Kameel – Oupa en sy dogter

Ek het van die 91 jarige oupa gehoor toe ons in Februarie op die plot in Polokwane was. Dié aand wat sy dogter daar gekuier het, het ons gelag dat die trane loop. Nie alleen is sy ‘n uitstekende storieverteller nie… maar die demonstrasies daarby laat jou skater.

Oupa loop met behulp van ‘n loopraam… maar hy val gedurig. “Pa hoekom loop pa nie tot by die bed met die raam en klim dan in die bed nie?” vra sy dogter terwyl sy hom vir die hoeveelste keer van die vloer af ophelp. “Ek klim al 91 jaar op my manier in die bed, en kannie nou verander nie,” sê oupa.

Hy het al haar toilet stukkend geval, die seepbakkie uit die teëls by die bad geval, maar behalwe vir ‘n paar kneusplekke kom hy elke keer ongedeerd daarvan af. Hy sweer hoog en laag dis die Boron wat hy deur die jare gedrink het wat sy bene so sterk gemaak het.

Die dag toe hy in die stort val en om hulp roep kom sy dogter ingestorm. Daar lê oupa en probeer sy privaatdele met die stortgordyn bedek. “Los die gordyn pa!!” sê sy dogter maar oupa klou vas. “Ag toggie dis net ‘n droeë rangskikking pa… maar ok maak dan maar toe met die handdoek.” Met handdoek as bedekking word hy op sy voete gehelp.

Die Vrydag na haar kuier gaan kuier vyf van ons vrouens vir haar. Sy vat ons sitkamer toe om aan oupa voor te stel. “Pa,” sê sy met die intrapslag, “ek het vir pa vyf ‘lap dancers’ gekry om pa te vermaak.” Oupa groet vriendelik alhoewel ek nie glo hy het ‘n benul waarvan sy praat nie.

Ons word nou op hoogte gehou van oupa se doen en late. Die nuutste is dié whatsapp bdskp.

Een week in die lewe van n 91jarige pa en oupa. Gewone weeksdae het by die deur uitgevlieg. Maandag tot Sondag word nou gekoppel aan wat ons eet vir ontbyt….. dit werk nou so….. oatsdag, brood en eier dag, wheatbix dag, pilchards visdag, milopapdag, toast en baked beansdag en dan laaste pap en maasdag. So weet oupa dan watter dag was dit. Bewaar my siel as ek die ontbyt verkeerd kry…… dan is oupa se hele week deurmekaar. Dit hou my op my tone. Ek besef elke dag dis nog n geleende dag vir my om hom by my te he!!!!!🙏🙏

Mooi loop!!

 

21 gedagtes oor “Kameel – Oupa en sy dogter

  1. O jitte die Oupa tog! Hy klink soos n kanniedood oom. Dis so lekker om na al die avonture te luister. Gee mens insig in die lewe van so n persoon. Ek is bly jy het die Oupa ontmoet en jou aandag laat aflei na die hede. Daardie vallery is ook maar n storie. Ek sien hoe die Oupa sy loopstoel los omdat hy nog altyd op sy ou manier in moet klim. Laat my aan my ma dink. Sy het ook spesiale dinge gehad waarmee sy nie sonder kon wees nie. Hoop jy is darem nog okay daar in jou voëlnes.

    Liked by 1 person

    1. Ek is mos lief vir stories, en die oupastories laat my lekker lag. Ons een dkoonseun se oupa was so ‘n kanniedood. Sy vrou het hom opgepas. Dié twee het ook gesorg vir lekker stories. Die laaste vyf jaar van sy lewe is my dogter hulle kort-kort Suidkus toe want oupa lê op sterwe. Elke keer pop hy weer op… en kan huistoe gaan. Die kinders het later geglo oupa slaan neer wanneer ouma te veel raak vir hom, en gaan rus paar dae in hospitaal. Sy is ‘n kwaai tannie daardie en dinge moet haar manier gedoen word. Oupa is ‘n paar maande gelede oorlede. Ouma het vir ‘n rukkie by haar seun gaan kuier… en die stories wat daar uitgekom het!!! Ai jai… ek wonder of ‘n mens kan besluit om ‘n gawe ou tannie te wees, en of die ouderdom jou maar weer soos ‘n kind laat optree. Lekker om weer bietjie met jou te gesels. Basil sou vandag teruggegaan het hospitaal toe… die infeksie het weer in sy been begin. Hy het rukkie gelede van spesislis teruggekom…. hulle gaan hom noe laat opneem nie. Die voet en been het spesiale versorging nodig (raai wie is die nurse.) Volgende week moet hy ‘n ‘swap’ laat neem en vir dokter stuur. Oor twee weke word operasie op sy skouer dan gedoen. So ja, daar lê nog baie verpleging voor. Ek vertrou dit gaan goed met jou en Trompie. Ek bly vergeet wanneer kom nuwe baba. Mooi loop daar in die poskaart. ❤

      Like

      1. Jong jy het darem maar n besige lewe. Jy sal n sertifikaat moet kry vir versorging! Die babie kom moontlik einde Aug begin Sept. Sal beslis laat weet. Ek gaan einde Mei weer vir langnaweek plaas toe in die berge met die rondloper skape. Gelukkig net twee nagte se slaap. Dan in Okt vananie weer vir 5 dae. Die skape is darem blykbaar behoorlik afgekamp op oomblik. Hul het egter nou n hond by gekry. Trompie gaan hom gate uit geniet. Jy moet mooi na jouself kyk en nie onverantwoordelik wees met al die vliëende goed in die lug nie. Hope liefde.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s