Kameel – Covid-19 en Ledigheid

Hester se Lê-jou-eier uitdaging.

Hoe hanteer julle die inperking op hierdie stadium? Vertel asseblief aan watter versoekings julle toegee / graag sal wil toegee / nie toegee nie.

IMG-20200415-WA0000

Met Ken wat so mankoliekerig is, is ek al van middel Februarie in “lockdown.” Ons is tot motorloos; ons kar staan by Kenneth… hy het ons s’n gebruik toe syne ingegee het. Tog snaaks dat ek wat amper nooit die motor gebruik nie, ewe skielik ‘n groot begeerte het om agter die stuurwiel in te skuif en langpad te vat Midlands toe. Hierdie tyd van die jaar moet ‘n mens Midlands toe gaan om die bome in hulle herfsgewaad te bewonder. Dis ‘n skande dat soveel skoonheid ongesiens verlore gaan. Ons kan by een van daardie plekkies met hulle mooi name oornag…. miskien die Sanipas uitry… en dan koers kies Suidkus toe om by ons seun te gaan kuier. Wensdenkery dis al wat dit is… al was daar geen virus nie, is Ken nogsteeds mankoliekerig, en is Jan tuisbly se karretjie ons voorland.

Ek en my sestienjarige kleindogter beplan ‘n popcorn en fliekaand sodra ons mekaar weer mag sien. Dis heel lekker om planne te beraam vir wanneer die tronkdeure oopgaan.

Die gier om die kombuis in te vaar en te bak en brou het my nog nie getref nie. Hopenlik gaan dié een by my verby!!! “Boring” yskas of te nie, Ken verorber klaar alles wat voorkom; hy het nie nodig dat ek hom nog verder die afgrond in verlei nie. Die man sien klaar gesigte.

Ons sestienjarige kleinseun en sy rottweiler bars elke dag soos ‘n vulkaan die voëlnes binne, en laat die stilte in duisende skerwe spat. Dit mag oordonderend wees… maar wat ‘n welkome verandering in ‘n andersins eentonige dag. Ek is net bly ek hoef nie hom en sy broer se mae vol te kry nie. Twaalf eiers vir twee omelette is te veel!!! Ek en hy het een middag vingerbord gespeel. Ons het so lekker gelag; hopenlik gebeur dit kort voor lank weer… maar skoonseun het hom vasgevat oor sy skoolwerk wat agterweë gebly het.

O ja, ek is besig om die Voëlnes se deurknoppe met Brasso blink te vryf. Dit het my teruggeneem na daar waar ons huishulp langbeen in die son sit en messegoed blinkvryf. As kleindogtertjie was dit vir my heel fassinerend.

Wat ek volgende gaan takel weet ek nie. Ken se toonnaels, hare en baard is vanoggend gesny. Ek moet groot seblief net my hande uit my eie hare hou; ek het mos die neiging om self die skêr te gryp… met slegte nagevolge.

Ek bly lus vir ‘n lekker beesstertbredie. As ons net by ons jongste dogter kan uitkom; die kind maak die heerlikste kos.

Nou gaan ek voete opsit en lees.

Mooi loop!!!

https://fresh.inlinkz.com/p/04e671f9d8b94903a1ce4383c6e79454

13 gedagtes oor “Kameel – Covid-19 en Ledigheid

  1. Die mankolieke mans! Mens moet toegelaat word om hulle in te ruil op jonger modelle. Een van my susters was getroud met ‘n man 25 jaar haar junior … en kyk waar gaan draai my gedagtes nou. Ledigheid maak dat my denke sondig raak. Ek is ook besig om skêr-happy te raak, Kameel. Ek dra nou haarknippies om die vrag strooi uit my oë te hou. Wat dink jy hoe sal dit gaan by die haarkappers gedurende die eerste weke wat hulle weer oop is? Chaos.

    Liked by 1 person

    1. Voete opsit en lees. Goeie een. Ek het wraggies na vier vanmiddag op my rug op my bed Gaan le en n lekker hoofstuk in my storieboek gelees. Dis ongehoord Vir my om dit te doen. Ons Gaan darem volgende week uit fase 4 na no 3 beweeg en ons oues Gaan bietjie versagting kry. Mag ons bubble groter maak d w s kan Bea Gaan sien

      Liked by 2 people

      1. Jy mag jop jou bed gaan lê en lees sonder enige skuldgevoelens… dis nou my siening 😊 Ek is bly jou bubble gaan vergroot word… kan dink jy verlang om Bea te sien. Mooi drome daar in die poskaart!!! ❤

        Like

      2. Dankie jong, ek beleef gereeld dinge wat nogal interessant is. Hou gelukkig dagboek sodat ek later kan terugblaai en die storietjies skryf. Het myself bv vanmiddag uitgesluit uit my huis. Gelukkig sluit ek nie die skuifdeur nie maar om die blêddie hek oop te kry is n avontuur op sy eie. Terwyl ek het stamp en stoot besluit Trompie om straatin te loop die stouer. Staan in middel v pad iets en eet/lek. Gelukkig kon ek hom wegjaag toe n kar aankom.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s