Hier is die sewende hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9
Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te
NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017
HOOFSTUK 7
TWAK!!! sê ek hard en duidelik. “Exskus me?”sê Lorenzo en krap met sy vingers deur sy swart hare. Die uitdrukking op sy gesig is so komieklik dat ek sekerlik sou lag was ek nie so kwaad nie. Ek waai met my hand deur die lug “forget it… you won’t understand.” Kan jy nou meer, wonder ek ontstoke. Hier kom ek Rebus toe vir bietjie rus en vrede, en nou moet ek hoor van hekse en spinnekoppe wat verantwoordelik is vir die Corona virus, EN Broodina, EN Una wat in ‘n kokon toegespin is, EN Toorts wat dronk op ‘n spinnekopjag is, EN die ergste is dat hulle die spinnekoppe wil vang, steriliseer en WEER vrylaat!!! “Oor my dooie liggaam!!” sê ek met soveel passie dat Lorenzo weer kopkrap en “Exkus me?” “They must die, do you hear me Lorenzo THEY MUST DIE!! and don’t you excuse me again!!” Met ‘n gesig spierwit van skok kyk Lorenzo my aan en vra dan huiwerig. “You want to kill all the Toferine?” “Red my siel met so ‘n nasie!!” maar dan versag my hart teenoor die Italianer wat so goed is vir ons. Vir ‘n oomblik wens ek hy was my seun dan kon ek hom teen my vasdruk… maar ‘n sagte drukkie op sy skouer moet die trooswerk doen. “No Lorenzo the spiders, those spiders must be killed.” Hy knik sy kop instemmend. “I tell them so… I tell them too dangeros, but” hy trek sy skouers op as teken van sy hulpeloosheid teenoor ‘n klomp halstarrige Towerinne. Hy is nie saam nie. Hester het gesê as die Towerinne in die moeilikheid beland moet hy hulp gaan soek.
‘n Rukkie later stap ek en Lorenzo na die huisie in die bos toe. Was omstandighede anders sou ek sekerlik die plekkie bewonder het, maar nou het ek net een doel voor oë. Ek klop… nee ek hamer teen die voordeur. Dit gaan amper onmiddelik oop, en die gesig wat my aanstaar laat die woorde in my mond smelt. “Corona!!” sê ek na ‘n rukkie. Sy knik haar kop dan sê-vra sy “Kameel?” Ons was saam op skool; sy heelwat jonger as ek. Die lelike eenkant dogtertjie met haar eienaardige spinnekop speelmaats. Sy het in haar eie droomwêreld geleef waar mensekinders nie ‘n plek gehad het nie. ‘n Beweging laat my oor haar skouer kyk… en sowaar daar sit Broodina met ‘n koppie tee in haar hand… die pinkie ewe “grand” in die lug. Dis egter die triomfanklike uitdrukking op haar gesig wat my bloed yskoud laat word. Alles aan haar spel O N H E I L!! “Corona kan ek privaat met jou gesels?” vra ek. Sy knik haar kop en wys na ‘n bankie onder ‘n boom. Broodina gee ‘n snorkgeluid wat glad nie by die pinkie pas nie. ‘n Laaste vuilkyk van haar kant af en ek trek die deur ferm tussen ons toe.
Skaars op die bankie gaan sit of die geluid van stemme weerklink op. Hulle kom aangestap…. of sal ek eerder sê Hester stap voor, haar houding presies soos in die droom waar sy in haar leeutemmerspakkie grot toe gestap het. Virgo kom agterna en probeer ‘n besope Toortsie rêgop hou. Lorenzo keer net betyds, en lê Toorts op die gras neer. “Waddehel,” sê Hester toe sy my sien, “waar was jy al hierdie tyd? Toorts sien al heel dag gesigte, en sweer hoog en laag jy is saam met ons, en Christa het laat weet daar gaan vreemde dinge hier aan… maar ek het jou nie hier verwag nie.” “Het jy Corona al ontmoet,” vra ek en stel hulle aan mekaar voor. Virgo het ook nou bygekom en maak haarself op die gras tuis. “Hoe voel jou sinusse Hester?” vra ek want heel duidelik is sy in ‘n omgekrapte bui wat meer behels as die Towerin probleme. “Vergeet van my sinusse, wat soek jy by hierdie… hierdie…” “Heks,” maak Corona die sin klaar. “Ek wou meer kom uitvind rondom die spinnekoppe,” verduidelik ek. “Ons wil almal meer weet van die spinnekoppe,” sê Hester en gee Corona ‘n kyk wat boekdele spreek.
