stede sewe verdiepings onder die aarde soos ‘n miernes uitgekolwe is. Daar waar die Christene heen gevlug het toe die vervolging met geweld toegeneem het. Ek wil hulle plekke van aanbidding met die geskilderde mure bewonder. Maar dan weer towerinne, grotte en tonnels spel moeilikheid. Ek skud my kop…. “nope, dit gaan nie werk nie.”

Wel daar is nog een ding op my lys wat ek met my hele hart smag om te doen…. “bobsleigh!!” Dink net wat ‘n belewenis om teen daardie spoed op ‘n mensgemaakte resiesbaan uit ys berg af te gly. My tone krul sommer van lekkerkry. Daar sal natuurlik ‘n ervare drywer wees; die slee word gestoot dan spring jy in wanneer hy (dis nou die slee) spoed opgetel het… en daar gaan julle. Die adrenalien gaan pomp dis verseker… veral wanneer daardie slee teen die yswande opklim en lyk asof hy bo-oor gaan tuimel. Ek hoor al die towerinne se gille. Ek geniet die prentjie so dat ek kliphard begin lag. Maar dan doem ‘n ander prent voor my op. Vuurvliegie wat amper uit haar harnas geval het toe ons valskerm gaan spring het. Nee, ek sal iets minder gevaarlik moet kies… maar wat.

“Camilla waar is jy… wat sou jy gekies het?” prewel ek saggies en vryf liggies oor die kwien se neus. Verbeel ek my of was daar ‘n vibrasie in die muntstuk. “Kameel kom by, hoe lank moet ons nog wag,” vra Woordnoot en klik haar vingers voor my gesig. “Vir wat die haas,” sê Positief en blaas ‘n rookkring die lug in, “gee haar tyd om te dink. “Jammer julle, ek moes my huiswerk vroeër gedoen het… gee my so ‘n uur of wat dan sal ek gereed wees,” en met dié woorde stap ek weg om te dink. “Het dit!” sê ek heelwat later, en keer opgewonde terug na waar die towerinne wag. So opgewonde is ek dat ek sommer oppad al die muntstuk vryf. Die volgende oomblik voel dit asof ‘n stofsuier my met spoed insuig. “O aarde ek het vergeet van die tent… maar dis heel duidelik nou te laat!!” Uiteindelik is daar lig aan die einde van die tonnel, en ek staan op die dek van ‘n skip. Ek kyk vervaard om my rond en bars amper uit van die lag toe ek Bondels sien. Met haar krulle in alle windrigtings, en oë so groot soos pierings staan sy daar wasbleek. Die ander towerinne lyk net so verskrik, en ook hulle lyk asof hulle nounet uit die bed geklim het. “Is my lippe nog rooi?” vra Sonell, en soek in haar handsak vir ‘n spieëltjie. “Waddehel het gebeur Kameel, waar is ons, en waar is die tent?” vra Hester. Heel duidelik soek sy antwoorde en ek kannie een beantwoord nie, behalwe om te sê “Op ‘n plesierboot,” Ons is oor die ergste skok en begin rondkyk. Netjies geklede mans, en deftige vroue stap op die dek rond. “Lyk na ‘n ‘fancy dress,’ partytjie,” sê Virgo… kyk net die lang rokke, hoede en sambrele. ‘Oh my word,’ ons pas nie in nie.” Ons verkyk ons aan alles om ons en dan hoor ons ‘n bekende “Helloooo.” Camilla kom oor die dek na ons aangestap, haar gesig stralend. “Ek is so bly julle is hier… julle moet net kom kyk hoe deftig is alles…. outyds, maar deftig.” “Hoe kom jy hier?” vra ‘n paar stemme gelyktydig. “Ooooo ek het ‘n uur of wat gelede op ‘n eienaardige manier hier aangeland, maar ek is soooo bly anders het ek nooit vir Edward ontmoet nie. “Edward?” ego die stemme weer. Camilla lag “Julle sal van hom hou, hy is ‘n regte gentleman.” ‘n lang blondekop man kom aangestap. Aan sy houding en kleredrag behoort hy definitief aan die Ingelse ‘upper class.’ “Hy is heel duidelik nie ‘n panneman nie,” lag Una. Camilla loop hom tegemoet, haak by hom in en dan stap die twee weg.

