Kameel – My seun

Vuurvliegie se Woordsnoere 1/2020 Swart op Wit.

Screenshot_2020-02-21-16-38-03-1

My hart was oorvol die dag toe ek na soveel jare weer my twee seuns sou sien. Miskien sal die skaduwee wat al vir so lank oor my hang uiteindelik lig, en plek maak vir sonskyn. My bedevaartslied deur die jare heen was vir vrede, en die herstel van gebreekte bande. Hoeveel leed het die onbesonnenheid van ‘n man op vlug met my kinders, nie oor ons lewenspad gebring nie!!! Maar ek kan hom nie as skuiwergat gebruik vir die groot hartseer in my lewe nie. Dit sal absurd wees… die indruk skep dat ek geen aandeel in die verkrummeling van ons huwelik gehad het nie. ‘n Klakkelose beskuldiging teen ‘n man wie se hart net te goed was…. dit is totdat die drankduiwel hom beetgekry het.

Hulle is daar toe ek by my ousus se huis aankom. Die vyf en vierjarige seuntjies wat ek agtergelaat het, is nou twee tienersseuns van sestien en vyftien jaar onderskeidelik. Ek wou na hulle toe uitreik, hulle teen my hart koester, maar die ys moes eers gebreek, en hulle vertroue gewen word. Hulle het ‘n ruimte nodig gehad waar hulle vrylik vrae kon vra. Hoeveel pyn dié vrae in die jare vorentoe sou bring, het ek nie besef nie. Ook nie dat ek vele kere oopgevlek op my bed sou lê terwyl die trane soos reën oor my wange stroom nie. Dat dié pyn deel van God se geneeskrag was sou ek eers later uitvind. Maar op daardie heuglike dag van versoening het my hart oorgeloop van dankbaarheid. Hulle was naby my, en vir die oomblik was dit genoeg.

Hoe wonderlik sou dit wees as hulle daarna ons drumpel kom deurtrap het, maar daarvoor het hulle te vêr gebly. Hulle het vakansies kom kuier, goed ingeskakel met ons ses kinders, en ek het geglo dat alles vorentoe vlot sal verloop. Groot was my skok toe die jongste seun vier jaar later laat weet dat hy niks met my te doen wil hê nie. Kan ek maar sê ek het daarna ongebonde my gang gegaan… maar binne my was alles in ‘n warboel. Hy was saam met ons op ons Kaapse toer, en het dit so geniet. “Hoekom die skielike verandering?” My gedagtes was soos ‘n warrelwind… dan hier, dan daar. Antwoorde was daar nie. Vir die tweede keer word hy my verlore seun.

Agtien jaar verloop. ‘n Pastoor in Polokwane is vir my ‘n groot inspirasie toe hy – wat my glad nie ken nie – gedurende ‘n diens alles los, en na my toe stap. Hy wil weet wie van my kinders is in die polisiemag. Op my antwoord vra hy hoe ons verhouding is. Op my “geen,” salf en bid hy oor my, en sê die Here sê Hy herstel ons verhouding. Met ‘n hart wat brand van dankbaarheid stap ek later motor toe. Die versoening het nie dadelik gekom nie – dit het nog in die verskiet gelê. Drie jaar later droom ek, ek sien ‘n persoon aan die oorkant van ‘n bruglose rivier stap. Die volgende oomblik begin ‘n brug vorm aanneem, en die persoon begin oor die brug na my toe stap. In my hart weet ek dis die verlore seun. Die afstand tussen ons word kleiner en dan staan hy voor my. Sy oë straal terwyl hy breed glimlag. Kort na hierdie droom is ek en die verlore seun herenig. “Waar was jy hierdie een en twintig jaar my seun?” Tot vandag toe verstaan ek nie, maar ek bêre al hierdie herinneringe in die laaikas van my hart. Dit is met vrede en verwondering wat ek daarna kyk en weet by God is niks onmoontlik nie.

Mooi loop en skep moed!!!

