Kameel – Deur oëverblindery

Ek het hierdie verlede week op ons groepie geplaas. Frannie het gevra of ek dit nie as blog wil plaas en op InLinkz sit nie. Vir daardie InLinkz deel moet ek na Hester roep. Wat sou ek sonder haar gedoen het? Ek dink sy weet nou hoe my onnies gevoel het 🙄

Met my in diepte kyk na my lewe het ek gister iets interessants ontdek. My en Toorts se “vriendskap” het met oëverblindery begin. Ek het die vreemde vrou se boodskap op Fb gesien; Weet iemand miskien wie vir my vinnig blinders kan opsit?” Dit het die terggees in my wakker gemaak, en ek antwoord “Probeer ‘n kulkunstenaar.” Sy reageer deur te vra wie ek is en of sy reg verstaan. So het dit begin… en later het sy my genooi om saam met haar te blog. Die Towerinne het ook met oëverblindery begin. Abrie het fotos van Toweropstal op sy blog geplaas… en ‘n “crime scene” beskryf. https://abriejoubert.wordpress.com/2018/01/27/scene-of-the-crime Die fotos het wêrklik na oëverblindery gelyk, en het my omtrent gefassineer. Terselftertyd skryf Toorts ‘n blog dat sy nie vingerafdrukke het nie.  https://toortsie.com/?s=Vingerafdrukke Ek antwoord haar as volg;
“Dan kan jy nou ‘n lekker “crime” beplan siende dat hulle nie jou vingeragdrukke kan neem nie. Die plek… daardie ou murasie op Abrie se blog. Dis idiaal want as daar getuienisse is gaan hulle oë hulle verblind en hulle gaan teen mekaar praat. Bly weg van die skoorsteen, jy wil nie al gillende die bultjie afhardloop met ‘n klomp perdebye agter jou aan nie. Moenie vir Una by jou komplot betrek nie, sy gaan Bali toe en sal nie beskikbaar wees nie. Bly ook weg van Tina af… sy gaan jou ‘n pil injaag om jou tot besinning te bring. Woestynkind ook nie ‘n goeie keuse nie… as dinge tense begin raak haal sy wyn uit… en julle gaan nie tyd hê vir ‘n wyndrinkery nie. Ekmyself… mmmm…miskien, maar dan moet jy seker maak jou selfoon is af. Net miskien bel iemand en die oomblik as sy musiek hoor begin sy dans. Scrapy sou uitstekend gewerk het… maar helaas sy bly te vêr. Wegkruipertjie se hart sal nie in die saak wees nie… haar hart is op ‘n ander plek. Perdebytjie sal nie sonder haar kamera wil gaan nie… en jy wil nie fotos op die crime scene geneem hê nie. (Sy sal daardie ou skoorsteen vol perdebye wil afneem). Dan bly daar net Hester oor!!! Ja Hester sal idiaal wees as jou crime partner solank jy net nie stoepitgeit aanvang nie!!! Hou my op hoogte hoe julle vorder.”

As julle al die kommentare lees sal julle sien hoe gretig die aas deur ‘n paar vroue opgepik is… en net daar begin die manewales van ‘n groep vroue wat later as die Towerinne bekend sou staan. (Vuurvliegie het ons so gedoop.) Abrie is genader om vir ons die komplot uit te werk. Tipies man word daar ‘n lys gereedskap ook neergepen, want lipstiffie alleen sal nie werk nie. https://abriejoubert.wordpress.com/2018/02/04/die-perfekte-misdaad/  Met Hester wat delegeer (hoop dis regte woord) en die sweep laat klap wanneer nodig het ons die wa deur die drif getrek…. en saam heerlike avonture beleef. Dankie aan elkeen wat soveel lag on my lewe gebring het.

Mooi loop!!

https://fresh.inlinkz.com/p/a0c98db4df894be6921458c62165d987

33 gedagtes oor “Kameel – Deur oëverblindery

  1. Toweropstal! Mooi herinneringe. ‘n Mens kan nie glo dat so ‘n klomp mense wat mekaar van geen adamskant af ken nie, so geesdriftig en met soveel sukses ‘n misdaad (op papier) kon pleeg nie. All for one and one for all.