“Mense, ek wil nou nie spoke opjaag nie,” sê tannie Frannie, “en nee ek is nie gedrink nie al beweer my ma en pa se name ek is ‘n populêre drinker, maar hierdie is nie ‘n “fancy dress” nie…. ons het teruggegaan in tyd. Hierdie is ‘n stoomskip…. en stoomskepe is lankal nie meer in gebruik nie. Ons gaap haar aan, bekyk weer die mense en skip en dan kry almal lewe. “Wag sê Christa ek vra gou vir Siri wat is die datum,” en sy begin met die Apple kontrepsie om haar pols peuter. “Vergeet van Siri… sy bestaan nie in die era waarin ons nou is nie,” kom dit van Vuurvliegie waar sy op ‘n dekstoel sit en haar kop vashou. (Dit was ‘n lelike hou wat sy gekry het.) Sy eindig haar sin met “Sela,” sluit haar oë en leun terug in haar stoel. Die towerinne borrel oor van opgewondenheid. Scrapy wil die kaptein gaan opsoek en hom van die musk vuurpyl vertel. Toorts is weg met Aalsie aan die hand op soek na die kombuis om hulle van banting te vertel. Seegogga en Hester loop reling toe en Hester bekla haar lot dat sy nie haar visstok het nie. Die ander wil ondersoek gaan instel na alles wat op die skip aangaan. Ek sug verlig; mooi netjies ingehok binne die relings van ‘n skip gaan hulle hulself geniet.

Die sonsondergang kleur die hemelruim rooi toe Perdebytjie kamera in die hand terugkeer. “Sjoe, dis vir jou grênd hoor,” sê sy en sak langs ons neer. Sy begin lag “Kyk nou vir Camilla,” en wys na die voorpunt van die skip waar Camilla besig is om vir Edward te wys hy moet sy arms soos die vlerke van ‘n voël uitsprei. Sy gaan staan rugkant voor hom, leun teen hom aan en lig haar arms. Sy hande sluit om hare. “Ooo dis so romanties sug Perdebytjie…. laat my dink aan die Titanic.” soos blits sit Vuurvliegie regop. “Wat is die naam van hierdie skip,” vra sy, haar oë boor in myne. Voordat ek kan antwoord kom tannie Frannie – met die towerinne op ‘n streep agterna – aangedraf. “Ons moet dadelik van hierdie skip af,” sê sy uitasem. “Dis die Titanic…. en dis vandag die 14de April 1912. Oor ‘n paar uur gaan hy ‘n ysberg tref!!” Daar is paniek in almal se oë. Hester wat ook nou bygekom het gee opdrag, “Kameel kry daai muntstuk en vat ons hier weg!!” “Nee, keer Bondels en Una gelyk… ons moet die kaptein gaan waarsku.” “Julle kannie die geskiedenis terugdraai nie,” sê Hester. “Kameel!!” Haar blou oë praat duidelik. Ek vroetel in my broeksak maar moet kort-kort trane uit my oë vee. Van die towerinne huil openlik, en ander prewel woorde soos “arme, arme mense.” Camilla se klokhelder laggie weerklink in my ore. “Toorts gaan roep haar asseblief,” vra ek. Een laaste kyk na die mense wat so salig onbewus van die lot wat op hulle wag lag en gesels, en ek vryf met mening oor die kwien se neus. Dis definitief beter as mens nie weet wat die toekoms inhou nie.

Aalsie sal verder vertel

Mooi loop!!

Hierdie is nog ‘n Lê-Jou-Eier bloguitdaging wat deel vorm van die Towerinne se avonture. Skryf in vir hierdie uitdaging deur ons inskrywingsvorm op Google Docs te voltooi. Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skrywe en heg jou bydrae aan op ons InLinkz-skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Kom reis gerus saam met ons en as jy graag die muntstuk wil vryf om aan die avontuur deel te neem en ‘n episode te skryf, skryf gerus in. Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

 

56 gedagtes oor “Kameel – VVVTT Hoofstuk 7

      1. Kan jy jou indink, die water moes ysig gewees het. En ja, dit bring mens elke keer terug by die woorde van die eienaar van die skip, of die ou wat dit gebou het. Dat die skip onsinkbaar is. Als is in die Here se hande, nie ins mense s’n nie. As jou tyd daar is, is dit.

