Kameel – Ek sing

Ek dink ek moet maar finaal handdoek ingooi wat sing aan betref. My kinders vertel hoe ‘n marteling dit was as ek hulle in die oggende met “Rise and shine, and give God the glory glory,” wakker gesing het. In standerd 5 het die sang juffrou gesê my stem is baie vals… maar mens moet darem probeer… nie? Paar aande gelede sit ek my baba in die bed. Dis ‘n groot proses van banke skuif, komberse vou, kussings regsit, koffie byderhand sit, hom mooi toemaak ens ens. Uiteindelik sak ek pootuit op ons bed neer… maar slaap wil nie kom nie. Selfoon uit, oorfone in… en ek luister na ‘n whatsapp video. Die man vra ons moet Amazing Grace saamsing… wat ek toe ook doen. Skaars begin of die kamerdeur vlieg oop, en daar staan my baba ewe verskrik. “Is jy ok,” vra hy. “Ek sing Amazing Grace,” sê ek… en toe gaan die deur toe. Volgende dag hoor ek hy vertel ons dogter hy het so geskrik. “Ek hoor gisteraand die aardigste klanke uit ons kamer kom… my eerste gedagte is dat jou ma besig is om ‘n hartaanval te kry. Ek weet self nie hoe ek so vinnig by die kamerdeur gekom het nie… en daar lê sy met haar oorfone op die bed en sê sy makeer niks, sy sing Amazing Grace.” 😟

Mooi loop!!!

21 gedagtes oor “Kameel – Ek sing

    1. Dankie Una 😂😂😂😂 Die volgende dag gesels ek en Ken sommer so oor die ewigheid. Ek sê toe ek dink ons is gemaak om God te “worship.” ‘n Ewigheid waarin jy gaan sing…. hoop ek staan baie baie vêr van jou af,” sê hy waarop ons natuurlik lag. Ek het gelag dat die trane loop.

      Like

    1. Christa jy kan maar lag… die storie is waar. Die kind is my man wat mos nou in soveel pyn is dat ek soos ‘n baba alles vir hom moet doen. Dus noem ek hom my baba. Ek kan werklik nie sing nie… dus verstaan ek dat hy gedink het ek kry ‘n hartaanval. 😂😂😂😂

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s