Hoe verander tye. Vandat hy drie jaar oud was het ek ons kleinseun elke middag by die kleuterskool gaan oplaai. Maandae het ek hom vir arbeidsterapie, en Woensdae vir spraakterapie gevat. Albei het baie huiswerk gegee en dié het ons elke middag na kleuterskool gedoen. Hy is skooltoe, en toe was dit smiddae huiswerk. Min het ek besef dat die ou blondekopseuntjie my jare later sou rondry. Gelukkig onthou hy nog baie van ons tye saam. Vir my sal dit altyd die kosbaarste jare bly. Ek en die kind wat so diep diep in my hart gekruip het.
Hy het my dokter toe gevat. Sal die man wat al twintig jaar my dokter is nou sy spreekkamers staan en verskuif het. Daar is nie ‘n manier waarop ek ooit daardie gebou by myself gaan vind nie. “Vir wat het dokter dit nou loop en doen,” wou ek weet. O, jy is een van daardie mense wat verandering haat,” sê hy laggend. “Jip, ek soek dinge soos dit altyd was.” Na ons stad toe getrek het, het ek seker vir drie jaar 150 km na my haarkapster tussen die mielielande toe gery. Het sy nie dood verongeluk nie het ek seker nou, twintig jaar later nog na haar toe gegaan.
My spieël sê vir my verandering is onvermydelik, maar ek hoef nie daarvan te hou nie…. alhoewel dit heel lekker is dat my kleinseun nou die bestuurwerk doen.
Mooi loop!!!
So ‘n kosbare band – en ek glo jou kleinseun geniet die omgekeerde verantwoordelikheid ❤
LikeLiked by 1 person
Frannie ek het hom vanaf sy geboorte opgevry. Sy gesiggie was altyd bloedrooi gesoen. Wat ‘n voorreg was dit om op dieselfde erf te bly en soveel tyd saam deur te bring. Ek het hom so lief!!!
LikeLiked by 1 person
Op sy beurt het sy menswees by jou innige liefde gebaat – ek sien ‘n besonderse diepte van deernis by mense wat ‘n hegte band met hulle grootouers het ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie…. dis kosbare woorde ❤
LikeLiked by 1 person
Die wonder van ń kleinseun, dis kosbaar dat julle steeds daardie band het, Kameel.
Snik. Ek hou niks van verandering nie!😩
LikeLiked by 1 person
Ons het soveel pragtige herhinneringe opgebou Una. Dis hy wat gesê het hy gaan vlieënier word en my eendag die hele wêreld wys. Dit was ‘n absolute seëning om soveel tyd met hom te kon deurbring.
LikeLike
My hart!
LikeLiked by 1 person
Dis te dierbaar. Goeie Ouma en kleinseun. Hoe ouer mens word hoe slegter reageer mens op veranderinge. Om hier te bestuur is ook nie te lekker nie met al die sirkels en afritte om dip te hou terwyl mens bestuur.
LikeLike
Die wêreld om Menlyn is so bebou en het so verander dat ek gister nie kop of stert kon uitmaak waar ons is nie. In daardie maze van geboue met hulle kronkel straatjies is die dokter se spreekkamers nou. Nee wat Scrapy ek haat verandering. Hoe ouer mens word hoe eenvoudiger soek jy die lewe.
LikeLike
Netso, eenvoud en geen veranderinge naby nie. Nou is daar in die koppe hier dat hul n stuk grond gaan koop en later n flatjie vir my gaan bou maar eers moet ek by hul in die huis bly. So daar gaat ons nog n keer!
LikeLiked by 1 person
Oooo Scrapy sal lekker wees om naby kleinkinders te wees… maar ek is eerlik… ek sal nie in die huis saam met my kinders wil bly nie. Daarom is ek so dankbaar vir die voëlnes. Sterkte!!!
LikeLike
Hoop ook vir n vinnige bou van my eie nes.
LikeLiked by 1 person
Dis so dierbaar Kameel.
LikeLiked by 1 person
Hy is een van die grootste seëninge in my lewe Hester. Dan het hy nog hierdie pragtige geaardheiđ waar almal lief raak vir hom.
LikeLiked by 1 person
Dis lekker dat jou kleinseun jou kon vat! Ek hou ook nie baie van verandering nie!! Moes dit al te veel in my lewe doen!!
LikeLiked by 1 person
Dan verstaan jy Aletta. Ek raak te geheg aan ‘n plek, mense ens om verandering te verwelkom. Tot vandag toe mis ek my twee laerskool maatjies. Mooi dag vir jou!!!
LikeLiked by 1 person
Kameel jy het mos ‘n lang nek. Jy kan bo-oor die geboue kyk na waar die dokters se kamers nou is, maar dan sou jy nie die kameraderie met die kleinseun gehad het nie. Ek sien darem jy het ‘n kamera gehad om hom af te neem. Toe hy 3 was, was hy nog ‘n klei-seun, maklik vormbaar, ek glo jy het tot die vorming bygedra.
LikeLiked by 2 people
Lang nek of te nie my lyf moet nog daar uitkom ook!!! Hy is ‘n pragtige wyse jongman, en as ek deel aan sy vorming gehad het kan ek net sê dankie Here vir die groot voorreg. Dis koud in die Kaap want jy is weer terug op die lug 😊 Lekker om van jou te hoor.
LikeLike
Lucky fish!
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook 😊
LikeLiked by 1 person
Mooi ek stem saam.
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag vir die dag dat een van die 11 my kan rondry nie! Maar dit gaan nog n rukkie wees. Kosbaar Kameel dat jy dit met ons deel!
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Die Towerinne en Caronamouna Hoofstuk 6 – toortsie.com