Corona vertel van Barnum se sirkus en dat sy partykeer die spinnekoppe in ‘n vertoning laat deelneem het. Dit was tot daardie dag toe sy een spinnekop so groot laat word het dat al die mense gillend uitgehardloop het. Mr Barnum het haar belet om dit weer te doen. “Hoe bedoel jy, jy het die spinnekop groot laat word?” vra Hester. Virgo is nou so gefassineerd dat sy sommer regop sit en nader skuif. Sy het skoon van distansie vergeet. Corona vertel dat sy nog klein was toe sy agtergekom het die spinnekoppe word groter of kleiner soos sy praat. As sy die dag op een se rug wou ry het sy hom so groot soos ‘n ponie laat word. Het hulle wegkruipertjie gespeel het sy hulle weer baie klein gemaak. Ons staar haar oopmond aan. “Hoe groot kan so ‘n spinnekop word?” vra Virgo. Corona kyk ons huiwerig aan, dan sê sy “Baie groot.” “Hoe groot?” vra Hester. “Hy sal ‘n huis kan platdruk,” sê Corona maar gaan dan vinnig voort. “My spinnekoppe is vredeliewend en sal nooit so iets doen, of iemand seermaak nie.”
Toe ons later daar wegstap is ons praat min. Na vele gepor het Corona erken dat haar spinnekoppe rebels begin raak het vandat Broodina hulle vir haar Rebus toe gebring het. Dis al asof hulle nie meer haar outoriteit wil aanvaar nie. Miskien is dit net die verandering van lug het sy verskoning probeer maak. Verandering van lug se voet; spinnekoppe wat groter as huise word is niemand se speelmaatjies nie, veral nie as hulle nog boonop rebels raak nie. Dan is Vuurvliegie en haar bende ook nog oppad na hulle toe…. met blikkies Doom. Verbeel jou Doom teen sulke gedrogte. Tien teen een sit die klomp Towerinne klaar vasgespin in kokonne teen die grot se mure.
Dankie Christa jy kan verder vertel 😊
Mens kan altyd op jou staatmaak vir ‘n interessante kinkel, dit klink asof die arme Corona dalk uit Broodina se kloue gered sal kan word. Ag, en ek is so bly Lorenzo is op die toneel.
LikeLiked by 2 people
Jip alweer Broodina en haar streke. Hopenlik gaan Corona se oë oop vir wat Broodina is. Hoe kan ons nou nie vir Lorenzo ‘n plekkie in die son gee nie!!! Nou sê ek nag ❤
LikeLiked by 1 person
Baie sweet van jou om so om te gee vir Lorenzo en Corona ook.
LikeLiked by 1 person
So gemaak so gelaat staan 😊
LikeLiked by 1 person
Sjoe ek kannie dink dat Brodina so oop en bloot daar sit met haar pinkie in die lug asof sy die wenner is. Ons sal beslis Corona nodig hê om die spinnekoppe te oortuig van hul misdaad. Hulsal al daardie gespinde bolletjies met die stekel moet gaan opruim en insluk vir straf sodat hul kan vrêk. Wonder hoe naby aan die grot is die klomp Towerinne wat ondersoek in stel. Hul sal moet versigtig wees anders word hul ook deel van die kokon.
LikeLiked by 1 person
😁😁😁😁 Dis ‘n bakgat idee Scrapy. Gee hulle van hulle eie medisyne!!!
LikeLike
Presies!
LikeLike
Dankie Kameel!! Klink my meer as die spinnekoppe het ‘n goeie skoot Doom nodig. Anee a!! Dit sit glad nie lekker aan my lyf dat ons Rebusfontein wat ‘n veilige wegkruip plek moet wees vol hekse en spinnekoppe en nare goed moet wees nie! Waar gaan ons heen vlug as die lewe druk? Gelukkig is julle besig om dit mooi vir ons uit te sorteer
LikeLiked by 1 person
Hoeveel onse is daar in jou pond Bondels? Jy het dan voortou geneem daar met jou blikkie Doom. Ek was net so vies dat ons Rebus so ‘n spinnekopnes van misdaad geword het.
LikeLiked by 1 person
Bloot omdat dit net nie so gelos kan word en ‘n klomp ongediertes ons maats op vlug laat slaan nie. En boonop toe spin!! Nee jinne, Una moet ons nog lank hou jong en Rebusfontein moet weer Rebusfontein word. Ek hou nie van Doom nie, maar of dit nou doom is of ‘n ander plan, weg moet daai gedroggies!!!
LikeLike
O Kameel, so bly jy het Rhebus toe gekom. Kan jy nou meer- jy en Corona saam op skool! Ek glo vas ons sal Rhenus kan red met jou en Lorenzo!
LikeLiked by 2 people
Oh my goodness seegogga… met my en Lorenzo!!! Kameel het haar taak klaar verrig… nou gaan sy ontspan. Ooooo nee hoe ontspan mens met sulke gediertes om jou?????
LikeLike
EK WIL NIE VERDER HOOR NIE! EK WIL NIE EK WIL NIE EK WIL NIE!
LikeLiked by 1 person
Sit oorfone oor jou ore en maak jou oë toe. Ons sal jou verder instoot waar ons jou nodig het.
LikeLiked by 3 people
😂😂😂😂😂😂 Lekker lag ek nou vir jou Scrapy!!! Wegkom gaan sy nie wegkom nie!!! Ons stoot haar in waar sy nodig is 😀😀😀😉
LikeLike
Nou lag ek eers ook weer verder. Sal net moet sorg dat sy haar oë retig toehou anders hol sy nog weg ook.