    Liked by 1 person

    1. Dankie ook vir jou wat struktuur geskep het sover die moontlik is (alhoewel die kommentare dikwels tot twists en sub-plots gelei het wat vir niks skrik nie en wesenlike kreatiwiteit benodig het om die storielyn aanmekaar te hou.
      Ek het nou weer hoodtuk 1 van die perfekte misdaad gaan lees https://abriejoubert.wordpress.com/2018/02/04/die-perfekte-misdaad/

      Die perfekte misdaad – mens kan aflei dat Hester ‘n positiewe mens is, haar glas is halfvol (met al die reën daar by haar is dit heeltemal vol), maar met respek Hester ek weet nie of hierdie misdaad perfek gaan wees nie. Solank ons net nie die daad heeltmal mis nie!

      Liked by 2 people

      1. Lekker laat jy my lag Abrie. Dit was ‘n heerlike storie, al moes ons so nou en dan broek aandraai en ‘n paar omwentelings inpas om die storie te laat vlot. Toweropstal sal vir altyd beroemd wees in die bloggers se annale.

        Liked by 1 person

    2. Maar dit is die kommentare wat die storie spice en baie bykomende humor gegee het! Soos herdie kommentaar van jou:
      Toortsie is klaar sonder woorde geskrik. Krugerponde nogal. Ja, Abrie, jy’s reg, ons sal vir onsself heelwat talente moet bylieg. Hoekom het ek geweet ek gaan eerste aan die beurt wees om hierdie tameletjie te roer?

      Liked by 3 people

    1. Una jy was gereed vir groot aksie – onthou jy hierdie kommentaar van jou:

      Ek wil soos Anne Hecke van die reeks Brave wees! Gaan vir my ń blonde pruik aanskaf en haar houding in die spieël oefen… Ek weet sy veg aan die regte kant, maar ń vrou mag maar droom. My kleinseuns het ‘gunne’, baie. En swaarde. Ek dink ek wil deel van ons sekuriteitsspan wees, so ń blonde ouma met ń groot geweer…😎😎😎

      Liked by 1 person

  2. Hi Kameel ja dit was goeie tye, iets waaroor ek nogal nostalgies raak. Dit is inderdaad merkwaardig dat ‘n sameloping van omstandighede ‘n groep vreemde bloggers (onbekend aan my in elk geval buite die blogosphere) so kon saamsnoer dat jy amper mekaar se lief die lief en leed kon beleef het al was dit ‘n fiktiewe storie. Vir my was dit seker my blogging hoogtepunt.

    Liked by 2 people

    1. In die kommentare na hoofstuk 1 bekla jy jou gebreke “Met my dronkkop en rigtingbeduiwelgeit kan julle my onmoontlik vertrou om deel te wees van die komplot”
      En ek praat jou moed in wat moes gewerk het want hier is jou reaksie en hoe waar was dit inderdaad Camilla!
      “Sjoe…..dan kan ek ‘n beeldskone meisie in die storie wees…. met ‘n natuurlike magnetiese Noord 😊

      Liked by 1 person

    2. Dit verbaas my net so dat ‘n groep mense wat mekaar nie ken nie soveel pret saam kon beleef. Toweropstal (en sy mense) sal altyd spesiaal bly. Wonder wat daardie boer sal sê as hy weet hoe nostalgies ons oor die plek is. So bly jy het ons aan die plek “voorgestel.”

      Liked by 1 person

      1. Ja dit was spesiaal vir my en sal altyd bly. Die naam Toweroptal is danksy die “Oeverblindery” met de hoeke waaruit die foto’s geneem is, maar ook danksy die boek Toorberg wat ek op universiteit gedoen het. Ek is bly en kon bydra tot de naam van die groep wat Vuurvliegie later Towerinne gedoop het en steed voortleef in Coronamouna en ander verhale.

        Liked by 2 people

      2. Ek het nou weer jou beplanning gaan lees… was so lekker toe jy deel was van ons groep. Jy wil seker nie ‘n Towerin wees nie… maar kan ons gerus verras en jou verskyning maak. Almal sal bly wees om jou te sien!!!

        Liked by 2 people

    1. Ons het soveel pret gehad Ria. Hester sê ons moet vir elkeen ‘n kans gee om te vertel hoe hulle ‘n Towerin geword het… en wat die groep vir hulle beteken. Sy gaan dit ‘n uitdaging maak. Sal interessant wees om te hoor wat elkeen sê. Mooi dag vir jou.

      Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Hoe het jy die status van Towerin bereik? - Dis Ekke

  4. Terugklingel: Hoe het jy die status van Towerin bereik? | Tannie Frannie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s