        Liked by 1 person

  1. Ek gaan vir die res van hierdie toer nie weer dink aan visvang nie. Amper was ek nou natter as sopnat. Laat my wonder oor wat ‘n mens sou doen as jy regtig in so ‘n situasie kon beland – sal jy die nodige wysheid hê om weg te stap en gedane sake met rus te laat? Briljant geskryf, Kameel.

    Liked by 1 person

  2. Die fliek het die hele ding baie ver-romantiseer (is daar so woord?), ek dink dit was aakliger as aaklig, maar vandag is dit deel van geskiedenis

    Nou sit en wonder ek watse flieks gaan van hierdie historiese tyd waarin ons nou leef gemaak word? En sal ons nasate ook so koue rilling kry en dink “Dankie tog dit was nie ek nie”?

    Liked by 1 person

    1. Dankie Bondels. Jammer ek het jou krulle so deurmekaar laat word. Daardie opgesuig word in ‘n stofsuier is blikkies scary. Moet sê ek het ook wisselende emosies ondervind met die skrywe. Gaan oplees oor Titanic en dit is maar ‘n hartseer gebeurtenis. Moes erg gewees het om dit deur te maak.

      Like

      1. Toemaar ek lyk maar gewoonlik so deur die koek met my hare so om my in die wind. Ja ek dink die Titanic storie moes woes scary gewees het. Ek het uit eindelik die fliek gekyk so rukkie terug, wou nooit. Maar ai dis hartseer

        Liked by 1 person

      2. Dinge gebeur maar soos dit moet… maar mens voel sommer de vieste in vir die seun van die eienaar van die “shipyard” wat skip gebou het. Blykbaar wou hy rekordtyd opstel en waarskuwings van ander skepe is geignoreer. Hy het ook gesorg dat hy op reddingsboot kom terwyl vrouens en kinders eerste moes gaan. Dan weer ons hou nie menselewens in ons hande nie.

        Like

    1. Dis ongelooflik interessant om daardie tonnels en blyplekke in die vulkaniese rots uitgegrawe te sien. Weet nie hoe die mense nie verdwaal het nie. Hulle aanbiddingsplekkies te mooi. Ek het dit natuurlik op die Travelkanaal beleef… maar sou so graag dit self wou sien.

      Liked by 1 person

      1. Toorts my probleem is dat ek julle nie dinge kan vertel en wys as ek nog nie daar was nie. Mens moet darem die atmosfeer ens kan weergee. Ek toer lekker saam julle. Het amper vir Hester gevra om my naam af te haal van skryf vir die uitdaging toe kry ek gedagte oor Titanic.

        Liked by 1 person

      2. En ek droom hoe ek twee van my vriendinne ompraat om saam met my in die koshuis te gaan bly. Hoekom, weet ek nie. En ek sal albei se kamermaat wees rerwyl ek weet aan die hoërskoolkant is slegs tweemankamers. By die koshuis aangekom is dinge nie meer soos ek gedink het nie en nou weet ek nie hoe om die vriendinne weer andersom te oortuig nie. Dit kom nou daarvan om jou te probeer oortuig!

        Liked by 1 person

    1. Dankie Seegogga. Dis hoekom dit maar beter is ons lewe dag tot dag. Het met my eie lewe gesien as ek geweet het wat lê in die toekoms hoe anders my keuses sou wees. Dink net ons kon tyd terugdraai.

      Like

    1. Defintief ‘n afgryslike dood. Die kaptein het seker gedink jy spin… stories of is heeltemal koekoes toe jy hom van die Musk vuurpyl vertel het. Weet nie waar anders om te sê baie geluk en seënwense op nie nuweling nie. ❤

      Like

  3. Terugklingel: Ontbyt op Rebusfontein, vervolg | Seegogga se Bloggie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s