Êrens in verlede jaar stuur my oudste seun (my Griekse seun wat ek op vyfjarige ouderdom “verloor” het) vir my dié woorde. Miskien is dit die woorde van ‘n lied… ek weet nie. Dit was ‘n kolskoot. My hart wat absoluut “fragile” is wanneer dit by my twee oudste seuns kom, het in stukkies gebreek. Hy het dit uit diep omgee vir my gestuur, maar dit het die roof van ‘n wond – wat te diep is vir totale genesing – afgetrek, en die bloed het in trane oor my wange gestroom. Eendag sal al hierdie pyn verby wees, en die trane sal van ons oë afgevee word; tot dan kyk ek na Hom wat hierdie belofte vir my gegee het.
“When you pass through the waters,
I will be with you;
and when you pass through the rivers,
they will not sweep over you.
When you walk through the fire,
you will not be burned;
the flames will not set you ablaze.
Weggeekind
Middernag, dis amper middernag
Môre is my verjaarsdag
Weggeekind, ek was jou weggeekind
Ek het jou nooit leer ken nie
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
En ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ma se kind word ma en pa se kind
My lewe gevul met liefde
Bittergal tot in die potterveld
My lewe is net genade
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
En ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ek dra geen wrok of wrewel nie
Ek bid jou lot is soet
Moeder van my asem
Moeder van my bloed
En ek wonder of jy wonder waar ek my vanaand bevind
Toe ons twee uitmekaar is was jy nog pure kind
Ja ek wonder het jy iemand om te koester aan jou sy
Ek wonder ja ek wonder is jy, is jy ok
Ek wonder wat lê onder in jou diepste hart verskuil
Daar slaan die kerk se klok nou en ek wonder of jy huil.
Mooi loop!!
💓
LikeLike
Sjoe Kameel, ek het geen woorde nie.🌹
LikeLiked by 1 person
Ag Una, ek is heel ok en dan slaan die ding sommer so uit die bloute my voete onder my uit. Ek weet nooit wanneer dit my gaan tref nie. Mos gesê ek moes ‘n ander storie vir my lewe geskryf het. ‘n Pragtige liefdesverhaal met moonshine and roses 😍 Nee ernstig, mens is te onnosel in jou jongdae en vang klomp nonsens aan.
LikeLiked by 1 person
So waar. Ek kan vandag glad nie glo dat ek daardie jong dingetjie was wat groot besluite moes neem nie. En meeste gefaal het.
LikeLiked by 1 person
Ai Kameeltjie, ek sien die rowe en die pyn. Ek is so jammer 🤗💐
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels 😊 Nagevolge van onbesonne dade. Ek weet ek is vergewe en moes ook myself vergewe… maar hierde wond is te diep om totaal te vergeet.
LikeLike
Ek is bly jy het by vergifnis gekom. Dis ‘n reuse tree in die regte rigting. Maar ja al die jare tussen in het diep afgronde. Mag die rante se skerp sag word
LikeLiked by 1 person
Ai Kameel, dis moeilik om als te vergeet! Sterkte vir jou! ❤ ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta ❤
LikeLiked by 1 person
Watter pragtige gedig! Die woorde spreek van versoening en liefde.
LikeLiked by 1 person
Presies. Dit het diep getref.
LikeLiked by 1 person
Ek kan so ten volle met jou identifiseer Kameel, ek het ook mos so ń kind.
LikeLiked by 1 person
Ai, dis ‘n diep seer. Het jy ooit jou storie geskryf?
LikeLike
Ek het, daar heel aan die begin. Ek sê altyd dis seerder om iemand aan die lewe te verloor as aan die dood.
LikeLiked by 1 person
My woorde ook.
LikeLike
Kameeltjie…..drukkie en nog een en dan sommer net nog een. Hierdie klink na n verhaal wat mens oor lees. Wat n ander onbekende wese sou skryf. Jou storie. Eendag sal jy dit kan vertel met net smiles. Ek bid dit vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot.
LikeLike
Baie sterkte en hope liefde vir die seer❤
LikeLiked by 1 person
Dankie dromer ❤
LikeLiked by 1 person