Kameel kry raas

By nou weet julle hoe lief ek vir wilde “rides” en rowwe branders is…. of was.  Alhoewel ek dit self nie meer kan doen nie, is die vuur in my binneste nog lank nie geblus nie. Kenneth en sy gesin kom kuier. Net die babawaentjie se raamwerk staan in die groothuis se oopplan sitkamer. Lekker stewige handvatsel met twee wye agterwiele; twee kleiner voorwiele amper langs mekaar. Driejarige Eli klim op die raamwerk en skoonseun stoot hom brrrm brrrm deur die kombuis en terug sitkamer toe. “Push me oumie,” vra hy en kyk vol afwagting na my. Ek staan op, en toe my hande daardie handvatsel vat begin die vuur brand. “Hold tight,” sê ek vir Eli en daar gaan ons. In die kombuis gooi ek so ‘n wilde draai dat die agterwiel lig. Volvaart kom ons die sitkamer binne waar die vier “grootmense” staan en gesels. “Wat MAAK mamma!!? roep Kenneth uit. Bloed pols deur my are en vol opwinding antwoord ek, “Ek is wild.” “Dit kan ons almal sien,”  antwoord hy, “hoe kan mamma met mamma se dronkkop so wild aangaan… ek sien al hoe trek mamma en Eli deur die glasdeur.” Die ander knik hulle koppe instemmend. Ek is op my plek gesit. Om te dink daar was ‘n stadium in my lewe waar ek die raaswerk gedoen het.

Maar dit was nog nie die einde nie. Ek het redelik baie by ons Portugese dogter gaan kuier wanneer Ken weggewerk het. Haar man het vir hulle dogtertjie ‘n swaai gemaak met ‘n stuk buiteband as sitplek. Natuurlik moes ouma haar maak. Ouma het haar vroeg-vroeg geleer dat as jy wil swaai gaan jy voluit… nie so effentjies heen en weer nie. Ek onthou as dogtertjie hoe hard ek probeer het om die swaai oor die dwarsbalk te kry. Hoog, hoog het ek haar gemaak; wanneer sy bo kom het haar liggaam gewip en dan teruggesak in die siitplek. Natuurlik het dit saamgegaan met baie lag, veral as die swaai skeefdraai en ek vinnig by ‘n paal moes keer om ‘n botsing te vermy. Een Sondag kuier haar ander oupa en ouma ook daar. Ek word geroep en moet hoor dat die ander ouma haar geswaai het, en die juffroutjie het daarop aangedring dat ouma Kameel haar moet maak… want net ouma Kameel weet hoe. Die ander ouma kyk toe, en toe die pret op sy hoogste is slaan sy haar hande oor haar oë, “Ek kannie hierna kyk nie, dis te gevaarlik,” en met die woorde stap sy weg. Dis nou sewe jaar later. Ek vra Vilani – wat nou tien is – of sy nog onthou hoeveel pret ons met die swaai gehad het, waarop die “madame” antwoord dat dit baie gevaarlik was, en sy baie seer kon gekry het, veral as die swaai daardie paal getref het.

Mooi loop 😊

29 gedagtes oor “Kameel kry raas

  1. Tienjariges is slim, Kameel, volgens hulle verstaan hulle als. Net nie dat dit ñ ouma neem om jou sterk en reg vir die lewe te kry nie, selfs op ñ ‘gevaarlike swaai!’ Jy het jou plig goed nagekom, daardie bekkie beaam dit.

    Liked by 2 people

  2. Deesdae se oumas … mens moet hare op jou tande hê om saam met hulle te oorleef. Dink net, vyftig jaar gelede het oumas met ‘n kniekombersie voor die kaggel gesit en hekel en die kleinkinders mog nie om haar hardloop of raas nie.

    Liked by 1 person

    1. Jip tye het omtrent verander. My ouma wou nog voortrekkerkappies op ons koppe sit voordat ons in die son uitgaan om op die plaas te speel. Ons sal vir ons kniekombersies en hekelpenne moet kry Hester 😂😂😂😂

      Liked by 1 person

    1. Êk het gewonder of ek ook met my ma geraas het… maar sy was so stemmig dat dit seker nie nodig was nie. Nooit gedink dié dag sal aanbreek waar ek soos die kind voel nie.
      Wil jou nog vra hoe gaan jy daar doer in die wolke daardie oop vensters was. So lief soos ek vir avontuur is… so verpes ek hoogtes. Daardie foto van julle oop venster maak my maag draai.

      Liked by 1 person

    1. Ek en my maats het ure in die park gespeel Scrapy…. en ons was rof. Van daar af het die rides al woester geraak. Konnie wag vir die jaarlikse Randse skou om al daardie dinge te gaan ry nie. Hoop Eli onthou eendag bietjie van sy ouma se uit haar kassie klim. So frustrerend om altyd te moet sit en toekyk.

      Like

      1. Glo goed dis frustrerend. Bea wil ook hê ek moet langs haar op die mat sit of lê wat vir my onmoontlik is. Ek kom nie weer op as ek eenmaal so laag is nie en dan sit ek nog ongemaklik ook omdat ek n stywe rug het. Gelukkig kan ek darem in n mate nog haar jaag.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s