Kameel – Kwarantyn op Rebusfontein

In ‘n gesprek op ons Damesgroep het Una gesê sy wens sy het ‘n plantjie vir elke Towerin gehad, en wanneer een van ons verlep voel kon sy haar tuinvurk en gietertjie vat en aandag aan daardie betrokke plantjie gee. Kort daarna het sy egter besin… gesê die plante sal nie goed doen onder haar sorg nie want sy het nie groen vingers nie. Positief het voorgestel ons gaan almal vir ‘n ruk onder kwarantyn vir die pyn na Rebusfontein. 

Vir wat ek so ‘n spul bagasie gepak het weet ek nie; seker diep binne my gehoop ek kan vir altyd in Rebusfontein bly, en nooit weer die werklikheid in die oë kyk nie.

Met Geluk in my arms stap ek na buite om Blommetjie te groet. “Ons is terug Blommetjie, ons is terug,” lag ek en draai van pure opgewondenheid ‘n paar keer in die rondte. Bad idea!!! Ek slinger vervaard rond. Geluk spring uit my arms, en ek beland hande viervoet op die grond. Dis soos Lorenzo my aantref. Hy help my ewe galant op, en kyk met besorgde oë oor sy masker na my. “I’m ok,” lag ek en bedank hom vir sy hulp. Dan eers sien ek die papiersak in sy hand. Hoekom lyk die man so hartseer wonder ek, en loer binne die sak wat hy na my toe uithou. Country Fresh se blueberry cheesecake roomys staar my in die gesig. “Ah, thank you Lorenzo, it’s my favourite….” dan tref die waarheid my. Die masker, sy hartseer oë en eienaardige teruggetrokkenheid. “My goodness Lorenzo do you want to tell me……” en die volgende minuut of twee rammel ek die Towerinne se keuses as laaste gereg vir hom af. Waar de swernoot gaan hy in elk geval vir Vuurvliegie paella kry… en vir Una haar Bali geregte? Die man se omgee is merkwaardig…. maar nou het hy dit darem te vêr gevat. Ek verduidelik aan hom dat ons almal onder kwarantyn vir pyn op Rebusfontein saamgetrek het, en vir geen ander rede nie.

Ek gaan bêre die roomys in die vrieskas… dit gee bietjie karakter aan my yskas, en stap na Una se huisie toe. Sy sit op die grond, tuinvurk in die hand en omring met plantjies. Langs haar staan ‘n splinternuwe gietertjie. “Jy lyk hard besig,” sê ek…. “en ek hoef nie te raai waaroor dit gaan nie.” Blinkoog, en met ‘n modderstreep oor haar wang kyk sy op. Ek glimlag toe ek die groen tuinhandskoene sien. “Jy reken dit gaan help?” vra ek en wys na haar hande. Ons begin lag… eers giggelend, en dan al harder. My bene gee onder my pad en saam lê ons op die gras en skater. Trane loop oor ons wange, maar hierdie is trane van vreugde, nie van pyn en hartseer oor soveel gebrokenheid in ons lewens nie. Lag is voorwaar medisyne vir die siel!!!

Mooi loop

15 gedagtes oor “Kameel – Kwarantyn op Rebusfontein

  1. Ag Kameeltjie, hoe goed doen jy nie my stukkende hart nie! Net om so saam met jou op die gras te lê en skater help baie. Baie. Ek sal nie die tuinvurkie laat los nie, want ek moet probeer om die grond om ons plantjies effe los te kry. Vir suurstof. Vir suurstof.

    Net om op Rebus te wees, Rebus te ‘voel,’ dis klaar genoeg. Want dis hier waar ons kan tol en draai tot ons omval. En dan net stil kan bly lê.

    Liked by 1 person

    1. Dit is so Una, net om daaroor te skryf en myself in te leef daarin doen my klaar die wêreld se goed. Hou maar daardie tuinvurkie byderhand. Onthou net die groen tuinhandskoene 😊

      Like

  2. Terugklingel: My Rebusfontein – toortsie.com

Laat 'n boodskap na Bondelsgedagtes Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s