LikeLiked by 1 person
👀🙈😎
LikeLiked by 2 people
Lê jy nou maar eers daar op die grassies tot die Witblits uitwerk, dit het nou al jou spraak aangetas asook jou maak skree soos ‘n 2 jarige wat ‘n temper tantrum gooi. Nee a, ons het genoeg om mee te deal
LikeLiked by 3 people
Toorts haak vreeslik uit wanneer dit by spinnekoppe kom. Dit bekommer my… ons beter nou nugter loop.
LikeLiked by 1 person
😰🤫
LikeLiked by 1 person
Ek het julle gewaarsku. Julle wou nie hoor nie!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, dis nie nou die tyd vir vloermoere nie!
LikeLiked by 2 people
😖🥺😳
LikeLiked by 2 people
Kameel, ek geniet jou skrywe. Corona saam met jou op skool?
(Fluister) Waar is Camilla? Dalk het sy ‘n slag met spinnekoppe ook?
LikeLiked by 1 person
Dankie Positief. Camilla die spinnekoppe betower… hmmmmm. Dit mag werk maar liewer nie… netnou vreet hulle haar op. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Oe jitte! Dit is interessant en weereens soos al die vorige hoofstukke pragtig vertel. Hmmmm, met Toortsie besope kan sy dalkies net met spinnekoppe begin maats maak?
LikeLiked by 1 person
Ons beter Toorts vinnig op haar voete en nugter kry. As daar gehardloop moet word beter almal nugter wees.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, wat help vinnig?
LikeLike
Koffie Christa, koffie!
LikeLiked by 1 person
Pikswart en bitter. Sy moet bykom… daar lê harde werk voor!!
LikeLike
Ag Kameel, jy maak my dag!!! Lekker nuwe verwikkelinge. Shame, dat mens se naam nou Corona moet wees. Maar net een ding julle, julle met die sagte harte gaan haar NIE OP REBUS LAAT BLY NIE!
LikeLiked by 1 person
Daar stem ek saam Una…. Corona moet vir haar ander blyplek soek. Hekse en Rebus gaan nie saam nie. Net jou eers gaan red. Vasbyt tot dan!!!
LikeLike
Ook nie spinnekoppe nie. Dis omdat ons te lanklaas daar was dat die spinnekoppe loop oorneem het.
LikeLiked by 1 person
Presies!!!
LikeLiked by 1 person
Wat het geword van ons vreedsame Rebusfontein?
LikeLiked by 1 person
Dit is wat ek ook wil weet Perdebytjie. Toe Broodina die plek ontdek het is die vrede weg. As ons net vir altyd van haar kan ontslae raak!!!
LikeLiked by 1 person
Ek werk daaraan.
LikeLiked by 1 person
Corona, spinnejakke, Broodina…..o my world. Hoe later hoe kwater!!!🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ons beter hierdie oorlog wen… of ons Rebusfonteinvrede is daarmee heen.
LikeLike
En (‘skuus Lou) intussen is die arme Una nog steeds toegespin teen die grotmuur…
LikeLiked by 1 person
Ja arme Una. Wonder of haar gesig kort kort ‘n lickdown kry? En wie weet miskien bevind die ander Towerinne hulle in dieselfde posisie!!
LikeLiked by 2 people
Hier is so ń vriendelike enetjie wat na my kyk. Ek sukkel net met die miere wat so aangedra word, glo veronderstel om versnapperingkies te wees. Iets soos caviaar.
LikeLiked by 1 person
O goeiste Una 😂😂😂😂😂 Voer hulle jou ook miere?
LikeLike
Dis dalk beter as Una nog so ‘n rukkie daar in haar kokonnetjie sit. Sy klink gelukkig en asof sy veilig voel daar. Ek begin dink ek moet my ook laat toespin.
LikeLiked by 3 people
Hemel Hester laat jy my lag. Dan kan jy alles net bekyk en hoef nie die bokskryt self te betreë nie. 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Net so, Kameel, net so!
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook, Hester. Hier sit ek sonder enige bekommernisse, want ek weet mos julle is oppad.
LikeLiked by 2 people
Jy klink baie ontspanne, ja. Wat voer hulle jou? 🤔
LikeLike
Ek sit voor ‘n venster en blog. Skielik kyk ek op en sien ‘n eekhorinkie op die grasperk oorkant die straat. Vir een allerverskriklike oomblik lyk hy soos ‘n reuse-spinnekop… O, my senuwees!!
LikeLiked by 1 person
Ag sorry Frannie maar ek moes lag. Dink ons almal gaan vir ‘n tydjie hoog trap 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Genade! Dis een van daardie spinballetjies wat uitgebroei het!
LikeLiked by 2 people
Dis nooit anders nie!
LikeLiked by 2 people
Skokkend!
LikeLiked by 2 people
Fantastiese aflewering Kameel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. 😊
LikeLike