Kameel – Gaan sit in jou kamer

Vandag voel ek weer die bloed uit my dae as ma – in ‘n huis met ses en partykeer agt kinders – kook. Soos ek nou voel sal ek weer die brood, botter, grondboontjiebotter, stroop en marmite by die kombuisdeur uitsmyt. Ek wil weer die klomp onder my outoriteit hê en elkeen na sy eie kamer toe stuur. “As julle dan nie in vrede kan saamleef nie, gaan sit in jou eie spasie, en julle praat nie ‘n woord met mekaar tot môre nie.!!!” Ek wil die bedrempelde klomp sleepvoetend na hulle kamers toe sien loop, en die stilte wat volg diep indrink. Liewe land wanneer word die spulletjie groot dat hulle nie so aanmekaar op mekaar se tone trap nie? Met agt kinders, agt skoonkinders en agtien kleinkinders moet ek seker verwag dat daar nou en dan ‘n bom gaan ontplof…. maar ek soek VREDE!!! Dis moeilik om nie die selfoon te gryp en ‘n paar koppe te was nie… maar ek het my beurt gehad toe hulle nog onder my vlerke was. Haal ‘n paar keer diep asem. So ja 😊

Mooi loop

22 gedagtes oor “Kameel – Gaan sit in jou kamer

    1. Dis hulle fyngevoeligheid wat my moeg maak. Liewe land my ousus het eendag voor mense hier op die voëlnes se dek reguit vir my gesê ek was en is net sleg. (Sy het my ouma se direkte sê.) Ek het net gelag… wat help kwaad word. Dis wat sy haar lewe lank nog van my dink. Dis haar opinie… ek gaan nie my vrede daardeur laat steel nie. Dis klein goedjies wat die klomp kinders ontstel. Niks om oor huistoe te skryf nie.

      Liked by 1 person

      1. Ons koker is vol ja 😊 Baie geseënd!! Ag daar sal seker maar altyd haakplekke wees waar soveel mense betrokke is. Oor algemeen gaan dit goed maar so wan en dan word iemand se tone raakgetrap. Blessings!!! ❤

        Like

    1. Dis miskien beter so. Ons het mos tussen die mielielande gebly en het seker so drie keer ‘n jaar my ouers en susters gesien. Ek was altyd verbaas dat daar onmin tussen my susters se kinders was. Vir wat??? Seker maar beter ek het nie tussen hulle gebly nie.

      Liked by 1 person

      1. Ek dink dis maar ‘n ding in groot families, jong. My susters en broers het ook nooit heeltemal in vrede geleef nie. Gelukkig was ek ‘n laatlam en almal het my geïgnoreer. Ek het nooit juis ‘n verhouding met enige van hulle gebou nie en ook nooit met hulle baklei nie.

        Liked by 1 person

  1. Ja-nee, die lewe is maar vol “opwinding” wat mens partyker ook maar met n knippie sout moet neem. Probleem is meestal dat jy meestal in die middel sit enalmal verwag jy moet elkeen ondersteun al is dit nie regtig reg nie. Daardie kamer toe stuur klink nogal n oplossing vir jouself. Gaan kamer toe en maak soetjies die deur styf toe en laat een dit net waag om in te kom. Mooi bly, en hope liefde vir jou.

    Liked by 1 person

    1. Ja kamer toe met my!!! Dis net dat ek so graag wil hê dat almal mekaar sal ag… maar hulle persoonlikhede verskil so dat daar altyd een of ander krapplek is. As ma wil ek dan intree… maar weet hulle is grootgenoeg om hulle eie “battles” te veg. Dis nie lelike familietwiste nie, maar gevoelens wat seergemaak word. Mooi loop daar in die poskaart 😊

      Like

      1. Ja en dan word daar by ma gekla oor die een wat nie wil saamspeel/werk nie. En ma sit in die middel. Dis hoekom dit beter is om tot tien te tel of dan maar kamer toe te gaan om oor die onderonsie te kom. Hou jouself veilig met al die gedoentes om jou.

        Liked by 1 person

    1. Hulle baklei darem nie lelik en aanmekaar nie… net die nou en dan se tonetrap wat my laat wens hulle is weer onder my beheer sodat ek bietjie kan teregwys. My ousus het seker gemaak ons weet sy is ousus. Kan dink hoe dit met julle vier susters saam gegaan het. Vir my was die drie jongste meisiekinders – wat saam tieners was – erger as toe al ses kinders in die huis was.

      Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Gooi-gooi so! – toortsie.com

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s