 

30 gedagtes oor “Kameel – My seun

    1. Dankie Hester. Wat vir my wonderlik is, is dat hy baie diep dinge rondom sy lewe op oomblik met my deel. So asof ek sy vertroueling geword het. Ongelukkig bly hy in die Kaap, dus sien ons min maar het gereelde kontak. Hy het twee dogters wat ontsettend goed op skool en sportveld presteer. So dankbaar sy lewe het mooi uitgedraai. Hy drink glad nie omdat hy gesien en ondervind het wat alkohol aan sy pa gedoen het.

      Liked by 3 people

  1. Dis nou werklik n vingerwysing dat God steeds in beheer is. Baie bly dat julle twee mekaar gevind het na al die jare. Daardie pastoor het beslis as rigtingwyser opgetree so sonder dat julle dit besef het. Jy laat my nou ook dinge oproep van gebeurtenisse met my man se twee seuns. Twee pragtige kinders en geheel uiteenlopend. Die wig was die moeder alhoewel my man ook baie skuld gehad het. Dankie vir die kykie in jou ryke verlede.

    Liked by 1 person

    1. God werk op wonderlike maniere, en sy werke is groot. Die dag toe ek opgehou het met die vrugtelose gesoek na my twee seuns het ek vir Hom gesê aangesien ek hulle nie kan grootmaak nie, sal Hy dit asseblief doen. Die feit dat albei my seuns pragtige mans uitgedraai het skryf ek aan Sy groot genade toe. Die wonderlikste was toe ek en die verlore seun vir die tweede keer herenig is, die verlede net weggeval het, en daar ‘n sterk band tussen ons twee was. Hoe pragtig was dit nie toe ons na al daardie jare voor mekaar staan, en hy met sy hand op sy hart sê sê “Hier binne is daar geen wrok meer nie, net totale vergifnis.”
      Ek dink baie aan jou, vertrou dit gaan goed!!!

      Liked by 1 person

      1. Dit wys tog maar wie in beheer is. My man se jongste seun het uit sy eie my man opgesoek en alles het baie mooi gegaan totdat die kind se ma weer hom weggehou het. Die ander seun het kom kennis maak maar wou niks weet van sy pa nie. Hy is die oudste en het dit eger gevind as jonger broer as ek so kan noem. Ek dink ook gedurig aan jou. Is bly jy skryf weer n bietjie. Alles gaan darem aan hier. Maar die stryd van om skoonma te wees is heel onplesierig. Geniet klein Bea baie en my seun ook.

        Liked by 1 person

      2. Verstaan nie hoekom party mense net weier om in vrede te leef nie. In my geval was dit weer my skoonma wat my nie voor haar oë kon verdra nie. In die eerste plek omdat ek Afrikaans was… en dan sommer omdat sy niks van my gehou het nie. Sy het my baie sarkasties “her majesty” genoem. Vir Kenneth kon sy ook nie verdra nie omdat hy my en Ken se kind was. Niks lekker om nie ‘n goeie skoonma en skoondogter verhouding te hê nie.

        Like

      3. Ja-nee, kan ook nie verstaan hoekom dit so moeilik is om te aanvaar al is dit dan vir die ander helfte se gaval. Gelukkig vir my noem Bea my toe Mamma tot haar groot ontsteltenis. Wou toe weet wie is jou tweede Mamma waarop sy antw Mamma Ouma. Dit breek my hart. Hoop jy het n mooi dag. Myne was stil en rustig.

        Liked by 1 person

    1. Dankie Positief. Een ding wat hy my rondom daardie 21 jaar vertel het was sy lus om ‘n einde aan al die hartseer in sy lewe te maak. (Van die twee seuns is hy die sagte een.) So het hy eendag sy rewolwer teen sy slaap gehou om alles te eindig, maar hy kon daardie sneller nie trek nie. Ek dank die Here vir Sy groot genade. Hy het hulle mooi opgepas al het hulle ‘n harde lewe onder my eks gehad.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s