Kameel – Wie’s jy?

le-jou-eier1-e1512926357627

Hester se Lê-jou-eier uitdaging. Verbloem jou haarkleur

Verlede week kom ons seun met tweejarige Eli hier aan. Ouma is in die badkamer, en geen deur keer mos ‘n tweejarige nie. Die deur flerts oop, Eli gee ‘n treë vorentoe en kom dan geskok tot stilstand. “Wie’s jy?” vra hy aan die vaal wese wat op die toilet sit. Eers toe ek praat herken hy my stem en stap nader. Sy bruin ogies kyk my baie ernstig aan, “Daar is ‘n baba in mamma se maag.” Op my vraag of hy bly is, en Alec gaan soen skud hy sy kop… “nee, daar is kieme, en voeg sommer by dat daar kieme op ‘n vliegtuig ook is. Ja klein Eli, daar is kieme en dit beteken dat jou ouma nie by die haarkapster kan uitkom nie, en nou onherkenbaar vaal in die Voëlnes sit.

“Jy is een van daardie vroue wat altyd hulle hare sal moet kleur,” het my haarkapster eenkeer vir my gesê. Ek het dadelik gesnap wat sy bedoel… my velkleur en grys gaan nie saam nie. Grys laat my soos ‘n lewende dooie lyk. Ek het nie die mooi blou oë en ligte gelaatskleur wat saam met grys hare aan die persoon ‘n engelagtige voorkoms gee nie. Daar is min haarkleure vir my so mooi soos witgrys hare… maar sug, dit is nie vir my beskore nie.

Mooi loop!!!

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3

23 gedagtes oor “Kameel – Wie’s jy?

    1. Ek gaan elke Vrydagoggend haarkapster toe…. sy is al een wat die hare na iets kan laat lyk, en die uitgegroeide hare op ‘n manier kan wegsteek. My dogter kleur gewoonlik my hare. Bly op oomblik weg van haarkapster, en dis hoekom Eli nie sy sy ouma met plat hare, waar die grys duidelik gesien kan word, met ‘n gesig sonder “make up” en in huisklere herken het nie. 😊

      Liked by 1 person

      1. Haha. Ek was verlede maansd by Galleria in Toti om bietjie my klerekas aan te vul (hier by ons kan jy mos net t-shirts, kortbroeke en plakkies koop). To wandel ek daar by ‘n Estée Lauder toonbank verby en die vriendelike dametjie bied toe aan my make-up vir my te doen om haar produkte te demonstreer. Sy het alle stops uitgetrek en vir ‘n volle uur lank grimering aangeplak met ‘n troffel. Die uiteinde was dat ek gelyk het soos ‘n ou dame wat klaarblyklik hard probeer het om haar rimpels en plooie toe te plak. Fake. Ek het summier beveel dat my gesig skoongemaak moet word. Ek het nog nooit van grimering gehou nie.

        Liked by 1 person

    1. Toe deure werk nou eenmaal nie met kinders nie… dit het ek met my eie kroos geleer. My dogter kla verlede week dat sodra sy die badkamerdeur toemaak haar twaalfjarige seun kom klop want hy wil iets weet of vra of sê. “Laat dit vir jou ‘n les wees,” sê ek vir haar; sy was een van diè kinders wat my nie uitgelos het wanneer ek in die bad lê nie. Ek het met hulle geleer om skaamte in my sak te steek. 😊

      Liked by 2 people

      1. Ek het tot met hulle matriekafskedsrokke al hulle klere gemaak. Dus was daar nie tyd vir skaam wees nie. Ek dink nie ek het in die badkamer ingegaan terwyl hulle bad toe hulle eers ouer was nie. Dit was so ‘n vol woelige huishouding dat ek nie eers alles kan onthou nie.

        Liked by 1 person

    1. Hoe bedoel mevrou dan nou? Ag ek weet my een dogter sê vir my, my hare lyk nie so sleg nie… maar ek voel nou maar eenmaal verwaaarloos en vaal as hulle nie mooi gekleur en bietjie getof is nie 😊

      Liked by 1 person

  1. That’s just the way it is spell op oomblik oor my radio! Presies soos jy sê. My man en Bertus het lank saam gebad, dan sit ek op die toilet en ons kuier n hond uit n bos. Toe seun ouer word het ons mekaar gerespekteer en nie ingegaan nie maar om die draai gestaan en praat as dit was. Met my rugoperasie het hy my gehelp om n swart sak oor my rug te sit en my in stort gehelp. Die hare is ook maar n ding waaraan mens gewoond moet raak. Ek begin nou die kaal/yler kolle raaksien. Lekker gelees.

    Liked by 1 person

    1. Ek het so ‘n lekker stortstorie by iemand gehoor toe ons op plot was. Sal daaroor blog. My en Ken se lekkerste geselstyd in ons jonger dae was ook terwyl hy in bad lê, en ek gebruik toilet vir stoel.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s